Alfred Baphethuxolo Nzo (19 Junie 1925, Benoni - 13 Januarie 2000, Johannesburg) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was die langsdienende sekretaris-generaal van die ANC, 'n pos wat hy vanaf 1969 tot 1991 beklee het. Hy was die Suid-Afrikaanse Minister van Buitelandse Sake vanaf 1994 tot sy aftrede in 1999. Hy was ook die eerste swart gesondheidsinspekteur in die land gewees. Die Alfred Nzo-toekenning word tans toegeken aan verdienstelike gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika.

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van buitelandse sake Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2000 Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika