Frankfurt am Main 280px Kaart Wapen senter|180px senter|75px Vlag 90px|raam|senter Land Deelstaat 20px|raam Hesse Koördinate Stigting 22 Februarie 794 Stadstatus 1220 (Vrye Ryksstad) Oppervlakte: - Totaal 248,31 vk km Hoogte bo seevlak 112 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2020) 749 596 - Bevolkingsdigtheid 3 019/vk km - Metropolitaanse gebied 2 300 000 - Metropolregion Rhein-Main 5 800 000 Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 10,1 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 1,6 / 19,4 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 611 mm Burgemeester Mike Josef (SPD) Amptelike webwerf frankfurt.de
Frankfurt am Main (Duits: [ˈfʁaŋkfʊɐ̯t am ˈmaɪ̯n], ) is met 'n bevolking van byna 750 000 die grootste stad van die deelstaat Hesse en die vyfde grootste stad van Duitsland ná Berlyn, Hamburg, München en Keulen. Die metropolitaanse gebied van Frankfurt am Main het 2,3 miljoen inwoners. Die Frankfurt Rhein-Main-streek het 'n bevolking van meer as vyf miljoen en is die tweede grootste ekonomiese spilpunt in Duitsland.
duimnael|links|Nizza-Ufer langs die Mainrivier: Plataanbomelaan in November Frankfurt am Main het reeds in die Middeleeue een van Duitsland se belangrikste stedelike sentra geword. Die eerste historiese verwysing na die stad dateer uit die jaar 794, en sedert die Hoë Middeleeue het Frankfurt die status van 'n Vrye Ryksstad geniet. Tot in die jaar 1806 het Frankfurt as die verkiesings- en kroningsstad van die keisers van die Heilige Romeinse Ryk gedien. Die stad was sedert 1806 die administratiewe setel van die Duitse Bond en in 1848/49 ook die setel van die eerste Duitse parlement wat vry verkies is.
Die stad speel 'n belangrike rol in die wêreldekonomie. As die setel van die Europese Sentrale Bank, die Frankfurtse Effektebeurs en die Frankfurtse Handelskou is dit die belangrikste finansiële sentrum in Duitsland. Die Lughawe Frankfurt was in 2018 met meer as 69,5 miljoen passasiers die grootste in Duitsland en een van die belangrikste lughawens wêreldwyd. Naas die lughawe dra Frankfurt se sentrale ligging in Europa, sy hoofstasie en sy kruispunte van belangrike snelweë by tot sy rol as groot Europese vervoerspilpunt.
Danksy die handel en talle nywerhede is Frankfurt am Main een van die Europese stede met die hoogste bruto geografiese produk (per capita) en saam met Parys en Moskou een van min Europese stede waar 'n groot aantal wolkekrabbers in die sentrale besigheidsdistrik opgerig is.
Etimologie duimnael|Die legende van die Frankiese drif. Akwarel deur Leopold Bode (1888) Die eerste historiese verwysings na die gebied dateer uit die jaar 794; dit het destyds as Frankonovurd (Oudhoogduits) en Vadum Francorum (Latyn) bekend gestaan. Albei benamings beteken letterlik "Drif van die Franke" – die Main se rivierloop was vroeër aansienlik breër en die Germaanse bewoners van die gebied het 'n rotsbank in die rivier se bodem gebruik om die Main veilig te kan deurwaad.
Die drif was in die Romeinse tydperk nie van strategiese belang nie; die Romeinse paaie, wat vanuit Mogontiacum (die huidige Mainz) na die hartland van Germanië geloop het, het nie die moerasgebiede van die Mainvlakte deurkruis nie.
Die huidige Katedraalheuwel (Duits: Domhügel) is ná die einde van die Romeinse heerskappy in die gebied omstreeks 260 deur Alemanne beset. Hulle is omtrent 530 deur Frankiese stamme verdryf. Die nuwe Frankiese heersers het waarskynlik gebruik gemaak van die drif, aangesien hul handelsvennote na die roete as "Frankedrif" verwys het. Orth, Elsbet: Frankfurt am Main im Früh- und Hochmittelalter. In: Frankfurter Historische Kommission (reds.): Frankfurt am Main – Die Geschichte der Stadt in neun Beiträgen. Sigmaringen: Jan Thorbecke Verlag 1991, bl. 11.
Ander legendes – soos die beweerde stigting van Frankfurt deur Karel die Grote, wat danksy die Middeleeuse kronis Thietmar von Merseburg bekendheid verwerf het – het geen historiese basis nie.
Geografie en klimaat Ligging duimnael|Lugbeeld van Frankfurt am Main duimnael|Groen ruimtes in die besigheidsdistrik: Taunusanlage Frankfurt am Main is in die suidelike sentrum van Hesse langs die Mainrivier suidoos van die Taunus geleë. Dit is by verre die grootste stad van dié deelstaat en is noordoos van die hoofstad Wiesbaden geleë. Die hele stadgebied word deur 'n uitgestrekte groengordel omring wat die Frankfurter Stadtwald ("Frankfurtse stadwoud") insluit. Frankfurt se stadsgebied streek oor 23,4 kilometer in oos-westelike en oor 23,3 kilometer in noord-suidelike rigting.
Belangrike buurstede sluit in Offenbach am Main net suidoos en verder suid Darmstadt. In die weste grens Frankfurt aan die Main-Taunus-Kreis, in die noordweste aan die Hochtaunuskreis, in die noorde aan die Wetteraukreis, in die noordooste aan die Main-Kinzig-Kreis, in die suide aan die distrik Offenbach en in die suidweste aan die distrik Gross-Gerau.
Klimaat Frankfurt het 'n gematigde klimaat wat grootliks beïnvloed word deur sy ligging in die noorde van die Bo-Rynse Laagvlakte, een van die warmste streke in Duitsland.
Geskiedenis Vroeë geskiedenis Die huidige stadsgebied was reeds in die steentydperk bewoon. Later het die Romeine hier 'n militêre kamp gestig wat in die Merowingiese tyd as Frankiese koningshof gedien het. In 843 het die stad 'n belangrike palts (tydelike setel) van die Oos-Franke geword, en ook die Reichstag ("Ryksdag") is gereeld hier gehou. In 1220 het Frankfurt am Main stadstatus gekry. Sy inwonertal het destyds volgens moderne beramings sowat 10 000 beloop.
Die oudste dokument wat na die stad Frankfurt am Main verwys, is 'n oorkonde van keiser Karel die Grote vir die klooster St. Emmeram, uitgevaardig in 794.
Rykspolitiek en verkiesing van heersers duimnael|Die Bartolomeüskatedraal of "Keiserdomkerk" In 855 is vir die eerste keer 'n Duitse heerser, koning Lothar II, in Frankfurt verkies. In die volgende eeue het Frankfurt sentraal gestaan in die politiek van die Heilige Romeinse Ryk en is altesaam 36 konings hier verkies, waarvan tien tot Duitse keisers gekroon is. Verkiesings van konings is veral in die Staufertydperk in die 12de eeu uitsluitlik in Frankfurt gehou – 'n tradisie wat in 1356 met keiser Karel IV se Goue Bul, die grondwet van die Ryk, skriftelik bevestig is.
Die verkiesingsplegtighede het in die St. Bartolomeüskatedraal ("Keiserdomkerk") plaasgevind waar in 1562 ook vir die eerste keer 'n keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Maximiliaan II, gekroon is – nadat dié plegtighede oorspronklik in Aken plaasgevind het. Die laaste kroning voor die amptelike ontbinding van die Heilige Romeinse Ryk in 1806 was dié van die Habsburgse keiser Frans II in 1792. Maar alhoewel baie heersers in Frankfurt vertoef het, was die stad nooit hul regeringsetel nie.
Met die einde van die Heilige Romeinse Ryk het die stad 'n lid van die Rynbond en onder die heerskappy van die primaat (vorsbiskop) Karl Theodor von Dalberg die hoofstad van 'n kortstondige Groothertogdom Frankfurt (1810−1813) geword.
Binne die bestel van die Duitse Bond was Frankfurt am Main weer 'n Vrye Stad en setel van die bond se parlement (Bundestag). Tydens die Rewolusie van 1848 het die Nationalversammlung (Nasionale Vergadering) in die stad se Paulskirche vergader. Pruise het die stad in 1866 geannekseer en by die provinsie Hesse-Nassau ingelyf.
Die vroeë 20ste eeu duimnael|Plakkaat vir die Internasionale Elektrotegniese Uitstalling in 1891 In ekonomiese opsig het Frankfurt, wat gaandeweg tot 'n belangrike nywerheidstad ontwikkel het, voordeel uit die anneksasie getrek. Die stadsbevolking het in die volgende dekades nie alleen danksy die natuurlike aanwas en migrasie gegroei nie, maar ook deur die inlywing van omliggende nedersettings. Tussen 1877 en 1910 is die stadsgebied van oorspronklik 70 km² verskeie kere uitgebrei tot 135 km². Teen die begin van die 20ste eeu was Frankfurt ten opsigte van sy oppervlakte tydelik die grootste stad in die Duitse Ryk.
Die vinnige bevolkingsgroei het gepaard gegaan met die uitbou van die stedelike infrastruktuur. Nuwe skole, Mainbrûe, 'n abattoir, treinstasies, tremlyne en hawegeriewe het ontstaan. Behoorlike watervoorsiening en riolering is daargestel en 'n moderne professionele brandweer in die lewe geroep. Nadat nywerhede aanvanklik in veral in die stadsdele Bockenheim en Sachsenhausen saamgetrek was, het tussen 1909 en 1912 nuwe hawegeriewe en nywerheidsones in die ooste van Frankfurt ontstaan wat groter was as die hele beboude stadsgebied noord van die Main in die laat 19de eeu. Naas tradisionele bedrywe soos metaalvervaardiging, gieterye en drukkerye het nuwe nywerhede soos brouerye, chemiese fabrieke en, in die tyd ná die Internasionale Elektrotegniese Uitstalling van 1891, ook vervaardigers van elektriese toerusting hulle in die stad gevestig.
In 1914 het die Universiteit van Frankfurt, wat sy ontstaan aan skenkings van plaaslike burgers te danke gehad het, sy deure geopen. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is Frankfurt nie deur oorlogshandelinge geraak nie, maar as gevolg van die Britse seeblokkade het bewoners aan wanvoeding gely. Voedsel was, soos elders in die Duitse Ryk, skaars en gerantsoeneer. Die militêre nederlaag en die Novemberrewolusie in 1918 het tot onluste en tydelik ook straatgevegte gelei wat tot die einde van 1919 voortgeduur het.
Die twintigerjare was in kulturele opsig 'n bloeitydperk. Frankfurt het bekend gestaan vir sy teaters en sy behuisingsprojek "Nuwe Frankfurt". Die sogenaamde Frankfurtse kombuis, die prototipe van moderne kombuise, het internasionale aandag getrek. In 1925 is in die nuut geboude Waldstadion die eerste internasionale Werkersolimpiade gehou.
Metropool van Wes-Duitsland duimnael|Eurotoring, die vroeëre hoofkwartier van die Europese Sentrale Bank, in Junie 2013. 'n Nuwe kantoorgebou – 'n wolkekrabber met twee torings – is in Maart 2015 ingewy Ná die verwoestende bomaanvalle van die Tweede Wêreldoorlog, waartydens die hele historiese stadskern en groot dele van die middestad in 'n puinhoop verander is, het destydse stromings van die moderne stadsbeplanning as aanleiding vir die heropbou gedien. Die middeleeuse stadsbeeld, wat tot en met 1944 byna onveranderd bewaar gebly het, het egter verlore gegaan. So word groot dele van die binnestad deur modernistiese boukuns oorheers.
In 1946 is Frankfurt by die nuutgestigte deelstaat Hesse ingesluit. As 'n voormalige selfregerende stadstaat wat eers in 1866 by 'n Duitse land aangesluit het en vroeër nooit deel uitgemaak het van Hesse nie, het Frankfurt nie as 'n potensiële setel van die Hessiese regering kandidaat gestaan nie. Vervolgens is Wiesbaden as die nuwe administratiewe hoofstad gekies.
Die Amerikaanse troepe, wat die voormalige I.G. Farben-hoofgebou as hulle Europese hoofkwartier gekies het, het hulle vir Frankfurt as die nuwe federale hoofstad van die Bondsrepubliek Duitsland uitgespreek en van die stad ook die administratiewe sentrum van die drie westelike besettingsones (wat in die Duitse omgangstaal dikwels "Trisonesië" genoem is) gemaak.
Uiteindelik is Bonn an die Ryn met 'n klein meerderheid stemme as nuwe Wes-Duitse hoofstad gekies. Die Frankfurtse parlementsgebou, wat op dié tydstip reeds voltooi was, het later as hoofkwartier van die openbare Hessiese Uitsaaikorporasie Hessischer Rundfunk gedien. Maar aangesien Berlyn vanweë sy verdeling in 'n westelike en 'n oostelike helfte nie meer as die ekonomiese sentrum van Duitsland kon fungeer nie en Wes-Berlyn te ver afgeleë was van Wes-Duitsland, het Frankfurt am Main talle funksies, wat voorheen deur Berlyn en Leipzig vervul is, oorgeneem en danksy sy sentrale ligging in die Bondsrepubliek tot sy ekonomiese, finansiële en vervoersentrum ontwikkel. Die stad is tans die setel van die grootste Duitse privaatbanke, die Duitse Sentrale Bank (Bundesbank) en sedert 1999 ook van die Europese Sentrale Bank.
Ekonomiese basis