duimnael|220px|Die Cleveland-vulkaan op die Aleoetiese Eilande van Alaska, afgeneem uit die Internasionale Ruimtestasie (Mei 2006). duimnael|220px|Aspluime tot 19 km hoog tydens die uitbarsting van die berg Pinatubo in die Filippyne (1991). regs|class=cx-highlight|duimnael|220px|Die uitbarsting in 2007 van die berg Etna. duimnael|220px|Die berg Shasta, 'n potensieel aktiewe stratovulkaan in Noord-Kalifornië. duimnael|220px|'n Kaart wat die grense van divergente plate (oseaniese skeure) toon, asook onlangse vulkane op die aardoppervlak (meestal by konvergente grense).

'n Vulkaan is 'n skeuring in die kors van 'n planeet soos die Aarde wat toelaat dat warm lawa, vulkaniese as en gasse uit 'n magmakamer onder die oppervlak ontsnap.

Vulkane op die Aarde bars uit omdat die kors in 'n paar groot, rigiede en verskeie kleiner tektoniese plate verdeel is wat op 'n warmer, sagter laag (die aardmantel) dryf. Die aarde se vulkane vorm oor die algemeen waar tektoniese plate na mekaar beweeg (konvergent) of weg van mekaar beweeg (divergent). Die meeste is onderwater. 'n Rif in die middel van 'n oseaan, soos die Mid-Atlantiese Rug, vorm byvoorbeeld as gevolg van divergente plate, terwyl die Ring van Vuur se vulkane gevorm word deur konvergente plate.

Vulkane kan ook vorm waar die aardkors se plate gerek en dus verdun word, soos met die Oos-Afrikaanse Skeur. Vulkanisme op ander plekke as by plaatgrense word vermoedelik veroorsaak deur opstotende magma vanaf die grens tussen die Aarde se mantel en kern, 3 000 km onder die oppervlak. Dit veroorsaak warmkolvulkanisme, waarvan die Hawaise warm kol 'n voorbeeld is. Vulkane vorm gewoonlik nie waar twee tektoniese plate verby mekaar skuif nie.

Groot vulkaanuitbarstings kan die atmosferiese temperatuur beïnvloed wanneer as en druppels swaelsuur die Son verduister en die Aarde se troposfeer afkoel. Dit absorbeer ook die hitte wat van die Aarde af uitgestraal word en verhit die stratosfeer. Groot uitbarstings word soms gevolg deur vulkaanwinters, wat al rampspoedige hongersnood veroorsaak het.

Ander gevolge is vir onder meer lugvaart, wanneer die as dit moeilik of onmoontlik vir vliegtuie maak om te vlieg.

Etimologie Die woord "vulkaan" is afgelei van die naam Vulcano, 'n vulkaniese eiland in die Eoliese Eilande van Italië, wat die naam gekry het van Vulcanus, die god van vuur uit die Romeinse mitologie. Die studie van vulkane word vulkanologie genoem.

Plaattektoniek Volgens die teorie van plaattektoniek is die Aarde se harde buitenste kors, die litosfeer, opgedeel in 'n paar groot en verskeie kleiner plate. Hulle beweeg geleidelik vanweë die konveksie in die aardmantel onder die kors. Die meeste vulkaniese aktiwiteit op Aarde vind plaas al met dié plaatgrense langs waar plate van mekaar wegbeweeg of divergeer (en nuwe litosfeer geskep word), of na mekaar toe beweeg of konvergeer (en litosfeer vernietig word).

Grense tussen divergente plate By die mid-oseaanriwwe divergeer twee tektoniese plate van mekaar terwyl warm mantelrots opwaarts kruip tussen die verdunde oseaankors in. Die afname van druk in die stygende mantelrots lei tot adiabatiese uitsetting en die gedeeltelike smelting van die rots, en dit veroorsaak vulkanisme en skep nuwe oseaankors.

Die meeste grense tussen divergente plate lê op die bodem van die oseane, en daarom vind die grootste vulkaniese aktiwiteit op Aarde onder die water plaas. Swart rookgate is bewys van dié soort vulkaniese aktiwiteit. Wanneer die mid-oseaanrif bo die seevlak is, word vulkaaneilande gevorm, soos Ysland.

Grense tussen konvergente plate Subduksiesones is plekke waar twee plate, gewoonlik 'n oseaniese en 'n kontinentale plaat, bots. Die swaarder oseaniese plaat trek af onder die kontinentale plaat in, en vorm naby die kus 'n diep oseaantrog. Water wat vrygestel word van die aftrekkende plaat, verlaag die smelttemperatuur van die mantelwig bo hom en skep dus magma.

Dié magma is geneig om uiters vloeitraag, of taai, te wees vanweë die groot silika-inhoud – dit bereik dus nie die oppervlak nie, maar koel af en stol. Wanneer dit wel die oppervlak bereik, word 'n vulkaan gevorm. Subduksiesones word dus begrens deur kettings vulkane, wat vulkaanboë genoem word. Tipiese voorbeelde is die vulkane van die Pasifiese Ring van Vuur, soos die Japannese Argipel.

duimnael|150px|links|Deursnee van die aardkors (geel), met magma wat van die mantel af opstyg (rooi). Die kors kan relatief tot die pluim beweeg en 'n vulkaanopening skep.

Warm kolle Warm kolle is vulkaangebiede wat vermoedelik geskep word deur mantelpluime, wat hipotetiese kolomme warm materiaal is wat van die grens tussen die aarde se mantel en kern af opstyg. Nes by middeloseaniese skeure, ondergaan die stygende mantelrots dekompressiesmelting, wat groot hoeveelhede magma voortbring.

Omdat tektoniese plate oor mantelpluime beweeg, word elke vulkaan onaktief wanneer dit van die pluim af dryf, en nuwe vulkane word geskep waar die plaat oor die pluim beweeg. Die Hawaise Eilande het vermoedelik op so 'n manier gevorm. Die Yellowstone-kaldera is vermoedelik deel van die Noord-Amerikaanse Plaat wat op die oomblik bo die Yellowstone- warm kol lê.

Die mantelpluimhipotese word egter betwis.

Kontinentale skeure Die volgehoue opwelling van warm mantelrots kan onder die middel van 'n kontinent ontwikkel en tot skeure in die aardkors lei. Vroeë fases van skeurvorming word gekenmerk deur vloedbasalt, en baie vorder tot op die punt waar 'n tektoniese plaat heeltemal gesplits word.

'n Divergente plaatgrens ontwikkel dan tussen die twee helftes van die gesplete plaat. Skeure splits egter dikwels nie die aardkors heeltemal nie, en mislukte skeure word gekenmerk deur vulkane wat ongewone alkali- of karbonaatgesteentes uitwerp. Voorbeelde sluit in die vulkane van die Oos-Afrikaanse Skeur.

Soorte vulkane 220px|duimnael|Die Lakagigar-skeuropening in Ysland, die bron van die groot klimaatsverandering van 1783-'84, het 'n ketting vulkaankeëls in sy lengte af. duimnael|220px|'n Vulkaanskeur en lawakanaal. 220px|duimnael|Skjaldbreiður, 'n skildvulkaan waarvan die naam "beë skild" beteken.

Die algemeenste opvatting van 'n vulkaan is dié van 'n keëlvormige berg wat lawa en giftige gasse uit 'n krater se kruin spoeg. Dit is egter maar net een van talle soorte vulkane. Die eienskappe van vulkane is baie komplekser as dit en die strukture en aktiwiteite daarvan hang van verskeie faktore af. Sommige vulkane het rowwe pieke wat deur lawakoepels gevorm is, eerder as 'n kruinkrater, terwyl ander weer soos enorme plato's lyk.

Openinge wat vulkaniese stowwe (insluitende lawa en as) en gasse (hoofsaaklik stoom en magmagasse) uitlaat, kan op enige plek op die grondoppervlak ontwikkel en aanleiding gee tot kleiner koepels, soos Puʻu ʻŌʻō teen 'n hang van Hawaii se Kīlauea.

Ander soorte vulkane sluit in kriovulkane (of ysvulkane), veral op sommige mane van Jupiter, Saturnus en Neptunus; en moddervulkane, formasies wat dikwels nie met bekende magmatiese aktiwiteit verbind word nie. Aktiewe moddervulkane neig om by temperature baie laer as dié van stollingsgesteentevulkane voor te kom, behalwe wanneer die moddervulkaan inderdaad 'n uitlaatklep is van 'n stollingsgesteentevulkaan.

Skeuropeninge duimnael|220px|Die Izalco-vulkaan, die jongste vulkaan in El Salvador. Izalco het van 1770 (toe dit gevorm het) tot 1958 feitlik onophoudelik uitgebars. Dit het die bynaam "Vuurtoring van die Stille Oseaan" gekry. Vulkaniese skeuropeninge, of net vulkaanskeure, is plat, liniêre breuke waardeur lawa uitloop, gewoonlik sonder enige ontploffende aktiwiteit. Die opening is gewoonlik 'n paar meter breed en kan 'n paar kilometer lank wees. Groot basaltvloede kan daaruit loop: eers in lawakanale en later in lawatonnels.

Skildvulkane Skildvulkane, wat so genoem word vanweë hulle breë, skildvormige profiel, word gevorm deur die uitbarsting van nieklewerige lawa wat ver van 'n breuk af kan vloei. Hulle ontplof gewoonlik nie op 'n katastrofiese wyse nie, maar word gekenmerk deur relatief bedaarde uitvloeiings. Aangesien dié soort magma gewoonlik min silika bevat, is skildvulkane algemener in die oseane as op land. Die Hawaise vulkaniese ketting is 'n reeks skildkeëls. Dit kom ook algemeen in Ysland voor.

Lawakoepels Lawakoepels word opgebou deur stadige uitbarstings van dik, taai lawa. Dit vorm soms binne die krater van 'n vorige vulkaanuitbarsting, soos die geval was met Mount Saint Helens, maar kan ook onafhanklik vorm, soos met Lassenpiek. Soos met stratovulkane, kan lawakoepels gewelddadige, ontploffende uitbarstings skep, maar die lawa vloei gewoonlik nie ver van die uitlaat af nie.

Kriptokoepels Kriptokoepels vorm wanneer taai lawa na bo gedwing word en die oppervlak laat uitbult. Die uitbarsting van 1980 van Mount Saint Helens is 'n goeie voorbeeld hiervan. Lawa onder die oppervlak van die berg het dit laat uitbult, en dit het later aan die noordekant van die berg afgestort.

Sintelkeëls Sintelkeëls ontstaan uit die uitbarsting van klein stukke vulkaanslak en piroklaste (wat albei soos sintels lyk, vandaar die naam van dié vulkaansoort) wat om die opening opgebou het. Dié uitbarstings kan kort duur en 'n keëlvormige heuwel skep wat miskien 30-400 m hoog kan wees. Die meeste sintelkeëls bars net een keer uit. Hulle kan aan die hange van groter vulkane vorm, of op hulle eie. Parícutin in Mexiko is 'n voorbeeld van 'n sintelkeël. In Nieu-Mexiko is Caja del Rio 'n vulkaanveld met meer as 60 sintelkeëls.

Na aanleiding van satellietfoto's is voorgestel dat sintelkeëls ook op ander hemelliggame in die Sonnestelsel kan voorkom: op die oppervlak van die Maan en van Mars.

Stratovulkane (saamgestelde vulkane) duimnael|220px|Deursnee van 'n stratovulkaan (vertikale skaal oordryf):

Stratovulkane is hoë, keëlvormige berge wat saamgestel is uit afwisselende lawastrome en puinlae – dit is die lae wat tot die naam aanleiding gegee het. Stratovulkane is ook as saamgestelde vulkane bekend omdat hulle uit 'n verskeidenheid strukture bestaan wat gedurende verskillende soorte uitbarstings gevorm word. Klassieke voorbeelde is die berge Foedji in Japan en Vesuvius in Italië.

As wat deur die ontploffings van stratovulkane gevorm word, word histories beskou as die grootste gevaar wat vulkane vir beskawings inhou. Die lawa van stratovulkane bevat meer silika en is dus taaier as lawa van skildvulkane. Silikaryk lawa is geneig om ook meer opgeloste gas te bevat. Die kombinasie is dodelik en lei tot ontploffende uitbarstings wat groter hoeveelhede as tot gevolg het, sowel as piroklastiese strome soos die een wat die stad Saint-Pierre op Martinique in 1902 verwoes het.

Stratovulkane is ook steiler as skildvulkane, met hange van 30-35° in vergelyking met die 5-10° van skildvulkane. Hulle los puin is ook materiaal vir gevaarlike modderstrome (lahars). Groot stukke vulkaanpuin is bekend as "vulkaanbomme". Groot bomme kan tot meer as 1,2 m breed wees en verskeie tonne weeg.Berger, Melvin, Gilda Berger, and Higgins Bond. "Volcanoes-why and how ." Why do volcanoes blow their tops?: Questions and answers about volcanoes and earthquakes. New York: Scholastic, 1999. 7. Print.

Supervulkane 'n Supervulkaan is 'n vulkaan wat een of meer keer meer as 1 000 km3 vulkaandeposito's in 'n enkele uitbarstings uitgewerp het. Sulke uitbarstings kom voor wanneer 'n baie groot magmakamer vol gas- en silikaryk magma in 'n katastrofiese kalderavormende uibarsting leeggeskiet word. Vulkaniese as uit sulke uitbarstings is die enigste vulkaniese produk met volumes wat dié van vloedbasalt kan ewenaar.

'n Supervulkaan kan op 'n kontinentale skaal verwoesting saai. Hulle kan die temperatuur wêreldwyd vir baie jare laat daal weens die groot hoeveelhede swael en as wat in die atmosfeer vrygestel word. Hulle is die gevaarlikste soort vulkane. Voorbeelde sluit in die Yellowstonekaldera in die Yellowstone Nasionale Park, die Valleskaldera in Nieu-Mexiko, die Tobameer in Soematra en die Ngorongorokrater in Tanzanië.