Gendun Drup (Tibettaans: དགེ་འདུན་གྲུབ་པ།; 1391–1474, gebore as Péma Dorje) is nadoods aangewys as die 1ste Dalai Lama.
Lewe Gendun Drup is in Sentraal-Tibet gebore as die seun van Gonpo Dorje en Jomo Namkha Kyi van ’n nomadiese volk.Gedun Drupa at Dalai Lama website. Hy is as ’n skaapwagter grootgemaak tot op die ouderdom van sewe, waarna hy in die Narthang-klooster geplaas is. Toe hy 20 jaar oud was (in omstreeks 1411) het hy die naam Gendun Drup gekry toe hy ’n monnik word.Thubten Samphel en Tendar (2004). The Dalai Lamas of Tibet. Roli & Janssen, Nieu-Delhi. (2004). Hy het toe ’n student en eindelik die hoofdissipel geword van die ghoeroe Je Tsongkhapa (1357–1419),Farrer-Halls, Gill. World of the Dalai Lama. Quest Books: 1998. p. 77 wat die Gelug-skool van Boeddhisme gestig het. Teen die middel van sy leeftyd was hy een van die hoogs aangeskrewe geleerdes van sy tyd.
Verwysings
Kategorie:Dalai Lamas Kategorie:Geboortes in 1391 Kategorie:Sterftes in 1474