duimnael|180px|’n Standbeeld van Je Tsongkhapa, die stigter van die Gelug-skool en die 1ste Ganden Tripa, op die altaar van sy tempel in die Kumbum-klooster naby Qinghai in China. Foto deur die skrywer Mario Biondi, 7 Julie 2006. Ganden Tripa ("Houer van die Ganden-troon") is die titel van die spirituele hoof van die Gelug-skool van Tibettaanse Boeddhisme, die skool wat Sentraal-Tibet van die middel 17de eeu tot die 1950's beheer het. Die huidige en 102de Ganden Tripa is Thubten Nyima Lungtok Tenzin Norbu. Hy is die hoof van die Gelug-skool en nie, soos dikwels geglo word, die Dalai Lama nie.Powers, John. "Gelukpa Tibetan Buddhism" inskrywing in Melton, J. Gordon, en Martin Baumann. 2002. Religions of the World: A Comprehensive Encyclopedia of Beliefs and Practices. Santa Barbara, Kalif: ABC-CLIO. p. 533.
Je Tsongkhapa (1357–1419), wat die Gelug-skool gestig het, was die 1ste Ganden Tripa.
Die Ganden Tripas word aangestel en is nie reïnkarnasies soos die Dalai Lamas nie. Hulle word elke sewe jaar op meriete verkies. Dus was daar al 102 Ganden Tripas teenoor 14 Dalai Lamas.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia