Die Kaapse dwergverkleurmannetjie (Bradypodion pumilum) is 'n verkleurmannetjie wat endemies is aan Kaapstad en omgewing. Hulle leef in struike en die woudrande in fynbos. Die verkleurmannetjie is 6 tot 8 cm lank. Dit is 'n klein boomlewende reptiel. Die oë is keëlvormig en dit het 'n grypstert. Die reptiel is gewoonlik bedags bedrywig en vreet vlieë en ander insekte wat met die klewerige tong gevang word. Slange, vleiloeries en laksmanne is die verkleurmannetjie se vyande.
duimnael|links|'n Kaapse dwerg-verkleurmannetjie wat water van 'n roosblaar in 'n Kaapse tuin drink. duimnael|links|'n Onvolwasse Kaapse dwergverkleurmannetjie.
Subspesies Van die moontlike subspesies van B. pumilum wat nog nie deur genetiese toetsing bevestig is nie, sluit in: Tipies Fynbos Renosterveld (moontlik 'n hibried tussen B. pumilum en B. occidentale)
Verwysings
Bronne Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012
Eksterne skakels
Kategorie:Bradypodion