Heinrich Theodor Böll (* 21 Desember 1917 in Keulen; † 16 Julie 1985 in Kreuzau-Langenbroich) was een van die vernaamste skrywers van die naoorlogse Duitsland en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1972.
In sy omvangryke literêre werk, wat romans, kortverhale, radiotoneelstukke en talle politieke essays insluit, kyk hy – vanuit sy standpunt as kerkkritiese Rooms-Katoliek (in 1976 het hy uit die kerk bedank), morele agent, nonkonformis, oortuigde pasifis en kampvegter vir menseregte – krities en dikwels skerp satiries na die sosio-ekonomiese en politieke ontwikkelinge in die jong Wes-Duitse republiek. In sy latere lewe stel hy ook belang in die moeilike politieke situasie in Pole, die Sowjetunie en sommige Suid-Amerikaanse lande.
Daarnaas het Böll saam met sy vrou, Annemarie, talle werke van Britse, Ierse, Amerikaanse en Australiese skrywers in Duits vertaal en was ook as redakteur werksaam.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Duitse skrywers Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners Kategorie:Geboortes in 1917 Kategorie:Sterftes in 1985