Justin Pierre James Trudeau (gebore 25 Desember 1971 in Ottawa) is 'n Kanadese politikus wat as die 23ste eerste minister van dié land ná die Liberale Party se oorwinning in die algemene federale verkiesing op 19 Oktober 2015 tot 14 Maart 2025 gedien het. Ná sy inswering is hy op een na die jongste premier in die geskiedenis van Kanada (die jongste eerste minister ooit was Joe Clark) en die eerste seun van 'n vorige premier wat dié amp beklee. www.thestar.com, 20 Oktober 2015: Justin Trudeau plans to announce his cabinet Nov. 4. Besoek op 27 Oktober 2015

Justin Trudeau is die oudste seun van wyle Pierre Trudeau, die 15de premier van Kanada, en sy vrou Margaret Trudeau.

Omstredenheid duimnael|links|Justin Trudeau verskyn in swartgesig by 'n partytjie in 2001 Trudeau het by 'n partytjie in 2001 by die skool waar hy onderwys gegee het in swartgesig verskyn. Die tema van die partytjie was "Arabiese nagte", en Trudeau het 'n tulband en Arabiese kleding aangetrek met sy gesig, nek en hande heeltemal verswart. Op Woensdag, 20 September 2019 het Trudeau aan verslaggewers gesê, "Ek moes dit nie gedoen het nie. Ek moes van beter geweet het en ek het nie. Ek is regtig jammer." Hy is gevra of hy gedink het die foto is rassisties, waarop hy geantwoord het, "Ja, dit was. Ek het dit nie op daardie stadium as rassisties beskou nie, maar nou weet ons van beter."

Trudeau het erken dat hy ook in hoërskool swartgesig gedra het toe hy die Jamaikaanse volksliedjie "Day-O" gesing het, waarvoor hy ook om verskoning gevra het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Eerste Ministers van Kanada Kategorie:Ministers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense