Robert Mangaliso Sobukwe (5 Desember 1924 – 27 Februarie 1978) was 'n Suid-Afrikaanse politieke dissident, wat die Pan Africanist Congress of Azania in opposisie teen apartheid gestig het. In 2004 is Sobukwe as nommer 42 in die lys van SABC3 se Grootste Suid-Afrikaners benoem.
Lewensloop duimnael|links|Huis op Robbeneiland waar Sobukwe aangehou is. Sobukwe is in Graaff-Reinet, in die Kaapse Provinsie gebore. Hy het van 'n arm familie gekom en dus was hy plaaslik opgelei. Hy het 'n Metodiste kollege in Healdtown en later die Universiteit van Fort Hare bygewoon waar hy in 1948 'n lid van die African National Congress Youth League (ANCYL) geword het. Hy was baie betrokke by die Afrikanistiese politiek en die ideale wat daarmee verbind is. Hy het later die ANC verlaat om sy eie bevrydingsbeweging, die PAC te stig.
Sobukwe is op Robbeneiland in eensame opsluiting aangehou en daarna onder huisarres in Kimberley geplaas.
As gevolg van longkanker is hy in 1977 in 'n hospitaal opgeneem. Sy dokters het versoek dat die regering hom die vryheid van beweging op humanitêre gronde toelaat. Maar hierdie versoek is voortdurend geweier. Hy het op 27 Februarie 1978 gesterf, en is op 11 Maart 1978 in Graaff-Reinet begrawe.
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 1978 Kategorie:Xhosas