Bodhisattva is die Sanskrit-term in Mahayana-Boeddhisme vir ’n wese met bodhi (verligting). ’n Bodhisattva is enigiemand wat, aangespoor deur groot meelewing, bodhicitta opgewek het – die spontane wens om ander by te staan om boeddhaskap te bereik.The Bodhisattva Vow: A Practical Guide to Helping Others, page 1, Tharpa Publications (2de uitg., 1995) Dit is een van vier verhewe toestande wat ’n mens in die lewe kan bereik (die ander is ’n arhat, boeddha of pratyekaboeddha).P. 313 Brilliant Moon: The Autobiography of Dilgo Khyentse deur Dilgo Khyentse
Die gebruik van die term "bodhisattva" het mettertyd verander. In vroeë Indiese Boeddhisme is dit byvoorbeeld hoofsaaklik gebruik om spesifiek na Siddhartha Gautama in sy vorige lewens te verwys.
Bodhisattvas is gewilde onderwerpe in Boeddhistiese kuns.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels "The Thirty-Seven Practices of Bodhisattvas" , verskillende weergawes "What A Bodhisattva Does: Thirty-Seven Practices" deur Ngulchu Thogme Buddhanet.net Ksitigarbha-bodhisattva
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Boeddhistiese begrippe