Die Europese Sokkerkampioenskap 2016 (UEFA Europa-beker; amptelik UEFA EURO 2016 of kort Euro 2016, Frans: Championnat d'Europe de football 2016) is van 10 Junie tot 10 Julie 2016 in Frankryk aangebied. Dit was die 15de aanbieding van die vierjaarlikse UEFA Europa-beker-toernooi en die derde keer (1960, 1984 en 2016) wat Frankryk die geleentheid gekry het om as gasheer op te tree.

duimnael|links|upright|Die Europese Sokkerkampioenskaptrofee waarom meegeding is Vir die eerste keer in die geskiedenis het 24 spanne vanuit verskeie Europese lande aan die toernooi deelgeneem. Dit is ’n uitbreiding van 8 spanne, waardeur daar ook 20 wedstryde meer gespeel is. Die sokkerspanne van Albanië, Noord-Ierland, Slowakye, Wallis en Ysland het vir die eerste keer aan die UEFA Europa-beker-toernooi deelgeneem.

Spanje was die tweemalige houer en die verdedigende kampioen van die UEFA-trofee, nadat hulle die toernooie in 2008 en in 2012 gewen het. Portugal het die trofee gewen nadat hulle die gasheer Frankryk op 10 Julie op die Stade de France in Saint-Denis met 1–0 in ekstra tyd geklop het en sodoende hul eerste Europese titel ingepalm het; Portugal het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 in Rusland gekwalifiseer. Die verdedigende kampioen Spanje is in die agtste eindrondte uitgeskakel.

Toewysing duimnael|Lande wat hulleself aangebied het as gasheer vir die Europese Sokkerkampioenskap 2016: Frankryk is op 28 Mei 2010 in Genève deur die UEFA gekies as die gasheer vir die Europese Sokkerkampioenskap 2016. Ander kandidaatlande was Italië en Turkye asook ’n gemeenskaplike kandidatuur deur Noorweë en Swede, maar Noorweë en Swede het voor die stemming onttrek.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Europese Sokkerkampioenskap 2016 Land Rondte 1 Rondte 2 43 7 38 6 23 –

Kwalifisering Die gasheer Frankryk het regstreeks vir die Europese Sokkerkampioenskap 2016 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 53 spanne om die oorblywende 23 plekke meegeding.

Kwalifiserende spanne Die volgende 24 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie1ste1–Debuut5de12000Naaswenner (1980)12de122012Kampioen (1972, 1980, 1996)9de22012Derde plek (1968)9de72012Kampioen (1984, 2000)3de11972Derde plek (1964)3de22012Groepfase (1988, 2012)9de62012Kampioen (1968)5de42012Kwarteindrondte (1996, 2008)1ste1–Debuut2de22012Groepfase (2012)2de12008Groepfase (2008)3de22012Groepfase (2008, 2012)7de62012Naaswenner (2004)5de12008Kwarteindrondte (2000)11de42012Kampioen (1960)1ste1–Debuut6de52012Halfeindrondte (1992)4de12008Groepfase (1996, 2004, 2008)10de62012Kampioen (2008, 2012)9de62012Kampioen (1976)4de12008Halfeindrondte (2008)1ste1–Debuut1ste1–Debuut

Stadions Die wedstryde is in tien stede en in tien stadions gespeel.

Die Franse Sokkervereniging wys in November 2009 twaalf speelstede aan: Saint-Denis, Marseille, Lyon, Villeneuve-d'Ascq, Parys, Lens, Saint-Étienne, Toulouse, Bordeaux, Straatsburg, Nice en Nancy. Dit word later verminder tot 9 speelstede (Straatsburg, Saint-Étienne en Toulouse val weg). In Junie 2011 word Saint-Étienne en Toulouse weer bygevoeg by die lys, maar in Desember 2011 besluit Nancy om af te sien van die toernooi, omdat die opknapping van hul stadion nie betyds voltooi sou word nie.

Saint-Denis Marseille Lyon Lille Stade de France Stade Vélodrome Parc Olympique Lyonnais Stade Pierre-Mauroy Kapasiteit: 81 338 Kapasiteit: 67 394(opgegradeer) Kapasiteit: 59 286(nuwe stadion) Kapasiteit: 50 186(nuwe stadion) 200px 200px 200px 200px</center> Parys Bordeaux Parc des Princes Nouveau Stade de Bordeaux Kapasiteit: 48 712(opgegradeer) Kapasiteit: 42 115(nuwe stadion) 200px 200px Saint-Étienne Nice Lens Toulouse Stade Geoffroy-Guichard Allianz Riviera Stade Félix-Bollaert Stadium Municipal Kapasiteit: 41 965(opgegradeer) Kapasiteit: 35 624(nuwe stadion) Kapasiteit: 38 223(opgegradeer) Kapasiteit: 33 150(opgegradeer) 200px 200px 200px 200px

Wedstrydballe duimnael|Die Adidas Beau Jeu Vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis is twee amptelike balle gebruik. Die Adidas Beau Jeu, wat tydens die groepfase gebruik is, is op 12 November 2015 deur die voormalige Franse sokkerspeler Zinedine Zidane onthul. Gedurende die toernooi is die Adidas Fracas as die eksklusiewe wedstrydbal vir die uitklopfase ingevoer.

Formaat duimnael|Openingseremonie van die Europese Sokkerkampioenskap 2016 Die Europese Sokkerkampioenskap 2016 is oor 30 dae tussen 24 verskillende nasies oor 51 wedstryde uitgespeel. Dit het op 10 Junie 2016 op die Stade de France in Saint-Denis met ’n wedstryd tussen die gasheer Frankryk en Roemenië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 10 Julie met die eindstryd tussen Portugal en Frankryk, waartydens Portugal die Europese Sokkerkampioenskaptrofee ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Europese Sokkerkampioenskap 2016 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieVr10Sa11So12Ma13Di14Wo15Do16Vr17Sa18So19Ma20Di21Wo22Do23Vr24Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep D

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep E

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep F

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |UitklopfaseJunie/JulieSa25So26Ma27Di28Wo29Do30Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9So10Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 3 | bgcolor=#00cc33| 3 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Legende

Groepfase Die Europese Sokkerkampioenskap 2016 is deur 24 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne en die vier beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 12 Desember 2015 in die Palais des congrès de Paris in Parys gehou.

Groepfase 24 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep en die vier beste spanne van die ses derde plekke het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A duimnael|Wedstryd tussen Switserland en Frankryk Land321041+37312021+15310213−23301224−21

Groep B duimnael|Wedstryd tussen Rusland en Slowakye Land320163+36312032+1531113304301226−41

Groep C duimnael|Wedstryd tussen Duitsland en Oekraïne Land321030+37321020+2731022203300305−50

Groep D Land321053+27320152+36310224−23301225−31

Groep E Land320131+26320142+26311124−24301213−21

Groep F duimnael|Wedstryd tussen Portugal en Oostenryk Land312064+25312043+1530304403301214−31

Ranglys van die derde plek spanne LandGroepB31113304E311124−24F30304403C31022203D310224−23A310213−23

Uitklopfase duimnael|Wedstryd tussen Kroasië en Portugal duimnael|Wedstryd tussen Duitsland en Italië duimnael|Die Portugese president Marcelo Rebelo de Sousa groet die nasionale span met die Europese Sokkerkampioenskaptrofee nadat hulle die Europese Sokkerkampioenskap 2016 gewen het

Agtste eindrondte

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Eindstryd

Europese Sokkerkampioen 2016

Ranglys duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys: RangSpanGroep 1 F 7 3 4 0 9 5 +4 13 2 A 7 5 1 1 13 5 +8 16 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B 6 4 0 2 10 6 +4 12 4 C 6 3 2 1 7 3 +4 11 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 E 5 3 1 1 6 2 +4 10 6 E 5 3 0 2 9 5 +4 9 7 C 5 2 3 0 4 2 +2 9 8 F 5 2 2 1 8 9 −1 8 In die agtste eindrondte uitgeskakel 9 D 4 2 1 1 5 4 +1 7 10 D 4 2 0 2 5 4 +1 6 11 A 4 1 3 0 3 2 +1 6 12 B 4 1 2 1 4 4 ±0 5 13 F 4 1 2 1 6 8 −2 5 14 B 4 1 1 2 3 6 –3 4 15 E 4 1 1 2 3 6 −3 4 16 C 4 1 0 3 2 3 −1 3 In die groepfase uitgeskakel 17 D 3 1 0 2 2 4 −2 3 18 A 3 1 0 2 1 3 −2 3 19 A 3 0 1 2 2 4 –2 1 20 E 3 0 1 2 1 3 −2 1 21 D 3 0 1 2 2 5 −3 1 22 F 3 0 1 2 1 4 –3 1 23 B 3 0 1 2 2 6 −4 1 24 C 3 0 0 3 0 5 −5 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Antoine Griezmann 6 2 Cristiano Ronaldo 3 Olivier Giroud 3 Dimitri Payet 3 Gareth Bale 3 Nani 3 Álvaro Morata 3 8 Radja Nainggolan 2 Ivan Perišić 2 Jakub Błaszczykowski 2 Bogdan Stancu 2 Hal Robson-Kanu 2 Mario Gómez 2 Robbie Brady 2 Balázs Dzsudzsák 2 Graziano Pellè 2 Romelu Lukaku 2 Kolbeinn Sigþórsson 2 Birkir Bjarnason 2 duimnael|upright|Antoine Griezmann

Verwysings

Eksterne skakels

UEFA Euro 2016 by UEFA.com Amptelike Webwerf by die Franse Sokkervereniging uefa.com: Official Technical Report

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Sokkerkompetisies in Frankryk Kategorie:Sport in 2016 2016