duimnael|links|300px|Die Gereformeerde kerk Bellville, waarvan die hoeksteen op 10 April 1965 gelê is.

duimnael|regs|170px|Ds. Alwyn Johannes du Plessis, leraar van 1964 tot 1974.

Die Gereformeerde kerk Bellville is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die noordelike stadsgebiede van Kaapstad.

duimnael|regs|170px|Dr. M.J. du Plessis, leraar van 1999 tot 2011, sy laaste gemeente.

Stigting en kerkbou Die gemeente is in Mei 1957 gestig. Aan die begin is eredienste in die kafeteria van die Sanlam-hoofkantoor gehou, maar daarna het die gemeente ’n saaltjie in Parow gekoop en dit selfs later vergroot. Einde koop hulle grond in Bellville aan en in 1965 is die kerkgebou in Broadwaystraat teen koste van R37 000 opgerig. Op die hoeksteen is die woorde van 1 Petrus 2:5a aangebring: “Laat julle soos lewende stene opbou ...” Die naam van die argitek en boukontrakteur is destyds van die hoeksteen verwyder omdat die kerkraad gemeen het die verskyning daarvan kan as sekulêre reklame beskou word en dat dit dus nie sou pas by die woorde uit die Skrif nie.

Op 16 April 1972 het die Gereformeerde kerk Bellville-Oos van die moedergemeente afgestig.

Predikante Spoelstra, dr. Bouke, 1957–1964 Du Plessis, Alwyn Johannes, 1964–1974 Grobler, Hermanus Marthinus, 1974–1984 Prinsloo, Hendrik Petrus, 1984–1998 (aanvaar sy emeritaat) Du Plessis, dr. Marthinus Johannes, 1999–2011 (aanvaar sy emeritaat) Vrey, Coenraad Christoffel Andries, 2011 – hede Jooste, dr. Simon Nicolas, 2014 – hede (met opdrag kerkplanting)

Sendingleraar Van der Walt, Marthinus Johannes, 1988–1991

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook NG gemeente Bellville

Bellville Kategorie:Kaapstad