duimnael|regs|300px|Helena Lochner aan die werk in haar studeerkamer. Teen die mure is die buiteblaaie van sommige van die 62 boekies wat sy geskryf en geïllustreer het.
Helena Johanna Francina Lochner (distrik Moorreesburg, 15 September 1892 – Bloubergstrand, 15 Julie 1951) was 'n Afrikaanse skrywer en illustreerder van leesboekies vir jong kinders. Haar skrywersnaam was Helena J.F. Lochner.
Eindelik is 62 boekies met meer as honderd van haar verhaaltjies gepubliseer met oorspronklike stories wat Lochner self geïllustreer het, onder meer Tafelberg se kleed (1935), Drie ou broertjies (1935), Die dom varkie (1937) asook Vrolike versies (1935). Die boekies het gewoonlik 'n gekleurde buiteblad met 'n skets deur Lochner gehad en illustrasies en groot druk binne. Buiten skryfwerk was haar groot belangstelling reis. Sy was byvoorbeeld die enigste wit vrou wat die gebalsemde lyk van die patriarg van Siam aanskou het. Ook kon sy onder haar vriende van die vooraanstaande mense van Suid-Afrika tel. Sy het self op ’n keer vertel hoe George Bernard Shaw haar een aand gehelp het om haar kamerdeur in ’n hotel in Seepunt oop te breek toe sy dit per ongeluk gesluit het. Kay Carter in Huisgenoot, 26 Januarie 1951.
Opleiding en onderwysloopbaan duimnael|links|300px|Vir haar eie broers en susters en die Pienaar-pastoriekinders (hier afgeneem in 1901) het Helena Lochner van die ouderdom van 10 jaar af toneelstukkies geskryf wat hulle in die eetkamer van die pastorie opgevoer het waar die eetkamertafel as verhoog gedien het. Ds. Pienaar was die plaaslike NG predikant van 1891 tot 1936.
regs|300px|duimnael|In dié ou pastorie van die NG gemeente Somerset-Wes, skuins oorkant die huis waarin Lochner en haar gesin op Somerset-Wes gewoon het, het sy haar sibbes en die pastoriekinders afgerig om haar toneelstukkies op te voer. Die gebou is in Mei 1948 vir £7 500 verkoop. Dié gebou, by Lourensstraat 41, huisves nou (2015) 'n boetiekhotel.
160px|links|duimnael|Die Lochners het skuins oorkant die pastorie van die NG gemeente Somerset-Wes gewoon en daar het die Lochner-kinders dikwels saam met ds. en mev. P.J. Pienaar se kinders baljaar.
duimnael|300px|regs|Die ou NG kerk op Somerset-Wes, afgeneem omstreeks 1907, in die tyd toe Lochner en haar gesin lidmate van die gemeente was. Hul huis was 'n hanetree van die kerk af.
Lochner was die 10de van Johannes Tobias (Jan) en Helena Johanna Francina Lochner se 14 kinders.Geni: https://www.geni.com/people/Helena-Johanna-Francina-Aunt-Molly-Aunt-Molly-Lochner/6000000009907402523https://www.wikitree.com/wiki/Lochner-34 Sy is in die Swartland gebore, waar haar belangstelling in stories ontstaan het na aanleiding van die verhale wat die slawenageslag op hulle familieplaas saans vertel het, Die Pratende Pot – Helena Lochner . URL besoek op 31 oktober 2015. maar toe sy ses jaar oud was, het die gesin Somerset-Wes toe verhuis waar hulle skuins oorkant die plaaslike NG gemeente se destydse pastorie gewoon het. Somerset-Wes se predikant van 1891 tot 1936 was ds. P.J. Pienaar, wat getroud was met Henrietta Christiane Neethling, die sewende van ds. en mev. J.H. Neethling se 12 kinders en ’n kleindogter van ou ds. Andrew Murray van Graaff-Reinet. Ds. en mev. Pienaar het 13 kinders gehad, van wie een seuntjie in sy geboortejaar (1903) oorlede is en die jongste seun, Leon, in Februarie 1928 toe hy 20 jaar oud was. Van die oudste vier kinders, almal seuns en almal min of meer tydgenote van Helena Lochner, was een later skoolhoof op Caledon, een hoof van Mowbray se opleidingskollege en een onderwyser, staatsamptenaar en sakeman. Een van die Pienaar-dogters, Henrietta Cecile, was van 1922 tot 1937 getroud met dr. J.L.B. Smith, die Suid-Afrikaanse igtioloog, wat beroemd geword het nadat hy die selakant geïdentifiseer het. Smith, Margaret Mary in Beyers, C.J. 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Durban en Pretoria: Butterworth & Kie (SA) (Edms.) Bpk.
Op tienjarige leeftyd het Helena Lochner reeds toneelstukkies geskryf wat die Lochner- en Pienaar-kinders in die pastorie se eetkamer opgevoer het waar die groot eetkamertafel as verhoog vir hul opvoerings gedien het. Reeds hier, so skryf Kay Carter in Die Huisgenoot van 26 Januarie 1951, het sy uitgeblink as "onderwyseres", want "die kleintjies moes die toneel speel soos sy dit vir hulle voorsê, of glad nie".
Op Somerset-Wes het Helena eers na 'n voorbereidende skooltjie gegaan en vanaf haar sewende jaar na dieselfde "groot skool" waar haar broers en susters ook hul skoolonderrig ontvang het. Nadat sy op Somerset-Wes gematrikuleer en daarna 'n onderwysdiploma verwerf het, het sy 'n jaar lank onderwys gegee op die plaas De Keur by Ceres. Die volgende twee jaar was sy onderwyseres op Simondium naby die Paarl en eindelik 24 jaar lank kindertuinonderwyseres in die Strand. In 1938 het sy met vervroegde pensioen afgetree en enkele jare 'n ouderwetse huis op die rotse by Bloubergstrand gekoop omdat sy lief was vir die see.
Sy het vir haar vader en moeder gesorg tot albei se dood. Dit sowat as die onverwagte dood van haar verloofde, die portret skilder George Crosland Robinson (1858–1930), het daartoe bygedra dat sy nooit getrou nie, hoewel sy ten tyde van Robinson se dood reeds 37 jaar oud was. Hy het haar aangespoor om haar illustrasietalent te ontwikkel. Sy was baie lief vir kinders, wat haar "auntie Molly" genoem het en vir reis. In 1930 en weer in 1937 het sy 'n uitgebreide reis onderneem waartydens sy 'n studie van die kinderlektuur van ander lande gemaak het. In bogenoemde uitgawe van Die Huisgenoot het sy van een van haar reise vertel: "Toe ek in 1937 na die Ooste gereis het, was dit in ’n boot van die Holland-Afrika Lyn. Die kaptein en offisiere het maar aangeneem dat ek ’n dame van Engelse afkoms is en saans aan die eettafel was hulle nie so versigtig soos hulle in ander omstandighede sou gewees het nie. Die grappies wat hulle vertel het, was nie juis bedoel vir die ore van ’n dame nie. So kon dit egter nie aangaan nie. So teen die vyfde dag steek ek los met ’n toesprakie in Hollands. Jong, jy moet hulle gesigte gesien het. Hulle wou my met alles geweld oorboord smyt."
Skryfwerk duimnael|links|180px|Die buiteblad van Ou tante Langtand, geskryf en geïllustreer deur Helena Lochner.
duimnael|regs|180px|Adv. Jannie de Waal het 'n artikel deur Helena Lochner uit haar huis gesteel en ingestuur na Die Huisgenoot. Nadat hulle dit geplaas het, het die redakteur gevra sy moet nog artikels skryf en so het haar skryfloopbaan in erns begin.
links|duimnael|200px|Helena Lochner het ná haar vervroegde aftrede uit die onderwys in 'n geskiedkundige huis op Bloubergstrand gaan woon, waar hierdie foto vir Die Huisgenoot einde 1950 of begin 1951 geneem is.
duimnael|300px|Miss Molly, soos sy bekendgestaan het, in haar werkplek op Bloubergstrand. Die muer is bedek met die oorspronklike ontwerpe vir die buiteblaaie van haar kinderboeke.
Van omstreeks die ouderdom van 10 jaar af het sy kinderstories vir haar eie plesier geskryf. As onderwyseres het sy gereeld stories uitgedink om vir haar klas te vertel. Haar eintlike skrywersloopbaan het begin in 1926 – sy was nagenoeg 34 jaar oud – toe adv. J.H.H. de Waal 'n artikel van haar na Die Huisgenoot gestuur het sonder haar medewete. Vyf-en-twintig jaar later het sy in dié tydskrif vertel hoe dit gebeur het: "Ek was nog maar jonk toe ek begin skrywe het. Party artikels en storie het ek bewaar, ander verwaarloos. Maar eendag kom oom Jannie de Waal, die skrywer van Johannes van Wyk, my besoek, en onderwyl ons so sit en tee drink, tel hy ’n tekening van my op wat eenkant op die tafel lê. 'Het jy dit gedoen, Molly?' vra hy. Ek sê toe: 'Ja, dit is een van baie.' 'Maar Molly, as jy so goed kan teken, behoort jy ook te skrywe.' Ek lag en vertel hom dat ek al baie geskrywe het om my besig te hou. Hy vra my toe om hom net een artikel te wys. Onder die stoelkussing was juis een waarmee ek net klaar was, en dié het ek hom gegee. Nadat hy dit deurgelees het, steek ek dit weer onder die kussing weg. 'Molly, stuur dit na die Pers,' sê hy. 'Ag, oom Jannie, hulle sal dit nooit plaas nie.' Hy kyk my ewe ernstig aan en sê: 'Kom ek wed jou.' 'Goed,' sê ek. 'Ek sal jou ’n doos van die duurste sigare gee indien dit geplaas word, maar as die artikel terugkom, gee jy my ’n groot doos sjokolade.'
"Reken, ek vergeet toe alles daarvan. ’n Paar weke daarna kry ek ’n brief van die redakteur van Die Huisgenoot waarin hy my meedeel dat my artikel geplaas sal word, en my vra of ek nie meer wil skrywe nie. My eerste gedagte was dat ’n gruwelike fout begaan was, want ek het mos nie iets aan Die Huisgenoot gestuur nie. Adv. De Waal bel my toe ’n kort tydjie daarna en vra of ek my artikel in Die Huisgenoot gesien het. Ek was so verbaas dat ek nie kon antwoord nie. 'Ja, Molly,' sê hy, 'ek het jou artikel gesteel onder die stoelkussing, dit ’n titel gegee en ingestuur. Baie geluk ook; jy skuld my ’n doos sigare.'" Lochner vertel adv. De Waal het haar weer kom besoek en haar vertel "hoe nodig my land Afrikaanse skrywers het, dat die tyd nou ryp was vir my om my deel by te dra. Toe skrywe ek eers ’n paar artikels vir grootmense, maar besluit somaar een dag dat ek liewer kinderstories wil skrywe." So het sy help voldoen aan die geweldige behoefte aan geskikte Afrikaanse kinderlektuur.
Haar eerste kinderverhaal, Ou Koning van Klou, het eers as vervolgverhaal in Die Jongspan verskyn en is in 1930 in boekvorm uitgegee, die eerste Afrikaanse kinderboek wat die skrywer self geïllustreer het. Lochner se Stories en Verse . URL besoek op 29 Oktober 2015. Hierna het nog sowat 60 verhaaltjies die lig gesien, soms enkelstaande, soms in kleiner of ook omvattender bundels. Ná haar aftrede as onderwyseres kon sy haar voltyds aan haar skryfwerk wy. Altesaam 62 van haar boekies is gepubliseer wat meer as honderd verhaaltjies bevat het.
Danksy haar reise en biblioteeknavorsing kon Helena Lochner die afdeling "Kinders van die wêreld" in die Afrikaanse Kinderensiklopedie skryf. 'n Stokperdjie was om sprokies en legendes van ander lande te versamel.
Baie van haar verhaaltjies is ná haar dood, in die ouderdom van net 57 jaar, heruitgegee, onder meer drie groot versamelbundels: Sprokieland (1969), Kinderland (1969) en Kammaland (1970). Sy het ook verhale van heldefigure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis oorvertel, soos Die held Woltemade (1935), en ou volksverhale wat sy gehoor het, baie daarvan by bruin mense, onder meer Hoe die sprinkane horinkies gekry het (1932) en Tafelberg se kleed (1935). Die oorgrote meerderheid was fantasieverhale. Soms het sy mense of diere denkbeeldige eienskappe gegee, byvoorbeeld in Die geleende velskoen (1932), Ou tante Langtand (1932), Drie ou broertjies (1935) en Die dom varkie (1937). Soms het die verhaaltjies oor koninklikes gehandel, soos Die prinses se pêrels (1931) en soms denkbeeldige karakters, byvoorbeeld Die heks in die hooimied (1935), Donsie en die dwergie (1937) en Die honger draak (1937). Elsabe Steenberg skryf in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek dit is verkeerd om te beweer dat Lochner sprokies geskryf het, al het sy sommige verhaaltjies self so genoem, byvoorbeeld Die vuurvreter (1932), Die wit duif (1935) en Pannekoekland (1943). "Haar fantasiefigure besit nie simboliese reikwydte nie en spreek dus nie tot die onderbewuste van die kind soos die egte sprokie nie." Tog is daar al by geleentheid na haar verwys as "Afrikaans se Hans Christian Andersen". Avontuurland: Bekende en onbekende stories uit die verhaleskat van Helena JF Lochner . URL besoek op 31 Oktober 2015.