Die Afrikaanse woord verligting is die Westerse vertaling van die Boeddhistiese term bodhi, "ontwaking". Die Westerse konnotasie is van ’n skielike insig in ’n bosintuiglike waarheid.

Die woord word ook gebruik om ander Boeddhistiese terme en konsepte te vertaal wat dui op insig (soos prajna, kensho en satori), kennis (vidhya), die "uitwerping" (nirwana) van ontstigtende emosies en begeertes, die gevolglike vryheid of verlossing en die bereiking van boeddhaskap, soos versinnebeeld deur Siddhartha Gautama.

In die Westerse wêreld het die konsep van (geestelike) verligting ’n romantiese betekenis aangeneem.Carrette, Jeremy R.; King, Richard (2005), Selling Spirituality: The Silent Takeover of Religion, Psychology PressSharf, Robert H. (1995b), "Buddhist Modernism and the Rhetoric of Meditative Experience" (PDF), NUMEN, vol.42 (1995)McMahan, David L. (2008), The Making of Buddhist Modernism, Oxford: Oxford University Press, Dit het sinoniem geword met selfbesef en die ware self.

Verwysings

Eksterne skakels Pali Text Society: "Occurrences of the term enlightenment" Joan Sutherland, ''What is enlightenment?', Buddhadharma, 16 Februarie 2013 Barbara O'Brien, What is Enlightenment? 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Boeddhistiese begrippe