Gendun Gyatso (Tibettaans: དགེ་འདུན་རྒྱ་མཚོ།; lekenaam Yonten Phuntsok; 1475–1542) is nadoods aangewys as die 2de Dalai Lama. Hy is naby Shigatse by Tanak, Sentraal-Tibet, gebore as die seun van Kunga Gyaltsen (1432–1481), ’n bekende meester van die Nyingma-tantra,The Dalai Lamas of Tibet. Thubten Samphel en Tendar. Roli & Janssen, Nieu-Delhi. (2004). . en Machik Kunga Pemo. Sy naam word ook geskryf Gendün Gyatso of Gedun Gyatsho.
Lewe Volgens legende het hy kort nadat hy leer praat het vir sy ouers vertel sy naam is Péma Dorje, die geboortenaam van die 1ste Dalai Lama, Gendun Drup (1391–1474), en sy pa is Lobsang Drakpa, die oorspronklike naam van Je Tsongkhapa, stigter van die Gelug-Boeddhisteskool. Toe hy vier jaar oud was, het hy na bewering vir sy ouers vertel hy wil in die Tashilhunpo-klooster (langs Shigatse en in 1447 deur Gendun Drup gestig) gaan woon om by sy monnike te wees.
Hy is as ’n jong seun (sommige sê op vier, ander op agt) verklaar as die reïnkarnasie van die 1ste Dalai Lama. Hy het op 10 jaar ’n nuwelingmonnik geword en daarna ’n monnik met die naam Gedun Gyatso. Hy is daarna na Lhasa om te studeer.Laird, Thomas (2006). The Story of Tibet: Conversations with the Dalai Lama, p. 138. Grove Press, N.Y. .
Hy was ’n bekende geleerde en digter, het uitgebreid gereis en het die ab van die grootste Gelug-klooster, Drepung, geword wat daarna nou met die Dalai Lamas verbind is. Gedun Gyatso is in 1542 op 67 jaar tydens ’n diep meditasie dood.
Verwysings
Kategorie:Dalai Lamas Kategorie:Geboortes in 1476 Kategorie:Sterftes in 1542