'n Tetrachlorosinkaat is 'n sout wat die komplekse anioon ZnCl42- bevat.
Die anioon het die vorm van 'n tetraëder en die oksidasietoestand van die sentrale atoom is 2+.
'n Sout soos kaliumtetrachlorosinkaat kan eenvoudig gevorm word deur die indamp van 'n oplossing wat KCl en ZnCl2 in 'n molêre verhouding 2:1 bevat. The structure of Potassium Tetrachlorozincate Acta Cryst. (1979), B35, 1200-1201
Egter ook sterk oplossings van ZnCl2 bevat hierdie ioon. Die trihidraat ZnCl2.3H2O is benede 8oC 'n vastestof wat bestaan uit die Zn(H2O)62+-katioon en die tetrachlorosinkaat-anioon. By kamertemperatuur is dit 'n vloeistof, maar dit bestaan nog uit dieselfde ione en is daarmee 'n ioniese vloeistof. Crystalline and Liquid Structure of Zinc Chloride Trihydrate: A Unique Ionic Liquid, Inorg. Chem., 2015, 54 (3), pp 1109–1119 Die vastestof kan geskryf word as ZnZnCl4.6H2O en is isostruktureel met MgZnCl4.6H2O. Structure of Magnesium Zinc Tetrachloride Hexahydrate MgZnCl4.6H2O
Sien ook Lys van anione
Verwysings
Kategorie:Anorganiese chemie