Die GR-familie is 'n reeks van V6-suierenjins wat deur die Toyota Motorkorporasie gebou word.
Die GR-reeksenjin het 'n 60° gegote aluminiumblok en aluminium DBNA-silinderkoppe. Hierdie enjinreeks beskik oor 4 kleppe per silinder, getemperde staal suierstange, eenstuk-gegote nokaste en 'n gegote aluminium onderste inlaatspruitstuk. Sommige variante gebruik multipoort-brandstofstofinspuiting, sommige het D4 direkte inspuiting, en nog ander het 'n kombinasie van die twee of D4-S.
Die GR-reeks vervang die vorige MZ-V6 en JZ-inlynsessilinderenjin.
Kategorie:Toyota-enjins