duimnael|300px|regs|'n Groot hond en 'n klein hondjie.
'n Verkleinwoord (of diminutief) is 'n vorm van 'n woord wat dui op 'n kleiner vorm van 'n voorwerp. Dit word gevolglik hoofsaaklik met selfstandige naamwoorde gebruik, maar ander woorde kan ook verklein word. Verkleiningsvorme het soms 'n figuurlike, simpatieke, sarkastiese of eufemistiese betekenis, en word ook soms vir troetelname gebruik.
Verkleinwoorde in Afrikaans In die meeste tale word 'n verkleiningsvorm gevorm deur 'n agtervoegsel en/of 'n ekstra verbuiging van die oorspronklike woord. In Afrikaans word die agtervoegsels -tjie, -jie, -pie, -kie en -ie saam met 'n paar verboë vorms gebruik. Hierdie vorme asook die gebruik van verkleiningsvorme stem grootliks ooreen met die gebruik in Nederlands.
Die gebruik van verkleinwoorde is so algemeen in Afrikaans dat die verkleiningsvorme in enkele gevalle meer algemeen geword het as die aanvanklike vorm, of selfs die enigste algemeen gebruikte vorm geword het. Byvoorbeeld: bietjie, netjies, baadjie, mandjie, boontjie, vlokkie, seeperdjie.
In sekere gevalle word slegs 'n verkleinde vorm van 'n woord gebruik, al is die aanvanklike vorm steeds in gebruik. In sekere gesegdes word 'n sekere verkleiningsvorm altyd gebruik, byvoorbeeld Hy het sy bloutjie teëgekom, Boontjie kry sy loontjie. In party gevalle is die verskil in betekenis tussen die aanvanklike en die verkleinde vorm so groot dat hulle nie werklik uitruilbaar is nie. So byvoorbeeld is 'n nuweling 'n groentjie, maar nooit 'n groen of 'n groene nie. By babadiere word verkleinwoorde baie gebruik, byvoorbeeld leeutjie vir 'n welpie, eerder as leeu.
Soms kan verkleining ook dui op 'n verandering in betekenis of gevoel. So is figuurlike gebruik, simpatie, sarkasme of eufemisme moontlik teenwoordig in die gebruik van 'n verkleinwoord. Byvoorbeeld, Is jou hartjie seer? (simpatie), Die omie het 'n boepie, of Die mannetjie sal sy moses teëkom (sarkasme), Ons het 'n probleempie (eufemisme). Verkleinde vorms kan ook gebruik word vir troetelname: Bokkie kan gebruik word vir 'n geliefde, maar daardie betekenis is minder algemeen in bok.
Alhoewel verkleining hoofsaaklik by selfstandige naamwoorde gebruik word, kom dit ook voor by ander woordsoorte. Bywoorde kan verklein word, byvoorbeeld saggies, stilletjies. Verkleining van 'n byvoeglike naamwoord kan gebruik word om die woord te verander in 'n selfstandige naamwoord. Byvoorbeeld slim -> slimmie, lank -> langetjie. Werkwoorde word ook soms verklein, veral as met klein kinders gepraat word, byvoorbeeld slapies, werkies. Verkleinwoorde kan ook verder verklein word; dit is veral algemeen by woorde wat normaalweg slegs in hulle verkleinde vorme gebruik word, byvoorbeeld baadjietjie, boompietjie.
Die uitspraak van die -tjie en -djie as -kie, asook die verandering in uitspraak by sekere verkleiningsvorme (byvoorbeeld bootjie, bladjie, glasie, handjie) is waarskynlik die deel van Afrikaanse uitspraak wat die verste verwyderd is van die spelling. Dit is egter nie moeilik vir mense wat Afrikaans grootgemaak is nie, aangesien verkleinwoorde gewoonlik baie gebruik word wanneer met klein kinders gepraat word. Soms gaan so 'n gepraat met kinders gepaard met oorronding, veral om simpatie aan te dui: Ôg, het mômmô se bôbôtjie seurgekrui?
Aangesien al drie klanke -tjie en -djie en -kie as -kie uitgespreek word, ontstaan 'n paar gevalle waar verskillende verkleinwoorde dieselfde of baie soortgelyk uitgespreek word. Vergelyk byvoorbeeld boortjie (klein boor) en boordjie (klein boord, of 'n boordjie). In die meeste gevalle sorg verbuigings van die voorafgaande klanke van die onverboë woord dat gevalle onderskei kan word. So word bakkie en badjie nie identies uitgespreek nie, aangesien die vokaal in die tweede geval verbuig word na 'n ai-klank. Enkele gevalle is egter selfs op skrif identies en slegs konteks kan aandui watter woord verklein is. Vergelyk byvoorbeeld houtjie (klein hout) en houtjie (klein hou).
Voorbeelde album - albumpie bal - balletjie blad - blaaitjie donkie - donkietjie ertjie - ertjietjie foto - foto'tjie gat - gatjie gesin - gesinnetjie glas - glasie graf - graffie graaf - grafie huis - huisie man - mannetjie mandjie - mandjietjie meisie - meisietjie Le Roux - Le Rouxtjie pad - paadjie rabbi - rabbi'tjie riem - riempie skilpad - skilpadjie son - sonnetjie taak - takie tafel - tafeltjie tak - takkie Terblanche - Terblanche'ie vygie - vygietjie dogter - dogtertjie sambreel - sambreeltjie
Syfers en letters Syfers 1'etjie of 1'tjie = enetjie of eentjie 2'tjie = tweetjie ( tweetje) 3'tjie = drietjie ( drietje) 4'tjie = viertjie ( viertje) 5'ie = vyfie ( vijfje) 6'ie = sessie ( zesje) 7'tjie = sewetjie ( zeventje) 8'ie = aggie (vergelyk Nederlands achtje) 9'tjie = negetjie ( negentje) 10'tjie = tientjie ( tientje) 11'ie = elfie ( elfje) 12'ie = twaalfie ( twaalfje) 13'tjie = dertientjie ( dertientje) 14'tjie, 15'tjie, 16'tjie, 17'tjie, 18'tjie, 19'tjie (alles eindig met -tientjie; -tientje) 20'ie, 30'ie, 40'ie, 50'ie, 60'ie, 70'ie, 80'ie, 90'ie (alles eindig met -tiggie; -tigje) 23'ie, 36'ie, 49'ie, 51'ie, 68'ie, 74'ie, 87'ie, 99'ie (alles eindig met -tiggie; -tigje) 100'jie = honderdjie ( honderdje) 1 000'jie = duisendjie ( duizendje) 1 000 000'tjie = miljoentjie ( miljoentje) 1 000 000 000'jie = miljardjie ( miljardje) 1 000 000 000 000'tjie = biljoentjie ( biljoentje) 1 000 000 000 000 000'jie = biljardjie ( biljardje) 1 000 000 000 000 000 000'tjie = triljoentjie ( triljoentje) 1 000 000 000 000 000 000 000'jie = triljardjie ( triljardje) 1 000 000 000 000 000 000 000 000'tjie = kwadriljoentjie ( quadriljoentje) 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000'jie = kwadriljardjie ( quadriljardje) 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'tjie = kwintiljoentjie ( quintiljoentje) 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'jie = kwintiljardjie ( quintiljardje) 1 688 177 614 814 127 456 565 466 813 849 199'ie (eindig met -tiggie; -tigje)
Uitgeskryf: eenkwintiljard seshonderd agt-en-tagtigkwintiljoen eenhonderd sewe-en-sewentigkwadriljard seshonderd-en-veertienkwadriljoen agthonderd-en-veertientriljard eenhonderd sewe-en-twintigtriljoen-vierhonderd ses-en-vyftigbiljard vyfhonderd vyf-en-sestigbiljoen vierhonderd ses-en-sestigmiljard agthonderd-en-dertienmiljoen agthonderd nege-en-veertigduisend eenhonderd nege-en-negentiggie.
1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'tjie = seksiljoentjie / heksiljoentjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'jie = seksiljardjie / heksiljardjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'tjie = septiljoentjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'jie = septiljardjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'tjie = oktiljoentjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'jie = oktiljardjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'tjie = noniljoentjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'jie = noniljardjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'tjie = desiljoentjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'jie = desiljardjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'tjie = undesiljoentjie 1 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000'jie = undesiljardjie
Letters: a'tjie b'tjie c'tjie d'tjie e'tjie f'ie g'tjie h'tjie i'tjie j'tjie k'tjie l'etjie m'etjie n'etjie o'tjie p'tjie q'tjie r'etjie s'ie t'tjie u'tjie v'tjie w'tjie x'ie y'tjie z'tjie
Eenlettergrepige woorde wat op -ng eindig H.J.J.M. van der Merwe skryf in 1970 in Die korrekte woord
(b) alle eenlettergrepige woorde op -ng ... kry net 'n -etjie toegevoeg
Die Nuwe taalgids (1992) deur A. Coetser sê:
By eenlettergrepige woorde wat op g eindig, is die verkleiningsuitgang gewoonlik -etjie
Die AWS stel:
* Reël 15.8: Woorde wat op -ng in 'n beklemtoonde lettergreep eindig, kry 'n verkleiningsvorm met -etjie..
Voorbeelde:
ding - dingetjie gang - gangetjie ghong - ghongetjie jong(e) - jongetjie kring - kringetjie lange - langetjie long - longetjie rang - rangetjie ring - ringetjie slang - slangetjie sprong - sprongetjie stang - stangetjie string - stringetjie tang - tangetjie tong - tongetjie wang - wangetjie
Samestellings met sulke eenlettergrepige woorde behou die verkleiningsuitgang:
bêredingetjie - bêre + dingetjie bierblikringetjie - (bierblik) + ringetjie blikringetjies - blik + ringetjies bloutongetjie - blou + tongetjie doringtangetjie - doring + tangetjie draadringetjie - draad + ringetjie drinkdingetjie - drink + dingetjie erdslangetjie - erd + slangetjie eetdingetjie - eet + dingetjie grondslangetjie - grond + slangetjie gustangetjie - gus + tangetjie haartangetjie - haar + tangetjie ingangetjie - in + gangetjie kleintongetjie - klein + tongetjie knypgangetjie - knyp + gangetjie koeëltangetjie - koeël + tangetjie koeldrankblikringetjie - (koeldrankblik) + ringetjie kousbandslangetjie - (kousband) + slangetjie kruipgangetjie - kruip + gangetjie kunslongetjie - kuns + longetjie leertongetjie - leer + tongetjie luislangetjies - lui + slangetjies metaalringetjie - metaal + ringetjie metaaltongetjie - metaal + tongetjie naelstringetjie - nael + stringetjie pasgangetjie - pas + gangetjie peuseldingetjie - peusel + dingetjie riettongetjie - riet + tongetjie rydingetjie - ry + dingetjie skaaptongetjie - skaap + tongetjie skerppunttangetjie - (skerppunt) + tangetjie skoentongetjie - skoen + tongetjie skubringetjies - skub + ringetjies snydingetjie - sny + dingetjie soetdingetjie - soet + dingetjie soldeertangetjie - soldeer + tangetjie speeldingetjie - speel + dingetjie splintertangetjie - splinter + tangetjie suikertangetjie - suiker + tangetjie swart-en-geel-grondslangetjie - (swart-en-geel-grond) + slangetjie sygangetjie - sy + gangetjie veertangetjie - veer + tangetjie veterringetjie - veter + ringetjie weesjongetjie - wees + jongetjie ystangetjie - ys + tangetjie
Beklemtoonde eind-ng lettergreep (AWS): gesang - gesangetjie (meerlettergrepige woord)
Meerlettergrepige -ling/-eling/-ing/: -etjie of -nkie? Wat Afrikaanse verkleinwoorde betref, kan Nederlandse taalreëls hier eenvoudig nie altyd toegepas word nie. Byvoorbeeld:
Dieselfde grondwoord:
hapering - haperinkie (volgens die HAT) hapering - haperingetje
Afleiding: doring - dorinkie doorn - doorntje
Agtergrond In 1970 skryf H.J.J.M. van der Merwe in sy Die korrekte woord:
Om hierdie rede verskyn verskillende verkleinwoorde in ou grammatikaboeke:
Huurling word *huurlinkie (meerlettergrepige woord wat op -ling eindig, want "huur" is die stam) Leerling word *leerlinkie (meerlettergrepige woord wat op -ling eindig, want "leer" is die stam) Sendeling word sendelingetjie (meerlettergrepige woord wat op -eling eindig, want "send" (stuur) is die stam) Vreemdeling word vreemdelingetjie (meerlettergrepige woord wat op -eling eindig, want "vreemd" is die stam) Banneling word bannelingetjie (meerlettergrepige woord wat op -eling eindig, want "ban" is die stam) Wandeling word wandelinkie (meerlettergrepige woord wat op -ing eindig, want "wandel" is die stam).
Maar hier ontstaan die probleem: Eersteling word eerstelingetjie/*eerstelinkie (meerlettergrepige woord wat op -eling / -ling eindig = is die stam nou "eerst" of "eerste"?)
Veranderde spelreëls Nuwe taalgids (1992)Coetser, A. 1992. Nuwe taalgids. Kaapstad: Maskew Miller Longman, p.128 skryf:
1. By die verkleining van meerlettergrepige woorde wat op g eindig, is die verkleiningsuitgang -kie en die -g val weg:
koning - koninkie piesang - piesankie verbetering - verbeterinkie aansluiting - aansluitinkie