Hendrik Gerhardus Stoker (1899–1993) was 'n Calvinistiese filosoof. Hy is bekend daarvoor dat hy 'n eie wysgerige stelsel Wysbegeerte van die Skeppingsidee (1933)Stoker, H.G. 1933. Wysbegeerte van die Skeppingsidee. Pretoria: J.H. De Bussy daargestel het. Johan Heyns het in "Denkers deur die eeue" Stoker as die grootste filosoof beskou wat Afrika opgelewer het.Heyns, J.A. 1967. Denkers deur die eeue. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.
Biografie Vroeër dae links|200px|duimnael|HG Stoker (links) en T.T. Spoelstra (middel) in gesprek met 'n medestudent in die teologie, Potchefstroom, omstreeks 1922. duimnael|regs|300px|H.G. Stoker (links) en sy broers, Piet en Herman. Stoker is op 4 April 1899 in Johannesburg gebore. Sy ouers, Pieter Stoker (gebore op 5 Februarie 1865 te Assen)Geboorteregister Assen 1865, Aktenummer 23 en Geertje (Leentje) Nienhuis (gebore op 24 Februarie 1873 te Bedum),Geboorteregister Bedum 1873, Aktenummer 29 was immigrante uit Nederland, en hulle het mekaar in Johannesburg ontmoet. Ses maande nadat Stoker gebore is, breek die Tweede Vryheidsoorlog uit en sy vader het as 'n Nederlandse vrywilliger by die Boerekommando’s aangesluit. Gedurende die oorlog het albei ouers die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe gesien. As gevolg daarvan neem die Stoker-gesin 'n anti-Britse gesindheid in.
Stoker se ouers wil nie hê dat hy na 'n Engelse skool moet gaan nie, dus is hy vir sy skoolopleiding by die Deutsche Schule ingeskryf. Die Eerste Wêreldoorlog veroorsaak moeilikhede vir die Deutsche Schule en Stoker se ouers is verplig om hom in te skryf by die Potchefstroom Gimnasium, waar hy in 1916 in die eerste klas matrikuleer het. Toe hy 'n student by die Ginmasium was, het hy algemene (oop) kolleges van (onder andere) Jacob Daniël du Toit (Totius) bygewoon. Totius, die hoogleraar aan die Theologiese Skool van die Gereformeerde Kerk, was ook bekend as 'n digter en ook as een van die leiers van die Tweede Taalbeweging. Totius se voordragte oor die Bybelboek Jesaja oortuig hom finaal van die waarde van die Christelike lewenshouding.
Familie duimnael|regs|300px|Totius trou Stoker en Miriam Francoise du Plessis op 28 September 1925 in die Gereformeerde kerk Pretoria.
Op 28 September 1925 is Stoker en Miriam Francoise du Plessis deur Totius by die Gereformeerde Kerk, Pretoria in die eg verbind. Die nooi Du Plessis is op 30 April 1902 in Kaapstad gebore en sy sterf op 8 Maart 1994, ongeveer een jaar na haar man. Vier kinders is uit die huwelik gebore: Pieter, die oudste, word by die PU vir CHO professor van fisika en David, die tweede, word vise-president van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN). Dieselfde inligting is ook by andere onafhanklike stamboomwebwerfe te vind. Om die privaatheid van andere te beskerm is hul besonderhede nie hier aangedui nie.
Kritiek Die vraag kan wel gevra word waarom Stoker relatief onbekend is. Die volgende moontlike redes word voorgehou deur Van der Walt:http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/86/880 Dat Stoker hoofsaaklik in Afrikaans geskryf het Dat hy uiters omslagtig geskryf het Dat hy 'n Teologiese-filosofie bedryf het Sy ondersteuning van die Apartheidsbeleid van die regering. Dit is die laaste van die bogenoemde kritiekpunte waarvoor Stoker vandag verkwalik word. Van Wyk het in 1994 'n hele artikel geskryf waarin hy Stoker kritiseer omdat hy die volk as 'n primêre samelewingsverband beskou en die volk gevolglik belangriker beskou as die koninkryk van God. In 'n meer onlangse boek van Milton Shain word Stoker ook daarvan verdink dat daar Anti-semitistiese invloede by hom teenwoordig was. Shain meen dat Stoker dit nie openlik sou erken nie, maar dat hy wel 'n vorm van Jodehaat by hom opmerk.Shain, M. 2016. A perfect storm: Antisemtism in South Africa from 1930–1948. John Ball Publishers. Stoker het wel nie daarvoor ingestem dat Jode volledige burgerregte moet kry nie, maar merk telkens op dat Jodehaat afgewys behoort te word.Stoker, 1942. Stryd om die Ordes. Potchefstoom: Admin Buro. bl. 117-118, 157-158.
Skolastiese invloede duimnael|links|300px|Personeel en studente van die Potchefstroomse Universiteitskollege, 1933. Prof. Stoker is skuins onder prof. Ferdinand Postma, wat in die middel is.
Dit is veral B.J. Van der Walt wat Stoker kritiseer dat hy nie daarin geslaag het om van die skolastiese invloed van Herman Bavink los te kom nie. Bavink word deur Van der Walt beskou as 'n skolastiese denker en aanvanklik het Stoker beplan om onder Bavink te studeer. Van der Walt meen ook dat Stoker nie daarin geslaag het om Christelike Filosofie daar te stel nie, omdat die Filosofie nog volgens Stoker afhanklik was van die Teologie.Stoker, H.G. 1961. Beginsels en metodes in die wetenskap. Potchefstroom: Pro Rege Pers Beperk. bl. 240-245.
Apartheid duimnael|regs|340px|Die Bybelvertalers besoek die Potchefstroomse Universiteitskollege in 1933. Prof. Stoker staan agter vierde van links. Voor: (van links) prof. Jacobus du Plessis, prof. Bennie Keet, E.E. van Rooyen, onbekend, ds. J.D. Kestell, Totius, onbekend, onbekend, ds. Willem Johannes de Klerk, prof. Casparus de Wet. Agter: (tweede van links) Wicus du Plessis.
Stoker het in die artikel "At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South-Africa"Stoker, H.G. 1967. At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South Africa. (In Oorsprong en Rigting: Band I. Kaapstad: Tafelberg. p. 209-222). die Apartheidsbeleid van die regering probeer verduidelik aan 'n buitelandse gehoor. Hierdie is een van die min Engelse artikels wat hy geskryf het. Stoker begin die artikel deur op die realiteit van Suid-Afrika se demografie te wys en dat die blanke bevolking 'n minderheidsgemeenskap is.Stoker, H.G. 1967. At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South Africa. (In Oorsprong en Rigting: Band I. Kaapstad: Tafelberg. p. 209-222). bl. 209. Die blanke bevolking het volgens Stoker voor 'n kruispad gestaan. Of hulle moes met die meerderheid van die swart volke in Suid-Afrika intigreer of hulle moes differensieer.Stoker, H.G. 1967. At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South Africa. (In Oorsprong en Rigting: Band I. Kaapstad: Tafelberg. p. 209-222). bl. 215. Die weg van intigrasie was vir Stoker 'n Liberalistiese oplosssings wat tot die verlies van die uniekheid van die Afrikanergemeenskap sou lei. Dit is binne die konteks dat Stoker gekies het vir differensiasie, in stede van integrasie.
Stoker kan seker gesien word as een van die voornaamste teölogiese onderbouers van die apartheidsidiologie en het daaroor uitsprake gedoen en daaroor geskryf. H.H. William skryf daaroor:
Daar is vandag verskeie mense wat Stoker hiervoor verkwalik, soos die volgende aanhaling uit die kerkargief van die NG Kerk "Wie moet ons blameer vir die kerk se foute? Politieke en geestelike leiers asook teoloë uit die geledere van die kerk het dikwels die regverdiging verskaf wat aan die ideologie en die praktyk van apartheid ’n skyn van aanvaarbaarheid gegee het."
Toekennings Ook die volgende toekennings getuig van H.G. Stoker se wetenskaplike bydraes oor bykans sewentig jaar:
JaarToekenning1957Meesterprys van die Afrikaanse Letterkundige Vereniging1964Stalsprys vir Wysbegeerte toegeken deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns1987Eredoktorsgraad toegeken deur die RAU1987Dekorasie vir Voortreflike Diens van die Staatspresident (die hoogste burgerlike toekenning)
Akademiese werksaamhede duimnael|regs|320px|Die Gereformeerde Kerk se Partikuliere Sinode van die Kaapprovinsie, 1948. Prof. Stoker staan regs in die boonste ry.
duimnael|350px|regs|Studente, dosente en besoekende predikante neem in April 1949 tydens die Sinode van die GKSA afskeid van Totius by die Teologiese Skool Potchefstroom. Eerste ry: D.F. Malan, G.P. Scheepers, C. Hatting, L.J. Botha, P.W. Buys, S.C.W. Duvenage, P.W. van der Walt, W.J. Postma, G.P.L. van der Linde, J.J.S. Venter, G.C.P. van der Vyver, M.J. Booyens, S.J. du Plessis, K.S. van Wyk de Vries. Tweede ry: J.V. Coetzee, P.J. Venter, P.J. Coetzee, J.W.J. van Ruyssen, D.J. van der Walt, H.G. Stoker, J.C. van der Walt, J.H. Boneschans, prof. J.D. du Toit, B.J. de Klerk, D.G Venter, A.S.E. Yssel, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.N. Kotzé, N.T. Snyman. Derde ry: D.C.S. van der Merwe, B.R. Kruger, J. Postma, R.S.J. van Wyk, M. Postma, J.L. de Bruin, C.E.G. Malan, J.J.H. Booysen, B.J. de Klerk, A.L. Aucamp, J.A. Schutte, I.J. van der Walt, L.S. Van der Walt, S. du Toit, A. Duvenage, W.J. Snyman, P.J.S. de Klerk, T.T. Spoelstra.Vierde ry: D.J. Delport, J.L. Vorster, J.P. Jooste, A.A. Venter, J.F. du Plooy, H.F.V. Kruger, Jacs Van Rooy, I.J. Lessing, J.M. de Wet, S.P. van der Walt, P.J. de Klerk.
Geen lys van akademiese werksaamhede is volledig sonder om te wys op sy redaksionele werksaamhede van onder andere Koers in die Krisis (I, II, en III); S.A.C.U.M.-publikasies; die Bulletin van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van Christelike Wetenskap en die internasionale wysgerige tydskrif in Nederland, Philosophia Reformata, waar hy gedien het sedert 1973.
Proefskrifte Daarbenewens is twee proefskrifte oor die werk van Stoker aanvaar, een aan die Vrije Universiteit te Amsterdam (1968) en die ander aan die RAU (1972).
Nagraadse studente Van sy nagraadse studente het 9 doktorsgrade en 18 magistersgrade onder sy leiding behaal. Van die nagraadse studente is die belangrikste sekerlik Prof. J.A. Heyns wat onder Stoker gestudeer het.
Lys van publikasies Die onderstaande lys van publikasies is in 1994 deur Prof. A.W.G. Raath gepubiliseer in die gedenkbundel in Koers wat na Stoker se dood verskyn het.Daar is toestemming ontvang om die artikel van Prof. A.W.G. Raath te gebruik as basis van die artikel oor Prof. H.G. Stoker. Aangesien daar sedert die plasing van die artikel wysigings deur verskeie gebruikers aangebring is, word te raadpleeg.
http://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/674/788 Die VCHO het in 2006 'n cd die lig laat sien met al Stoker se versamelde werke in elektroniese formaat. Sien die onderstaande skakel vir 'n volledige lys van Stoker se gepubliseerde en ongepubliseerde werke.http://vcho.co.za/publikasies/akademiese-publikasies-van-hg-stoker.php
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Suid-Afrikaanse filosowe Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Geboortes in 1899 Kategorie:Sterftes in 1993 Kategorie:Akademiese personeel van Noordwes-Universiteit