Die Gereformeerde kerk Randfontein-Noord was ’n gemeente van die GKSA op die Wes-Randse dorp Randfontein, wat in 1997 198 belydende lidmate en 79 dooplidmate gehad het, vergeleke met die Gereformeerde kerk Randfontein se 286 en 92.

Die noordelike wyke van die moedergemeente Randfontein het op 7 Augustus 1983 as die Gereformeerde kerk Randfontein-Noord afgestig en mettertyd ’n eie kerkgebou opgerig by Robinaweg 16, Greenhills. In 2005 het dié gemeente ontbind en met die Gereformeerde kerk Randfontein herenig onder die nuwe naam Wesrand. Die oorspronklike gebou dien as die verenigde gemeente se kerk.

Predikante Mulder, Andries Hermanus, 1983 – 1988 Vergeer, dr. Willem Cornelis, 1988 – 1999 Smit, dr. Erasmus Johannes, 1999 – 2001 Van den Heever, Werner, 2002 – 2005

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook NG gemeente Randfontein NG gemeente Randpoort

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika