Arthur Griffith (Iers: Art Ó Gríobhtha; 31 Maart 1872 – 12 Augustus 1922) was 'n Ierse politikus en skrywer. Hy was die stigter van die politieke party Sinn Féin, wat die politieke vleuel van die Ierse Republikeinse Leër geword het. Griffith het gesê dat die Uniewette van Groot-Brittanje en Ierland (1800) onwettig was en dat daar dus 'n regering vir Groot-Brittanje en 'n ander vir Ierland moes wees. Die koning van Groot-Brittanje sou ook die koning van Ierland wees.
Hy is in 1918 tot die parlement verkies en was die hoof van die Ierse afvaardiging by die onderhandelinge in Londen wat die Anglo-Ierse Verdrag van 1921 opgelewer het. Die verdrag het tot die stigting van die Ierse Vrystaat gelei.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Ierse politici Kategorie:Ierse Republiek Kategorie:Politiek van die Verenigde Koninkryk Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1872 Kategorie:Sterftes in 1922 Kategorie:Geboortes in 1871