Primrose Hill is 'n grasbedekte heuwel 78,1 meter (256 voet) bokant seevlak aan die noordekant van Regent's Park in Londen wat sy naam aan die omliggende buurt verleen het. Sy bopunt - een van ses beskermde uitsigpunte in die Britse hoofstad - bied 'n uitsig oor Sentraal-Londen asook Hampstead en Belsize Park in die noorde.The Royal Parks: Primrose Hill. Besoek op 12 Februarie 2019 Woonbuurte in die omgewing word onder die mees eksklusiewe en duurste adresse in die Britse hoofstad gereken waar baie bekende persoonlikhede eiendomme besit. duimnael|links|Woonhuise in die Primrose Hill-buurt duimnael|links|Herfskleure op Primrose Hill Primrose Hill word omring deur welgestelde woongebiede soos St John's Wood in die weste, Swiss Cottage in die noordweste, Belsize Park in die noorde, Chalk Farm in die noordooste, Camden Town in die ooste en Regent's Park net suid van die heuwelpiek.
Die gebied word deur twee moltreinstasies bedien - Chalk Farm in die noordooste en Swiss Cottage noordwes van Primrose Hill. Die Primrose Hill-brug verbind die buurt met die Londense Dieretuin en Regent's Park anderkant die Regent's Canal.
Verwysings
Kategorie:Londen