220px Bradbury Building
304 South Broadway Los Angeles, CA
Opgerig
1892 tot 1893 of 1894
Argitekte
Sumner Hunt, George Wyman
Boustyl Neorenaissance
Amerikaanse kategorisering 220px
Italian Renaissance Revival Romanesque Revival Bradbury Building is 'n argitektoniese baken en die oudste bewaarde sakegebou in die middestad van die Suid-Kaliforniese metropool Los Angeles.Los Angeles Conservancy: Bradbury Building. Besoek op 16 Mei 2016
duimnael|links|Marmertrappe en atrium met gesofistikeerde gietysterwerk duimnael|links|Die glasdak laat sonlig in die atrium instroom Die gebou, 'n voortreflike voorbeeld van Italiaans-geïnspireerde kommersiële Neorenaissance-boukuns (Italian Renaissance Revival volgens die Amerikaanse argitektoniese kategorisering), is in 1893 in opdrag van die goudmynbou-magnaat Lewis L. Bradbury deur George Wyman volgens 'n ontwerp van Sumner Hunt opgerig. Die gebou se buitefasade is van bruin bak- en sandstene gemaak en versier met terracotta-panele.Open Buildings: Bradbury Building. Besoek op 14 Mei 2017 Die smeedyster in sy interieur is in Frankryk ontwerp en vervaardig en ter geleentheid van die wêreldtentoonstelling World’s Columbian Exposition 1893 (ook The Chicago World’s Fair genoem) in Chicago vertoon voordat dit in Los Angeles geïnstalleer is. Die wandelgange in die atrium word deur 'n glasdak van natuurlike daglig voorsien.Charles Epting: Victorian Los Angeles. From Pio Pico to Angels Flight. Charleston, SC: The History Press 2015, bl. 68
Die gebou kom in in 'n verskeidenheid fiktiewe literêre werke voor en is daarnaas weens sy besondere atmosfeer baie kere as toneel vir rolprente (waaronder Ridley Scott se wetenskapsfiksie-meesterwerk Blade Runner van 1982), televisie-programme en musiek-video's gekies.
In 1971 is die gebou by die National Register of Historic Places ingesluit en in 1977 tot Nasionale Historiese Baken (National Historic Landmark) verklaarExperience First: Inside the Bradbury Building: Victorian Charm Meets Sci-Fi in LA. Besoek op 27 Augustus 2020 - as een van slegs vier kantoorgeboue in Los Angeles wat ooit in dié kategorie vereer is.
Verwysings
Verdere leesstof Tydskrifartikels
Alice Y. Hom: The Bradbury Building Lives On. In: Southern California Quarterly, Vol. 66, No. 4 (Winter 1984), bl. 359-365
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Argitektuur
Los Angeles Conservancy: Bradbury Building Los Angeles Curbed.com: The Bradbury Building offscreen Great Buildings: Bradbury Building Famous Wonders: Bradbury Building Public Art in LA: Bradbury Building - A History (visitor handout / text-only) Historic Structures: Bradbury Building, Los Angeles California
Binnenshuise argitektuur en ontwerpkuns
KCRW Design and Architecture, 28 Januarie 2020: NeueHouse moves into the storied Bradbury Building The Spaces: Big screen icon The Bradbury Building is now home to NeueHouse in LA dezeen.com: NeueHouse to launch Bradbury Building location with LA Futures conversations Architectural Digest, 21 Februarie 2020: NeueHouse Sets Up Shop in L.A.'s Iconic Bradbury Building Blade Runner
Open Skies: Blade Runner And The Bradbury Off-world: The Blade Runner Wiki - Bradbury Apartments Slate.com: This Building Is the Biggest Architectural Movie Star in Los Angeles Ander rolprente
The Culture Trip: 8 Movies Featuring L.A.’s Architectural Movie Star, the Bradbury Building
Kategorie:Geboue en strukture in Los Angeles