Die vlamklimop (Combretum microphyllum) is 'n struik of klimplant wat voorkom in die noorde van KwaZulu-Natal asook Eswatini, Limpopo en Mpumalanga. Die spesie is ook inheems in Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Die plant groei in alluviale grond van riviervalleie en rivieroewers. Die struik is bladwisselend en word tot 4 m hoog, hoewel dit in hoë bome hoër kan word. In steunbome rank en draai die lote om takke. Die bas is ligbruin en word later veselrig. Die blare is enkelvoudig, ovaalvormig en appelgroen. Die blaarrande is golwend. Die blommetjies is skarlakenkleurig. Suikerbekkies eet graag die nektar, terwyl kanaries en frette die knoppe eet.

Die boom se FSA-nommer is 545.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Combretum Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe