duimnael|links|300px|Die vyftigjarige bestaansviering van die Gereformeerde Kerk Potgietersrus, 1978. Van links: Mev. R. Venter, ds. P.J. Venter, mev. Van Ryssen, ds. J.W.J. van Ryssen, mev. (ds.) G.B.S Pasch, mev. De Vos, ds. W. de Vos, mev. De Beer en ds. D.L. de Beer.
duimnael|links|170px|Dr. D.R. Fouché in sy laaste jaar aan die TSP, 1971. Hy was predikant hier van 1985 tot 1996, sy laaste gemeente.
Die Gereformeerde kerk Potgietersrus-Wes was die tweede gemeente van die GKSA op die dorp Potgietersrus (later Mokopane) in die provinsie Limpopo. Einde 2015 het die gemeente 146 belydende en 27 dooplidmate gehad, vergeleke met die moedergemeente se 268 en 64.
Potgietersrus-Suid het in Mei 1974 van die Gereformeerde kerk Potgietersrus afgestig. Dié twee gemeentes deel sedertdien die moedergemeente se siersteenkerk, ontwerp deur Hendrik Vermooten en ingewy op 8 November 1952.
Ontbinding Op die kerkraadsvergadering van 25 Mei 2022 is besluit dat die gemeente as gevolg van verskeie redes nie meer kon voortbestaan nie. Die Klassis Contracta (bestaande uit GK Potgietersrus-Wes, Pietersburg, Laeveld en Pietersburg-Noord) het op 16 Augustus 2022 vergader en ná ’n deeglike ondersoek na alle relevante sake, aanbeveel dat daar voortgegaan kan word met ontbinding. Op 28 Augustus 2022 het die konsulent, ds. Sarel Venter, met advies van die Klassis Contracta, die ontbinding gefasiliteer deur die laaste Nagmaal te bedien, ontslag aan die kerkraadslede toe te staan en al die attestate asook opsê van lidmaatskap te lees.
Predikante De Beer, Dewald Lambertus, 1974 – 1976 Mulder, Pieter Willem Adriaan, 1977 – 1985 Fouché, dr. Daniël Rudolph, 1985 – 1996 (aanvaar sy emeritaat) Kruger, Leon, 1996 – 2002 Bain, Ronald Alexander, 2003 – 2007 Venter, Maarten Petrus Albertus, 2008 – 2011
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika