duimnael|links|300px|Die Gereformeerde kerk Barberton.
duimnael|regs|160px|Ds. G.P. Scheepers, leraar van 1948 tot 1952 (in kombinasie met Ermelo en Carolina).
duimnael|regs|160px|Ds. J.H. van der Walt, leraar van 1963 tot 1969.
Die Gereformeerde kerk Barberton is ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die dorp Barberton in Mpumalanga, maar dit sluit ook omliggende nedersettings soos Kaapmuiden in asook die sentraal-westelike deel van eSwatini.
Barberton het in 1945 met 17 belydende en 17 dooplidmate van die Gereformeerde kerk Carolina afgestig. Einde 2015 was hier 14 dooplidmate (drie minder as 'n jaar vantevore), maar die belydende lidmate het op 65 gestaan (drie meer as 'n jaar vantevore), nadat dit einde 1997 onderskeidelik 79 en 143 was.
Aan die begin het lidmate in ’n saal op die gevangenisterrein, in die hofsaal, in die landdros se woonhuis en in die NG gemeente se kerksaal vir eredienste bymekaargekom.
Net vier jaar ná afstigting kon die gemeente ’n kerkgebou oprig en in gebruik geneem. Omdat die lidmaattal destyds mooi toegeneem is, is dié gebou later vergroot. Danksy die tweede vergroting, in die jare 1970, bied dit nou sitplek aan 250 kerkgangers. Daar is ’n besonder mooi pyporrel in die kerk. Dié gebou se koste is deur die vrouelidmate gedra, wat geld ingesamel het met die bak en verkoop van koeksisters en melkterte.
Eredienste vind elke Sondag om 9 uur plaas in die kerkgebou te Stanleystraat 1.
Predikante Scheepers, Gideon Petrus, 1948 – 1952 Van der Walt, Jan Hendrik, 1963 – 1969 Van der Walt, Louis Jacobus, 1969 – 1975 Denkema, Francois, 1975 – 1981 (in kombinasie met Komatipoort) Venter, Zacharias Christiaan, 1981 – 1989 Krüger, dr. Abraham Jacobus, 1989 – 2002 Kruger, Christiaan, 2002 – 2007 (bedieningsooreenkoms met Nelspruit) Smit, Erasmus Johannes, 2002 – 2007 (bedieningsooreenkoms met Nelspruit) Lessing, Francois Jacobus Du Toit, 2007 – 2012 (deeltyds, afgetrede bedienaar) Erasmus, Matthys Jacobus, 2013 – hede (in kombinasie met Nelspruit) Lourens, Thys, 2018 – hede (in kombinasie met Nelspruit)
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook NG gemeente Barberton
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika