Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Faroërs.
Faroëes (føroyskt [ˈføːɹɪst]) is 'n Noord-Germaanse taal wat hoofsaaklik op die Faroëreilande gepraat word. Dit hoort saam met Yslands tot die Wes-Skandinawiese tale, wat naas die Oos-Skandinawiese tale Noors, Sweeds, Deens en Elfdaals geïdentifiseer kan word. 'n Ouer indeling maak gebruik van die begrip "Wes-Noord-Germaans", waaronder Faroëes, Yslands en Wes-Noorse dialekte soos die uitgestorwe Norn sou ressorteer. Faroëes word deur minstens 69 150 mense op die Deense grondgebied gebesig (veral wydverspreid op die Faroëreiland), maar ook deur Faroërs wat hul in die buitewêreld bevind.
duimnael|links|Beraamde omvang van Oudnoors en verwante tale in die vroeë 10de eeu. Die rooi gebied dui die verspreiding van Oudwesnoors dialek aan; die oranje gebied Oudoosnoors, die pienk gebied Oud-Goties en die groen gebied die omvang van ander Germaanse tale waarmee Oudnoors 'n mate van onderlinge verstaanbaarheid behou het. Daar is geen sekerheid hoeveel moedertaalsprekers daar in die wêreld is nie. Vroeë skattings wissel tussen 60 000 tot so 100 000, wat natuurlik afhang hoe goed die nakomelinge van die moedertaalsprekers dit buitekant die Faroëreilande kan beheers. Die oorgrote meerderheid Faroëessprekendes wat nie op die Faroëreilande woon nie bevind hul in Denemarke en hier in die besonder in Kopenhagen. In 2007 stel die Noord-Atlantiese Groepe in die Folketing vir die eerste maal vas hoeveel Faroërs van die eerste geslag daar is, d.w.s. mense wie se geboorteplek die Faroëreilande is en wie tans in Denemarke woon. 7 737 persone is opgespoor."HVÍ FØROYINGAR BÚSETA SEG Í DANMARK" , setur.fo, bl. 4 (Faroëes) Daar is egter sedert 2008 'n konstante toename in hierdie taalgroep in Denemarke aangeteken. Volgens Danmarks Statistik bly daar aan die einde van 2013 altesaam 11 696 mense in Denemarke wie se heimat die Faroëreilande is: 4 877 mans en 6 819 vroue."Fleiri og fleiri føroyingar í Danmark" , aktuelt.fo (Faroëes) Daar word dus veronderstel dat hierdie groep (die eerste geslag) se moedertaal Faroëes moet wees. Verder kan daar ook nog nakomelinge van die tweede en derde geslag in Denemarke gebore word. Onlangse skattings gaan sover om die totale aantal Faroërs in Denemarke op 30 000 te beraam, waarvan die helfte, dus 15 000 persone, in Kopenhagen en omgewing woonagtig moes wees."Ynskja fleiri prestar til útisetarnar" , in.fo, 3 Februarie 2015 (Faroëes) Daar bly egter geen sekerheid hoeveel van hierdie mense Faroëes nog praat nie.
Faroëes behoort daarom tot die kleiner Germaanse tale van die Indo-Europese tale.
Daar word verhoudingsgewys baie boeke in Faroëes gedruk. Vanaf 1822 tot 2002 verskyn daar 4 306 titels. Die jaar 2000 lewer 'n rekord tot op hede: 170 titels (waaronder 66 vertalings uit ander tale) word uitgegee – een splinternuwe boektitel vir omtrent 325 inwoners.
Omdat Faroëes ampstaalstatus geniet en verder onderskraag word deur sy ryk letterkunde, word hy tans nie meer bedreig deur die dominansie van Deens soos dit wel nog die geval was tot in die 20ste eeu nie.
Onderlinge verstaanbaarheid tussen Faroëes-Yslands-Noors duimnael|Die Faroëse toetsborduitleg is byna identies met die Deense een, maar het nog bykomend 'n ð. Faroëes en Yslands is in die skryftaal wedersyds verstaanbaar. Al twee moderne tale spruit grammatikaal beskou uit die Oudwesnordiese tale. Die onderlinge verstaanbaarheid van die gesproke Faroëes en Yslands is daarenteen vandag beperk. Hammershaimb (1891) wys op die onderlinge verstaanbaarheid tussen Faroëes en Wes-Noorse dialekte wat betref die ooreenstemmende woordeskat.Hammershaimb (1891) Bd. I, bl. LIV. Tot vandag toe word ook dikwels gevra of die invloed van tweetaligheid onder die Faroërs nie dalk 'n belangrike rol kon speel nie, aangesien hulle Deens amper tot op moedertaalvlak leer en sodoende ook Noors goed sal kan verstaan.
Die Nordiese dialekkontinuum is vandag nog slegs vir die Vastelandskandinawiese dialekte in Noorweë, Swede en Denemarke vasgestel; in weerwil hiervan sal die Faroëse skryftaal vir baie Noorweërs egter redelik maklik verstaanbaar wees.Vergelyk die Noorse artikel :no:Ormurin langi waarin met enkele redes verduidelik word waarom die Faroëse teks vir die Nore leesbaar is.
Die ou koloniale taal Deens is met Faroëes nòg in skrif nòg in uitspraak onderlings verstaanbaar, hoewel hulle albei van 'n gemeenskaplike Oernordiese voorlopertaal afstam. Dene sonder die kennis van Faroëes kan in die reël slegs ten dele die geskrewe tekste ontsyfer en van die gesproke taal slegs enkele woorde deur aanvoeling erken. Die Faroërs leer egter Deens van hul derde skooljaar af en beheers dit (in die skryftaal) dikwels tot op moederstaalvlak. Die Faroëse aksent – of gøtudanskt genoem – hoor mens egter die meeste onder hierdie sprekers voorkom.
Al is Yslands en Faroëes uit al die Oudwesnordiese Skandinawiese tale volgens die klank- en spraakleer die naaste aan mekaar verwant, moet Yslanders en Faroërs met gelykmatige inspanning oefen om mekaar se tale te begryp.Tórður Jóansson: English loanwords in Faroese. Fannir, Tórshavn 1997 (bl. 44 ff Faroese phonology and grammar) Oor die algemeen word bevind dat Faroëes die meeste van die oorsprongtaal afgewyk het as Yslands. Dit sien mens veral by die vervoeging van die selfstandige naamwoorde en werkwoorde, wat eenvoudiger vervoeg word as in die Oudnoorse tale, maar heelwat ingewikkelder is as in Deens.Faroese, bl. 369
Faroëes word met die Latynse alfabet waartoe 'n aantal tekens toegevoeg is, geskryf: Á/á, Í/í, Ó/ó, Ú/ú, Ý/ý, Ð/ð (edd), Ø/ø en Æ/æ. Die letters c, q, w, x en z word nie gebruik nie. Die spesiale letter edh (ð) word op verskillende maniere uitgespreek. Meestal is dit stom.
Die struktuur van Faroëes is baie soos die van Yslands. Enkele verskille is: etimologiserende skryfwyse: die spelling van Faroëes wyk, in teenstelling met dié van Yslands, baie sterk af van die uitspraak. Die spelling is in 1846 deur V.U. Hammarshaimb vasgelê. Danksy die etimologiserende spelling kan Faroërs en Yslanders mekaar se taal met 'n bietjie inspanning lees. dialekte: Yslands het nie juis dialekte nie, terwyl Faroëes 'n groot verskeidenheid van dialekte het. fonologie: in Faroëes ontbreek die dentale frikatiewe (Engels th). suiwerheid: Faroëes het net soos Yslands tradisioneel 'n sterk puristiese neiging, maar in Faroëes, met name in die spreektaal, is daar tog aanmerklik meer (Deense) leenwoorde opgeneem.
Dialekte duimnael|Die belangrikste isoglosse en hoofdialekte op die Faroëreiland. Die rooi isoglos verdeel Faroëes in 'n Noord- en Suiddialek en is die hoofisoglos. Die hoofdialekte is op die oppervlak ingekleur: in ligblou, die Noord-Eilanddialek; in liggroen die Tórshavnse dialek en in ligrooi die Suid-Eiland-dialek Ten spyte van die relatief klein bevolking en die oppervlakte wat die Faroëreilande bied, het die geografie van die eilande aanleiding gegee tot die ontwikkeling van verskeie dialekte (in teenstelling met wat mens sou kry op 'n uitgestrekte en aaneenlopende vaste eiland). Die belangrikste isoglos skei die Skopunarfjørður as waterstraat tussen Sandoy en Streymoy (deur die rooi isoglos op die aangrensende illustrasie). Dit deel die Faroëse taal in die hoofgroepe: Noorddialek (Noordfjorddialek) Suiddialek (Suidfjorddialek)
Die skeiding van beide hoofdialekte vind in die 15de eeu plaas. Die tipiese kenmerke sluit in:
+ Hoofdialekte sedert die 15de eeu. Oudnoors Faroëes Noord Suid ó [ɛu] [ɔu] ei [ɔi] [ai] æ [ɛː] -> [ɛa] [eː]
Die dialekgroepe van die noordfjords verdeel in die: Eysturoy-dialek (+Sundalag-dialek) Noord-Eiland-dialek (deur die blou isoglos op die afgebeelde illustrasie) Tórshavn-dialek (Südstreymoy-dialek met Hestur en Koltur) Vágar-dialek (met Mykines)
Bogenoemde kan ook in twee groepe saamgevoeg word: Tórshavn-Vágar en Eysturoy-Noord-Eiland (deur die groen isoglos op die beeld afgesonder).
Die suidfjordse dialekgroepe verdeel in die: Dialek van Sandoy, Skúvoy en Stóra Dímun Suðuroy-dialek (aan die suide van die Suðuroyarfjørður met sy eie lekseme en vorme en verdere plaaslike dialekte – deur die turkooisgekleurde isoglos op die afgebeelde illustrasie)
Die standaardtaal is die dialekte van Vágar of Tórshavn. Die sprekers van sowel die Noord-Eiland- as die Suðuroy-dialekte kan mens die duidelikste hiervan onderskei. Daarom blyk dit sinvol om van drie hoofgroepe te praat: Noord-Eiland-Eysturoydialek (ligblou) Suidfjorddialek (ligrooi) Tórshavn-Südstreymoy-Vágar-dialek (liggroen ingekleur op die kaart)
Hierby vorm 1. en 2. weer saam 'n groep wat duidelik van 3. onderskei kan word. Die Skopunarfjørður het daarom dus 'n soortgelyke betekenis vir die Faroëse taal as die Benrathlyn vir die Duitse taal.
Reeds aan die einde van die 18de eeu skryf Jens Christian Svabo in sy voorwoord van die Dictionarium Færoense oor hierdie drie hoofdialekte. Die Noord-Eiland-dialek en die Suid-Eiland-dialek beskou hy as die "suiwerste" Faroëes, terwyl hy Tórshavns as "besmet" kenmerk.Svabo 18. Juni 1773 im Vorwort zum 4. Manuskript des Dictionarium Færoense (Band 2 (1970), bl. XVII) Svabo voer aan hierdie taalbesmetting van die Tórshavnse dialekte kan vermoedelik teruggevoer word na die invloed op daardie gebied deur die koloniale taal Deens.Faroese (2004), bl. 340
Faroëes het tot vandag toe geen standaarduitspraak nie. Die Faroërs boots die dialek van Tórshavn/Südstreymoy na, wat ook die grootste sprekerstal het.
Geskiedenis Gesproke taalSkryftaal900–1400 Oudwesnoors (norrønt) Oudwesnoors (norrønt)1400–1600 Oudfaroëes (miðaldarføroyskt) Oudfaroëes (miðaldarføroyskt)1600–1770 Laat-Oudfaroëes of Nieufaroëes (føroyskt) – (Deens)1770–1846 Nieufaroëes (føroyskt) Nieufaroëse fonetiese skrif (Svabo)1846–vandag Nieufaroëes (føroyskt) Woordherkomstige spelreëls (Hammershaimb)
Die huidige Faroëes se skrif lyk op dié van Oudnoors, maar dit het in so 'n mate klankverskuiwings ondergaan dat ons vandag twee hoofvariëteite (Noord en Suid) ken.
+ Klankverskuiwings Oudnoors → FaroëesVolgens Hjalmar Petersen in: Tórður Jóansson: English loanwords in Faroese. Tórshavn: Fannir 1997, b. 45 (in rooi: korreksies aangebring, 21 Julie 2008) 9de eeu(Oudnoors) 14de eeu(Vroeg-Faroëes) 16de eeu(Oudfaroëes) 17de eeu(Laat-Oudfaroëes) 20ste eeu(Nieufaroëes) Noord Suid Noord Suid Noord Suid lank lank lank kort lank kort lank kort lank kort i /i/ /iː/ /iː/ /ɪ/ /iː/ /ɪ/ [iː] [ɪ] [iː] [ɪ] i y /y/ /iː/ /iː/ /ɪ/ /iː/ /ɪ/ [iː] [ɪ] [iː] – y e /e/ /eː/ /eː/ /ɛ/ /e/ /ɛ/ [eː] [ɛ] [eː] [ɛ] e ø /ø/ /øː/ /ø/ /øː/ /œ/ /øː/ /œ/ [øː] [œ] [øː] [ʏ] ø u /u/ /uː/ /uː/ /ʊ/ /uː/ /ʊ/ [uː] [ʊ] [uː] [ʊ] u o /o/ /oː/ /o/ /oː/ /ɔ/ /oː/ /ɔ/ [oː] [ɔ] [oː] [ɔ] o ǫ /ɔ/ /øː/ /øː/ /œ/ /øː/ /œ/ [øː] [œ] [øː] [ʏ] ø a /a/ /ɛː/ /ɛː/ /ɛ/ /ɛː/ /ɛ/ [ɛa] [a] [ɛa] [a] a Lang vokaal -> Diftong í /iː/ /ʊɪ/ /ʊɪ/ /ʊɪ̯/ /ʊɪ/ /ʊɪ̯/ [ui] [ʊɪ̯] [ui] [ʊɪ̯] í ý /yː/ /ʊɪ/ /ʊɪ/ /ʊɪ̯/ /ʊɪ/ /ʊɪ̯/ [ui] [ʊɪ̯] [ui] [ʊɪ̯] ý æ /ɛː/ /ɛː/ /eː/ /ɛː/ /ɛ/ /eː/ /ɛ/ [ɛa] [a] [eː] [ɛ] æ ǿ /øː/ /øː/ /øː/ /œ/ /øː/ /œ/ [øː] [œ] [øː] [ʏ] ø ú /uː/ /ʉu/ /ʉu/ /ʉʏ/ /ʉu/ /ʉʏ̯/ [ʉu] [ʏ] [ʉu] [ʏ] ú ó /oː/ /ɔu/ /ɛu/ /ɜ/ /ɔu/ /ɔ/ [ɛu] [ɜ] [ɔu] [ɔ] ó ǭ und á /aː/ /aː/ /ɔː/ /ɔ/ /ɔː/ /ɔ/ [ɔa] [ɔ] [ɔa] [ɔ] á Egte Diftonge au /au/ /ɛɪ/ /ɛɪ/ /ɛɪ̯/ /ɛɪ/ /ɛɪ̯/ [ɛi] [ɛ] [ɛi] [ɛ] ey øy /øʏ/ /ɔɪ/ /ɔɪ/ /ɔɪ̯/ /ɔɪ/ /ɔɪ̯/ [ɔi] [ɔ] [ɔi] [ɔ] oy ei /ɛi/ /aɪ/ /aɪ/ /aɪ̯/ /aɪ/ /aɪ̯/ [ɔi] [ɔ] [ai] [aɪ̯] ei Oudwesnoors duimnael|Die Sandavágssteen uit die 12de eeu lui: Þorkell Önondarsonr, austmaðr af Rogalandi, bygði þenna stað fyrst. ("Torkil Önundarson, Oosman van Rogaland, het hierdie plek eerste bewoon.“) Die woord "austmaðr" verwys na iemand afkomstig van die ooste van die eiland, in hierdie geval Noorweë. duimnael|Die Skaapbrief van 1298 is die oudste Oudnoorse dokument in die biblioteek van die Universiteit Lund in Swede. Dit is terselfdertyd ook die oudste dokument van die Faroëreiland. Hierin kom die eerste Faroëse afwykings van die Oudnoorse taal te voorskyn.