Ds. Arend Hermanus Hofmeyr (Kaapstad, 27 September 1837 – Hermanus, 14 April 1903) was van 1877 tot sy dood leraar van die NG gemeente Hanover in die Karoo. Hy word beskryf as ’n nederige, verstandige en vriendelike maar besliste mens.

Afkoms duimnael|links|200px|Ds. Arend Hofmeyr en sy eerste vrou, Louisa Adriana, gebore Louw.

Hofmeyr was die seun van Arend Hermanus Hofmeyr (Kaapstad, 17 April 1802 – Somerset-Oos, 9 Maart 1887) van die landgoed Waterhof in die Kaapse stadskom, ’n kleinseun van die Hofmeyr-stamvader Johann Heinrich Hofmeyr (Ibbenbüren, Münster, Noordryn-Wesfale, 17 Maart, 1721 – Kaapstad, 4 Julie 1805). Die stamvader het twee seuns gehad, Jan Hendrik (1759–1838), van wie ds. Arend Hofmeyr ’n agterkleinseun was, en Stephanus Johannes Hofmeyr (1760–1826). Die politieke leier Jan Hendrik Hofmeyr was ’n neef van ds. Arend Hofmeyr se vader, ’n bekende bankier in die Moederstad.

Sy moeder was Susanna Maria Hofmeyr (Paarl, 4 Oktober 1813 – Somerset-Oos, 11 Mei 1887). Albei sy ouers is op Somerset-Oos oorlede nadat hulle by hul seun ds. J.H. Hofmeyr in die ou pastorie gaan inwoon het waar hy en sy vrou, Isabella, ’n dogter van ou ds. Andrew Murray van Graaff-Reinet en suster van vyf broers wat predikant geword het, die bejaardes in hul laaste jare versorg het.

Arend se eerste eggenote, Louisa Adriana (Wiesie, 1845–1883), met wie hy op 20 Oktober 1868 in die Paarl getroud is, was een van die sewe dogters van Adriaan Jacobus Louw van die Paarl wat met ’n predikant getrou het, terwyl een van haar drie broers, Attie Louw (1859–1935), 38 jaar lank predikant was van die Heidelberg, Tvl. Danksy dié verwantskap het Arend Hofmeyr, buiten ds. Attie Louw, nog ses predikant-swaers gehad: prof. Nicolaas Hofmeyr., Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. ds. J.R Albertyn, Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. ds. George Murray, Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. prof. C.F.J. Muller, Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. ds. J.C. Truter, Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 7 Oktober 2015. en ds. P.G.J. Meiring. Vyf van sy broerskinders van Somerset-Oos het predikant geword: Lou, Charlie, John, Georg en Andrew en benewens George Murray, nog vier van sy broer Jan Hendrik se swaers: John, Andrew, William en Charles. Van Arend en Louisa se se vyf kinders het Attie ’n legendariese sendeling in Njassaland geword, Jan ’n mediese sendeling in Noord-Rhodesië, Willie was ’n tyd lank onderwyser in Njassaland, Issie het na dieselfde kolonie gegaan waar sy met die sendingboer Frikkie van Eeden getrou het en Lily het deur haar huwelik met ds. Kotie Retief van Njassaland ook die sendingsaak gedien.

Ds. Hofmeyr het altesaam 15 kinders gehad, naamlik 10 uit sy eerste huwelik en nog vyf uit sy tweede huwelik, met Jane Gray Wright (Skotland, 25 Augustus 1850 – Stellenbosch, 27 Oktober 1940) op 17 Desember 1884 op Somerset-Oos of Hanover. Sy eerste vrou was sewe jaar jonger as hy en die tweede 13 jaar.

Opleiding duimnael|regs|300px|Die kerkraad van Hanover kort ná die koms van ds. Hofmeyr. Agter v.I.n.r.: C. Kleingeld, Charl Cilliers, H. Piek (ook koster en voorsinger), G.P. v. d. Hever, Antonie Wannenburg (kassier). Middelste ry: H.S. v. d. Merwe, F. Stevens, ds. A. Hofmeyr, P. Joubert, Koos van Zyl. Voor: A. v.d. Merwe en W. Pienaar.

Arend Hofmeyr het eers gaan boer. Tydens ’n diens in die Groote Kerk, waarvan sy familie lidmate was, waartydens die sendelinge A. McKidd en H.L. Gonin vir die sending afgesonder is, het Hofmeyr hom tot die evangeliebediening geroepe gevoel. Hierna het hy na die Kweekskool op Stellenbosch gegaan waar hy sy studie in 1868 voltooi het, toe hy 30 of 31 jaar oud was.

Maclean Kort ná voltooiing van sy studie het ds. Hofmeyr ’n beroep na die Maclean in die Kaapkolonie se Grensgebied aanvaar. Dié gemeente is later na Komga verander, maar tydens ds. Hofmeyr se dienstyd het dit onder meer ook King William's Town en Oos-Londen ingesluit waar eers vroeg in die 20ste eeu NG gemeentes sou afstig. Dit was kort voor of net ná sy bevestiging in dié gemeente dat ds. Hofmeyr met sy eerste vrou getroud is. Hul eerste kind, wat na sy pa genoem is, is op 19 Februarie 1870 en die tweede, Charlotte Louise, op 7 Mei 1871 gebore, albei op Komga. Die derde, Susanna Maria, is daar gebore op 18 November 1872, maar die volgende jaar op 24 April oorlede, bes moontlik in die pastorie. Ook Attie (28 Desember 1872), Maria (9 Oktober 1875) en Margaretha Susanna (20 Maart 1877), wat almal kleintyd oorlede is, was boorlinge van Komga.

Vir Maclean was ds. Hofmeyr se vertrek na Hanover in die lente van 1877 ’n groot verlies. ’n Korrespondent in die "Cape Mercury" van King William's Town het indertyd berig (uit die Nederlands vertaal): "Die fraai kerk op Maclean het sy oorsprong te danke aan sy onvermoeide vlyt en die bestaan van die niekerklike skool, wat ’n groot opbloei beleef het, is ook aan die heer Hofmeyr te danke."

Hanover Vir die gemeente Hanover was die koms van ds. Hofmeyr ’n groot wins, want sy 26 jaar lange dienstyd was een van die geseëndste tydvakke in die gemeente se geskiedenis. Binne vyf maande ná die vertrek van ds. J.I. Marais, wat professor aan die Kweekskool geword het, kon die gemeente sy opvolger in die persoon van ds. Arend Hofmeyr verwelkom. Benewens ’n salaris van £300 is hom ook 50 hamels en 12 mudden meel per jaar aangebied. Hy is beroep op dieselfde dag waarop demissie aan ds. Marais verleen is, maar het ses weke later laat weet dat hy nie voor die eerste naweek in Oktober ontvang en bevestig sou kon word nie omdat hy eers die nuwe kerk op Maclean sou voltooi en inwy. Drie broers het toe met ’n perdewa afgereis na Maclean om ds. Hofmeyr, sy vrou en vyf kinders te gaan haal. Terselfdertyd is ’n bokwa met esels gestuur om soveel moontlik van die pastoriegesin se huisraad te vervoer.

Op Vrydag 2 Oktober 1877 is ds. Hofmeyr en sy gesin die dorp binnegelei, gevolg deur 21 karre. Aangesien dit ook Nagmaalsnaweek was, was die ou kerk stampvol toe die bevestiging die Saterdagoggend plaasvind. Behalwe sy broer ds. J.H. Hofmeyr van die NG gemeente Somerset-Oos wat die bevestiging uitgespreek het, was ook ds. Hofmeyr se swaer ds. J.R Albertyn (Hanover se konsulent) teenwoordig om die plegtigheid namens die Ring waar te neem. Die namiddag het ds. Hofmeyr sy intreepreek gelewer.

Op Hanover, soos seker ook op Maclean, was ds. Hofmeyr baie geliefd. ’n Gemeentelid, wat jare lank in die pastorie op Hanover ingewoon het, het in later jare as volg van die predikant getuig (uit die Nederlands vertaal): "Ds. Hofmeyr was stil dog vriendelik. Hy was vriendelik en tog beslis. Hy was beslis en tog gematig en verstandig. Hy was verstandig maar nederig. Hy was nederig maar eerbiedwaardig. Hy was swak as mense en tog sterk in zy Here en vol liefde tot sy gemeente en huisgesin. Hy was een van die stilles van die land, een van die mense wat weinig ander reg waardeer voor sy dood. ’n Predikant het ná sy dood in "De Kerkbode" drie dinge het hom in die lewe van ds. Arend Hofmeyr getref: sy diepe godsvrug, sy groot beskeidenheid en hoe presies hy in al sy sake ("bezigheid") was.

Eerste jare op Hanover Nadat hy net meer as ’n jaar in die gemeente gearbei het, het oudl. F.W. Stevens in die kerkraadsvergadering opgestaan raadsvergadering opgestaan en "in naam van den Kerkeraad aan den Leeraar een paar karpaarden ten gebruike voor zyn werk in den gemeente" aangebied. 'n Paar jaar later besluit die kerkraad op voorstel van dieselfde broeder om sy salaris aan te vul "door een jaarlyksche vrye gift van 60 schapen". Ds. Hofmeyr het kort tevore vir die beroep na Potchefstroom bedank en die kerkraad wou deur hierdie "vrye gift", asook 'n adres, vergesel van £63, sy waardering op tasbare wyse betuig. Die predikant van Hanover het in die 1870's en '80's jare stoere staatmakers aan sy sy in die kerkraad gehad, onder wie C.J. Vermeulen, F.W. Stevens, I.A. van Zyl, C.D. Cilliers, P.A. Wannenburg (kassier), G.P. van den Hever, A.J. Burger en D.J. Viljoen (vader van ds. P.J. Viljoen, emeritus van Heidelberg). Vermeulen is in 1877 as rustende ouderling oorlede, en in die kerkraadsvergadering van Oktober van daardie jaar word hulde aan hom gebring as baanbreker en stigter van die dorp, jare lange staatmaker in die kerkraad en aandeelhouer van die "Gesticht" (plaaslike sendingwerkkring).

Geldsake duimnael|links|300px|Die ou pastorie op Hanover wat in ds. (later pres.) T.F. Burgers se tyd (1860) ingewy is. Hy het dit volgens oorlewering in die vorm van die letter B laat ontwerp. Dié gebou is in 1944 gesloop, maar daarin het ds. Hofmeyr sy hele dienstyd op Hanover lank gewoon.

Hoewel die skuld in ds. Marais se tyd aansienlik verminder is, kon dit tog nie heeltemal gedelg word nie. Dit het mettertyd selfs weer aangegroei sodat dit aan die begin van ds. Hofmeyr se dienstyd op £1 400 gestaan het. Vir die delging hiervan het hy en sy kerkraad, ondanks die "drukkende tyden" vroeg in 1879 aan die werk gespring. 'n Grootskaalse basaar tydens die April-Nagmaal met die doel om al die skuld uit te wis, word in die vooruitsig gestel. Met die oog op 'n kollekte van huis tot huis is die gemeente in vyf wyke verdeel, en die leraar versoek om die kollekterende vyf diakens op hul kollektereis deur die distrik te vergesel. Hierdie kragdadige poging tot skulddelging was baie geslaagd: ruim £900 is ingesamel. Ook het 'n paar lidmate saam £400 bygedra en die diakens het aan kontant nog £100 op die lyste gekry. En so kon die kerkraad die hele skuld uitwis. In sy godsdiensverslag van 1878–'79 maak ds. Hofmeyr met 'n opregte gevoel van dankbaarheid gewag van die milde bydraes en eendragtige samewerking van die kant van die gemeente, waardeur die kerkraad in staat gestel is om die skuld in die maand April te kon delg.

Die gebruik om 'n jaarlikse dankfees te hou, het destyds sy beslag gekry. Na aanleiding van 'n Sinodale besluit dat elke gemeente jaarliks 'n dankdag moet hou, het die kerkraad op voordrag van ds. Hofmeyr besluit om "in verband met den bepaalden dankdag een dankfeest te hebben". Hierdie eerste dankfees in die geskiedenis van Hanover, wat in 'n tyd van droogte gehou is, kon slegs £271 inbring. Tog het hierdie klein begin, in 'n besonder drukkende tyd aangepak, met die jare uitgegroei tot 'n pragtige en geseënde instelling, waardeur in die latere jare etlike duisende ponde jaarliks in die kerkkas gestort is. Hierdie jaarlikse dankfeeste, wat vanaf 1881 gereeld in ds. Hofmeyr se tyd gehou is, en altyd met 'n groot veeveiling gepaardgegaan het, het daartoe bygedra dat die geldelike toestand van die gemeente bestendig verbeter het. En dit op sy beurt het die kerkraad weer in staat gestel om noodsaaklike opknappingswerk aan die reeds verwaarloosde kerk, gebou en pastorie te doen. Al is in 1883 nagenoeg £700 bestee aan die afpleistering van die kerk en die opsit van 'n nuwe dak, kon kassier P.A. Wannenburg nog 'n voordelige saldo van £475 aan die einde van die jaar toon. Dit het die kerkraad vrymoedigheid gegee om kort daarna (1885) die kerk verder te vernuwe, en deur die aanbring van 'n galery heelwat meer sitplekke te verseker, 'n onderneming wat 'n hele paar honderd pond gekos het.