Hierdie artikel handel oor Afrikaners as etniese groep. Vir inligting oor die beesras, sien Afrikanerbees.

Die Afrikaners is die grootste en oudste van Suid-Afrika se twee inheemse blanke bevolkings. Hulle verskil van Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners deur hul taalkundige en religieuse agtergrond. So is hulle merendeels van Nederlandse, Duitse en Franse afkoms, met kleiner invloede van onder meer Switsers, Skandinawiërs en Portugese, en is tradisioneel aanhangers van Calvinisme, 'n vorm van Protestantisme. Naas Franko-Kanadese was Afrikaners die enigste noemenswaardige nie-Engelssprekende blanke bevolkingsgroep in die vroeëre Britse Ryk. Hul verspreiding oor die hele land het die vorming van selfregerende eentalige politieke entiteite volgens die voorbeeld van Kanada se eentalige Franssprekende provinsie Quebec of die vorming van nasionale etniese state soos in postkommunistiese Oos-Europa tot dusver verhoed.

duimnael|links|Afrikaners is die enigste van die Suid-Afrika se twee blanke bevolkingsgroepe wat 'n eie taal, boukuns en kultuur voortgebring het wat in ander wêrelddele maklik as sulks herkenbaar is duimnael|links|Die Groot Trek van Afrikaners uit die Britse Kaapkolonie na die binneland was 'n soort identiteitsvormende eksodus Paul Coquerel: L'Afrique du Sud des Afrikaners. Bruxelles: Éditions Complexe 1992 duimnael|links|Ná 'n lang periode van isolasie het Afrikaners nog nie daarin geslaag om kulturele bande met hul drie Moederlande (Duitsland, Frankryk en Nederland) te smee (samewerking binne die raamwerk van die Nederlandse Taalunie is voorgestel, maar deur die ANC-bewind uiteindelik nie verwesenlik nie Maroela Media, 16 Januarie 2014: SA regering 'betreur' ooreenkoms oor taalsamewerking) of 'n gemeenskaplike identiteitsgevoel van alle Afrikaanssprekendes te bevorder nie. Nogtans is daar uitsonderings soos die Bastillefees in Franschhoek, 'n gebied van Franse volksplanting op klein skaal Die totale Afrikanerbevolking word tans op 3,5 miljoen beraam, van wie net onder 3 miljoen in Suid-Afrika woon en waar hulle 5% van die nasionale bevolking uitmaak. Alhoewel die verstedelikingspatroon van Afrikaners nie merkbaar van dié van Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners verskil nie, vorm landbou en 'n plattelandse leefstyl, wat daaraan verbonde is, deel van Afrikaners se nasionale tradisies. In die heersende klimaat van wetteloosheid het boerderye 'n sagte teiken vir moordende roofbendes geword. So word Afrikanerboere teen 'n koers van meer as drie keer die nasionale moordsyfer, en teen een van die hoogste koerse ter wêreld, vermoor. http://unpo.org/members/8148

In die verlede is ook eienskappe met Afrikanerskap in verband gebring, soos volkstrots, morele standaarde, taaltrots en 'n affiniteit met die geskiedenis van die Afrikaner en die Boererepublieke soos die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, asook die Kaapkolonie.

Die Afrikaners het in die verlede na hulself verwys as Hollandssprekendes, die Hollandssprekende bevolking of Hollandssprekende Afrikaners. Voor 1925 is byna altyd na die Afrikaners verwys as Hollandssprekende Afrikaners, want in die tyd is ook soms verwys na Engelssprekende Afrikaners. Tussen 1925 en die Tweede Wêreldoorlog is nog dikwels na die Afrikaners verwys as Hollandssprekende Afrikaners. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die benaming Afrikaanssprekende Afrikaner skering en inslag gevind. Vandag word slegs na Afrikaners verwys.

Oorsprong van die woord Volgens oorlewering is die woord die eerste keer in 1707 deur ene Hendrick Bibault geuiter in sy uitspraak "Ik ben een Afrikander!". Hy het egter bedoel dat hy "van Afrika" is en homself nie meer as 'n Europeër beskou nie. Teen die middel van die negentiende eeu word die woord egter meestal gebruik om na blanke Afrikaanssprekendes te verwys.

Voorouers duimnael|Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap die Goeie Hoop Die tradisionele beskouing is dat Afrikaners van Nederlandse, Vlaamse, Duitse en Franse afkoms is, alhoewel heelwat immigrante uit die Verenigde Koninkryk en ander Europese lande binne enkele geslagte ondertrou en verafrikaans het en dus hulself as Afrikaners beskou. Die aankoms van Jan van Riebeeck met drie skepe op 6 April 1652 en die daaropvolgende personeelruilings en -uitbreidings was die sterk Nederlandse element, terwyl die Franse Hugenote se aankoms in die 17de eeu en die 1820 Britse Setlaars beduidende invloed gehad het in die vorm van groepe uit een streek wat aangekom het. Tussendeur was daar deurlopend Nederlanders, Duitsers, Franse en Britte wat as werknemers van Europese instansies, of avonturiers of mense wat op soek was na nuwe geleenthede, wat die Afrikanervolk gevorm het. Die laaste aanduibare groep immigrante wat deel van die Afrikanervolk geword het, het in die 1950's aangekom, toe daar groepe Nederlanders met die gereelde skeepsreisgeleenthede tussen Europa en Suid-Afrika in die omstandighede na die Tweede Wêreldoorlog na Suid-Afrika geïmmigreer het.

Hoewel taal en kultuur tussen Nederlanders en Franse in die eerste twee eeue van Afrikanerwording (17e en 18e eeu) aanvanklik 'n mate van skeiding en groepering op Afrika-bodem meegebring het, het hierdie Nederlanders en Franse uit dieselfde Protestantse agtergrond gekom en het die kerklike band en dus onderliggende kulturele eenheid assimilering tussen die groepe maklik gemaak.

Navorsing deur die genealoog Hans Heese dui aan dat Afrikaners die afstammelinge is van mense wat reeds sedert die laat sewentiende en agtiende eeu in die Kaapse Verenigde Oos-Indiese Kompanie (VOC) nedersetting bymekaargekom het. VOC amptenare, latere Vryburgers en sogenaamde "Vry Swartes" het met vroue uit Europa, uit die Ooste en uit Afrika ondertrou. Volgens hierdie teorie sou Afrikaners se stammoeders Khoi en slawevroue insluit, soos Krotoa as beweerde stammoeder van Paul Kruger, Jan Smuts en FW de Klerk. Die familiename Greeff en Basson se stammoeder sou dan Ansela van Bengale wees, en die van die Snymans, Catharina van Bengale.

Volgens Heese is die moderne Afrikaners geneties 34% Nederlands, 33% Duits, 13% Frans, en 5% Brits. Hierdie bron groepeer Khoi, Bengaals, en swart onder kleurling, wat ten tye van die vorming van die Afrikaner nog nie 'n begrip was nie. Dus verwys die artikel na hierdie groep nie-Europeërs as nie-blankes. Verder voer J. A. Heese aan dat in 1867 die Afrikaner geneties ook 2,7% ander Europese nasies en 3,5% onbekend is. J. A. Heese, Die Herkoms van die Afrikaner 1657–1867. A. A. Balkema, Kaapstad, 1971. Bladsy 54.

Beramings na die persentasie nie-blanke genetiese erfenis van die Afrikaner wissel van 4,7% tot 7%.

Afrikaners en Boere duimnael|Die westelike vleuel van die Uniegebou verteenwoordig die Afrikaanse bevolking van Suid-Afrika Daar word soms na blanke Afrikaners verwys as Boere. Die woord Boere is 'n verwysing na die feit dat die inwoners van die Boere-republieke uit die negentiende eeu hoofsaaklik landbouers was. Die meeste blanke Afrikaanssprekendes is egter nie meer landbouers nie en woon in stede en dorpe, waar hul kultuur baie in gemeen het met dié van Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners.

'n Ander siening word gehuldig dat die terme 'n politieke inhoud het: Die Boere het gestreef na onafhanklikheid van Europa en is as konserwatief en weens hul pioniersbestaan as ru en onbeskaaf gebrandmerk, terwyl die Afrikaner juis sy verbintenisse met Europa en die hogere Europese/Britse kultuur nagevolg het; dus pro-Brits en liberaal. Dit is egter 'n problematiese stelling, want ondanks politieke sentiment het erflating van eiendom, soos plase, tog 'n groot rol gespeel met betrekking tot die migrasiepatrone. Die eerste teken van volkseenheid het eers tydens die Tweede Vryheidsoorlog begin plaasvind, want die Boere was inherent familielede van die Kaaps-Hollandse Kolonialers (Afrikaners). Sommige van die Kolonialers word gevang en, omdat hulle hul eed van trou aan die Koningin verbreek het, word doodgeskiet; ander wat van trou aan die Boere verdink word, ondergaan dieselfde lot. Die wat na die vredesluiting na die Kolonie terugkeer en daarvan bewys kon word dat hulle teen Britse troepe geveg het, verloor weens hoogverraad hul kiesreg vir 'n aantal jare of vir altyd; altesaam 'n beduidende 10 000 persone. De Kaapkolonie en de Boeren-Oorlog, 1899. - De Zuid-Afrikaanse oorlog van 1899 en volgende jaren bleef niet zonder invloed op de Kaapkolonie. Veel Kaapkolonisten, door familie en geschiedenis nauw verbonden met de oorlogvoerende stamverwanten, vatten de wapenen op en vochten tegen de britse troepen. Sommigen van hun werden gevangen en, omdat ze hun eed van trouw aan de Koningin hadden gebroken, doodgeschoten; anderen van wie de trouw verdacht werd ondergingen hetzelfde lot. Allen, die na de vrede in de Kolonie terugkeerden en waarvan bewezen kon worden dat ze tegen britse troepen hadden gevocht en, verloren wegens hoogverraad hun kiesrecht voor een aantal jaren of voor altijd, bijelkaar ruim 10,000 personen. Geschiedenis van Zuid-Afrika voor schoolgebruik; saamgesteld op verzoek van De Zuid-Afrikaanse Taalbond, De Zuid-Afrikaanse Onderwijzers Unie en De Afrikaanse Christelike Vrouwen Vereniging door Godée-Molsbergen., E.C, Hoogleraar in de geschiedenis aan het Victoria College te Stellenbosch lid van het historisch genootschap te Utrecht. 1910. Londen:Longmans, Green en Co. Bl. 101. Sedert die Uniewording het die skeiding tussen Afrikaner en Boer begin verdwyn. Hierdie band is deur die Groot Depressie en die daaropvolgende Nasionalisme in die 1950's verstewig. Afrikaner, het in die politiek voorkeur geniet as iemand modern en vooruitstrewend, terwyl Boer ietwat gestigmatiseer gebly het.

Selfs al sou Afrikaner en Boer as twee afsonderlike volke beskou word, bly dit 'n onmoontlike taak om op grond van sy voorkoms, taalgebruik, godsdiens of moderne volkskultuur 'n blanke Afrikaanssprekende te kategoriseer – slegs stamboomnavorsing kan dit uitwys.

Afrikaners en Afrikaanses Vanweë die assosiasie van die woord Afrikaner met ras, word die woord soms afgewissel met woorde Afrikaanse, Afrikaans-spreker en Afrikaans-sprekende om na enige Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaner (ongeag sy kleur) te verwys. Afrikaanses is 'n verwysing na almal wat Afrikaans praat, terwyl Afrikaners na 'n etniese groepering binne die taalgemeenskap is. Hierdie etniese identiteit word versterk deur 'n gemeenskaplike historiese en Christelike wêreldbeskouing. Mense wat verskil van hierdie wêreldbeskouing verkies gewoonlik ook om nie as Afrikaner gesien te word nie.

Taal duimnael|Republiekwording in 1961 op Kerkplein in Pretoria gevier. Die Afrikaners het sedert 1652 Nederlands as kultuurtaal gebruik, maar verskillende Afrikaanse dialekte as omgangstaal gebruik. In 1925 is Afrikaans grondwetlik aan Nederlands gelykgestel, wat beteken het dat Afrikaans amptelike status verkry het. Die grondwet van 1961 het Afrikaans erken as amptelike taal naas Engels, maar in 'n subklousule is bepaal dat by Afrikaans ook Nederlands bedoel word. In die grondwet van 1983 is slegs Afrikaans en Engels as amptelike tale erken.

Afrikaans floreer tans buite die grense van Suid-Afrika. Afrikaans kan as universiteitsvak geneem word in o.a. Nederland, België, Duitsland, Pole, Rusland en Amerika waar die leesprogram letterkunde, taalkunde, kultuurgeskiedenis en/of taalverwerwing insluit.

Letterkunde Die Afrikaanse letterkunde is deur 'n ryk verskeidenheid van Afrikaners en andere opgebou en is van die mees-vertaalde werke uit Afrika. Name soos CJ Langenhoven, Totius, NP van Wyk Louw, DJ Opperman en Ingrid Jonker is bekend in die letterkunde van die vorige eeu, terwyl Deon Opperman 'n voorbeeld is van 'n eietydse skrywer wat plaaslik en internasionaal sukses behaal.

Musiek duimnael|'n Konsertina wat tradisioneel vir Boeremusiek gebruik word duimnael|Volkspele word beoefen