duimnael|links|300px|Die Gereformeerde kerk Rietvallei is op 25 April 1993 in gebruik geneem.

Die Gereformeerde kerk Rietvallei is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die suidooste van Pretoria.

Met 1 369 belydende en 361 dooplidmate einde 2014 was dit toe die derde grootste Gereformeerde kerk; net Wapadrant en Randburg was groter, terwyl die enigste ander gemeente met meer as duisende belydende lidmate Centurion was met 1 009. 'n Jaar later het Rietvallei se belydende lidmate teruggesak tot 1 109. Centurion het toe 1 006 gehad, Randburg 1 436 en Wapadrant 1 669 sodat Rietvallei steeds die derde grootste was wat belydende lidmate betref.

Stigting Rietvallei is op 21 Junie 1987 afgestig uit wyke van drie ander gemeentes in die suidooste van Pretoria, naamlik Waterkloofrand (1963), Wapadrant (1983) en Verwoerdburg-Noord (1975, tans Centurion). Die nuwe gemeente het destyds 578 siele gehad, maar weens snelle uitbreidings in dié deel van Pretoria het dit binne die volgende 25 jaar skerp toegeneem. Rietvallei se gemeentegrense stem min of meer ooreen met dié van die grootste NG gemeente, NG gemeente Moreletapark (met ’n sieletal van meer as 19 000 in 2014), asook die makrogemeente Elarduspark (’n sieletal van sowat 5 800 einde 2014). Ook die Nederduitsch Hervormde Kerk het twee groot gemeentes in dié omgewing: Wapadrant is op 24 Junie 1984 gestig en het einde 2014 ’n sieletal van 1 395 gehad, terwyl Rietvallei op 1 Julie 1984 gestig is en einde 2014 ’n sieletal van 772 gehad het.

Kerkbou Die Gereformeerde kerk Rietvallei het aanvanklik sy eredienste in die saal in die Hoërskool Waterkloof gehou. Nadat erwe in Erasmuskloof aangekoop is, het die kerkraad in 1992 besluit om so gou moontlik ’n kerkgebou op te rig. Die argitekte Vermooten, Du Plooy en Oosthuizen is aangestel om dié kerk te ontwerp, wat op 25 April 1993 in gebruik geneem is en sitplek aan 750 lidmate bied. In die liturgiese ruimte is banke aangebring, maar daar is ook plek waar losstaande stoele geplaas kan word.

Ds. Petrus van Blerk, medeleraar sedert 2015, is om 17:10 op Saterdag 29 Oktober 2022 aan pankreaskanker oorlede nadat hy op 9 Oktober tydens die oggenderediens aan die gemeente bekendgemaak het dat dit by hom gediagnoseer is.

Predikante Hattingh, Christiaan, 1987–2001 Coetzee, Christiaan De Wet, 1994–1996 (in kombinasie met Pretoria-Alkantrant) Van den Berg, Petrus Johannes, 1997–1999 Stoker, Hendrik Gerhardus, 1999–2011 Aucamp, Johannes Petrus du Plessis, 2000 – hede Kayayan, Eric, 2002 – hede Ferreira, Ignatius Wilhelm, 2002–2012 (Beroep Teologiese Skool) Kumar, Rajesh, 2008 – hede (met opdrag sendingwerk in Indië) Van den Heever, Werner, 2005–2012 Miskin, Arthur Gordon, 2009 – 5 Augustus 2018 Van Rhyn, Gerhardus Petrus, 2012 – 2018 Potgieter, Izak Daniël De Vries, 2014 – hede Van Blerk, Petrus Johannes 2015 – 29 Oktober 2022

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Groot-Pretoria Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika