Die Nwanedi- Provinsiale Park is 'n beskermde gebied in die noordelike deel van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit is ongeveer 20 km oos van Tshipise en 35 km noord van Thohoyandou geleë, aan die westekant van die Krugerwildtuin. Die Nwanedi-reservaat het 'n oppervlakte van ongeveer 11 170 ha en sluit 'n deel van die beboste hange van die Soutpansbergreeks in.

Die tweelingdamme, die Nwanedidam en die Luphephedam, by die samevloeiing van die Nwanedirivier en sy belangrikste sytak, die Luphephe, is geleë in die beskermde gebied.Nwanedi Game Reserve, Limpopo Een van die geheime van die wildreservaat is 'n skouspelagtige waterval, bekend as Tshihovhohovho-waterval. Die park het volop wild, insluitend 'n redelike aantal witrenosters in sy Laeveldsone.

Die Soutpansberg of "Tha vhani ya Muno" is in die tradisionele gebied van die Vendavolk geleë. Dit is ryk in plantdiversiteit met geelhoutbome, twaalf acaciaspesies, insluitend koorsbome, reuse kiepersol, proteas en stokou boomvarings.Soutpansberg Endemic Flora Die rotsagtige heuwels is 'n toevlugsoord vir roofvoëls.

Verwysings

Eksterne skakels Nwanedi Provincial Park Soutpansberg Conservancy and surrounding areas Open Africa Route

Kategorie:Natuurreservate in Limpopo