'n Perchloraat is 'n sout wat die komplekse anioon ClO4- bevat. Dit is die suurres van perchloorsuur HClO4.
Die oksidasietoestand van die sentrale atoom (Cl) is 7+ en dis die hoogste wat moontlik is vir hierdie element. Die vorm van die anioon is tetraëdries.
Perchlorate is baie goed oplosbaar in water en word dikwels gebruik om katione in oplossing te bring. Perchlorate is ook baie sterk oksiderend. Saam met 'n goeie reduserende katioon, soos ammonium, kan dit aan die sout plofbare eienskappe verleen.
Die standaardreduksiepotensiale van die ioon is hoog:
Hoewel die ioon termodinamies vermag om water te splyt en suurstof te vervaardig, is dit kineties nie moontlik nie. Daar is nogtans ander reduksiemiddels soos titanium(III) in 'n HEDTA-kompleks wat 'n redoksreaksie sal veroorsaak.N-(hydroxyethyl)ethylenediamine-N,N’,N’- triacetatopentaaquotitanium(III)
Mars Die grond van die planeet Mars bevat baie perchlorate: tussen 0,5 en 1%. Dit kan 'n landing op hierdie planeet bemoeilik, maar ook 'n bron van noodsaaklike suurstof wees. Perchlorate on Mars: A chemical hazard and a resouce for humans, International Journal of Astrobiology 10/2013; 12(4). DOI: 10.1017/S1473550413000189
Sien ook Lys van anione Ammoniumperchloraat Kaliumperchloraat
Verwysings
Kategorie:Anorganiese chemie