duimnael|links|270px|Die huidige kerkgebou is in 1974 opgerig en sluit aan by die ou kerkie, wat van toe af as saal gebruik word.

duimnael|links|270px|Die ou Gereformeerde kerk Vryheid. Die besluit om dit te bou is in 1929 geneem.

duimnael|regs|200px|Ds. P.C. (Blackie) Kruger lê op 6 Desember 1958 die hoeksteen van die verbouings aan die kerk van 1929.

duimnael|regs|270px|Die beskrywing van dié foto uit die Tweede Vryheidsoorlog lui: "First winter race meeting, Vryheid. Officer extreme right foreground quartermaster Huxford. On skyline ambulance for emergencies. Large building Dopper church rapidly tumbling to pieces. Bearded gentleman extreme left – Rev. Kantrowitch, Jewish Rabbi."

Die Gereformeerde kerk Vryheid is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die KwaZulu-Natalse dorp Vryheid wat onder meer ook die dorpe Paulpietersburg (waar eens ook 'n Gereformeerde gemeente was), Babanango en Louwsburg insluit.

Geskiedenis Vryheid is in 1897 as die eerste Gereformeerde kerk in die huidige provinsie KwaZulu-Natal gestig, maar kerklik het dit, soos Paulpietersburg (1899–1951), onder Transvaal geval omdat dié gebied eers deel was van die Nieuwe Republiek.

Volgens een weergawe van die geskiedenis van die gemeente was die eerste kerkgebou net in aanbou toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek. Die gebou was reeds dakhoogte, maar die Britse soldate het dit afgebreek en die boumateriaal gebruik om ’n fort mee op te rig. Volgens 'n onderskrif by 'n foto van die ou kerk, is dit voltooi, maar was dit tydens die oorlog bouvallig, wat kan verklaar waarom dit afgebreek is. Ná die Driejarige oorlog het die gemeente vir eredienste byeengekom in die kerkgebou van die Sewendedagadventiste. Die gemeente Vryheid het dié gebou later gekoop. Die ou preekstoel van die Gereformeerde kerk Johannesburg in Fordsburg en verkry en ’n Statebybel geskenk, maar in 1920 besluit die kerkraad om die gebou te verkoop omdat nie meer aan die gemeente se behoeftes voldoen het nie.

In 1929 het hulle ’n saal van 30 by 60 voet gebou met twee konsistoriekamers daarby. In 1958, in ’n tyd toe die belydende lidmate 191 en die dooplidmate 133 getel het, is ’n vleuel aangebou, maar mettertyd het hierdie gebou ook ondoelmatig geword. In 1974 het bouwerk aan die derde kerk begin. Dié ruim gebou is so ontwerp dat dit aansluit by die ou kerkie, wat van toe af as saal dien.

Tydens die samesmelting van die Klassisse KwaZulu-Natal-Suid en -Noord het die gemeente op 12 Maart 2024 deel geword van die nuwe klassis.

Predikante Rumpff, Derk, 1910–1913 (Standerton-kombinasie) Coetzee, Jan Viljoen, 1916–1918 (leraar van Piet Retief) Van der Walt, Johannes Christiaan, 1919–1924 (leraar van Piet Retief) Van den Berg, Jacobus Petrus, 1930–1936 (Durban-kombinasie), 1936–1946 (Pietermaritzburg) Malan, Daniël Francois, 1947–1949 (as leraar van Pietermaritzburg), 1949–1950 (eerste eie leraar), 1953–1955 Norval, dr. Ernst Jacobus Gustavus, 1951–1953 Kruger, Philippus Cornelius, 1957–1961 Lessing, Francois Jacobus Du Toit, 1962–1966 (gebore 21 Februarie 1936) Britz, Johannes Christoffel, 1969–1971 Van der Walt, Hendrik Jacob, 1973–1976 Venter, Jurie Johannes, 1976–1979 (verlaat die bediening) Kruger, Christiaan, 1980–1983 De Beer, Pieter Gert Wessel, 1983–1989 De Klerk, dr. Theunis Christiaan, 1990–1998 De Wet, dr. Friedrich Wilhelm (Fritz), 1998–2004 Dreyer, Thomas Frederick, 2005–2007 De Jager, Andries Petrus, 2007–2011 Van den Heever, Werner, 2012 – 2016 (aanvaar 'n beroep na die Gobabis) Werner Brotherton, 2016 – 2024 (aanvaar 'n beroep na die Heidelberg)

Predikantegalery

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook NG gemeente Vryheid

Eksterne skakels Die kerkgebou en saal, soos te sien op Google Maps. URL besoek op 18 Maart 2016.

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika