Saadat Hasan Manto (/ mɑːn,-tɒ /; Oerdoe: سعادت حسن منٹو, uitspreek [sa'ādat 'hasan' Manto]; 11 Mei 1912 - 18 Januarie 1955) was 'n Pakistani skrywer, dramaturg en outeur wat as een van die grootste skrywers van kortverhale in die Suid-Asiatiese geskiedenis bekend is. Hy het 22 bundels van kortverhale, 1 roman, 5 reeks van radiotoneelstukke, 3 versamelings van opstelle en 2 versamelings van persoonlike sketse geskep.Saadat Hassan Manto meer informasie oor die outeur is beskikbaar op penguinbooksindia. Sy beste kortverhale word gereeld deur party skrywers en kritici geprys. Party van sy werke is ook in 'n paar verskillende tale vertaal.

Manto is op drie keer vir onwelvoeglikheid beskuldig; drie maal voor 1947 in Brits-Indië, en drie maal na onafhanklikheid in 1947 in Pakistan, maar hy is nooit deur die regters aangekla nie.

Biografie Manto is op 11 Mei 1912 in die Paproudi-dorpie van Samrala in die Ludhiana-distrik van die Britse Pandjab gebore. Sy vader, Ghulam Hasan Manto was van Kasjmiri afkoms. Nadat Saadat Hasan Manto gebore is, het sy gesin na die stad van Amritsar verhuis. Hy het sy primêre onderwys by sy huis ontvang en in 1921 het hy aan die SAO middle school bestudeer. Hy was glad nie suksesvol met sy skoolloopbaan nie omdat hy geen passie vir sy studies gehad het nie. Nadat hy sy matriek 3 keer gedruip het, het hy uiteindelik in 1931 sy matriek eksamens geslaag. Daarna het hy aan Hindu Sabha Kollege vir 'n FA bestudeer. Die gebeurtenis van die Jallianwala Bagh-bloedbad het sy gedagtes gepla. Die eerste verhaal wat deur hom geskryf is "Tamasha", is deur daardie gebeurtenis geïnspireerd. Nadat sy vader in 1932 oorlede is, het 'n groot aantal uitdagings hom gekonfronteer. In 1933 het Manto die beroemde skrywer Abdul Bari Alig ontmoet. Alig het hom aangemoed om sy ware talente te vind en om die werke van verskeie Russiese en Franse skrywers te bestudeer.Stories deur Matt Reeck

Bibliografie Atishparay (Stukke van Vuur) – 1936 Chugad Manto Ke Afsanay (Verhale van Manto) – 1940 Dhuan (Rook) – 1941 Afsane Aur Dramay (Fiksie en Drama) – 1943 Lazzat-e-Sang-1948 (Die smaak van Rots) Siyah Hashiye-1948 (Swart Grense) Badshahat Ka Khatimah (Die Einde van Heerskappy) – 1950 Khali Botlein (Leë Bottels) – 1950 Loud Speaker (Sketse) Ganjey Farishtey (Sketse) Manto ke Mazameen Nimrud Ki Khudai (Nimrod Die God) – 1950 Thanda Gosht (Cold Meat) – 1950 Yazid – 1951 Pardey Ke Peechhey (Agter Die Gordyne) – 1953 Sarak Ke Kinarey (Langs die pad) – 1953 Baghair Unwan Ke (Sonder 'n titel) – 1954 Baghair Ijazit (Sonder Toestemming) – 1955 Burquey – 1955 Phunduney (Tossels) – 1955 Sarkandon Ke Peechhey (Agter die Riete) -1955 Shaiytan (Satan) – 1955 Shikari Auratein (Vroue van Prooi) – 1955 Ratti, Masha, Tolah-1956 Kaali Shalwar (Swartbroeke) – 1961 Manto Ki Behtareen Kahanian (Manto se Beste Verhale) – 1963 Tahira Se Tahir (Van Tahira tot Tahir) – 1971 Verwysings

Kategorie:Pakistanse skrywers Kategorie:Draaiboekskrywers Kategorie:Dramaturge Kategorie:Essayiste Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 1955