Sargon van Akkad, ook bekend as Sargon die Grote (Akkadies: Šarru-kīnu, "die ware/wettige koning"),Chavalas 2006 was ’n Semitiese Akkadiese keiser wat bekend is vir sy verowering van Sumeriese stadstate in die 24ste en 23ste eeu v.C. Hy was die stigter van die dinastie van Akkad en het in die tweede laaste kwart van die 3de millennium v.C. regeer.
Volgens wigskrifbronne was hy die skinker van koning Ur-Zababa van Kisj. Hy het die koning volgens latere bronne vermoedelik vermoor en sy bewind oorgeneem voordat hy probeer het om die hele Mesopotamië te verower. Hy is aanvanklik "Sargon I" genoem, maar latere rekords het getoon daar was ook ’n Assiriese koning met die naam Sargon (na wie gewoonlik as "Sargon I" verwys word).
Daar word geglo dat Sargon se ryk groot dele van Mesopotamië ingesluit het wat onder meer dele van die hedendaagse Iran, Klein-Asië en Sirië was. Sy hoofstad was die nuwe, maar tot nog toe onontdekte Akkad, wat hy volgens die Sumeriese koningslys óf laat bou óf laat restoureer het.Kramer 1963: 60–61 Hy word soms beskou as die eerste persoon in die bekende geskiedenis wat ’n multi-etniese, sentraal regeerde ryk geskep het, hoewel dié eer ook die Sumeriese Lugal-zage-si kan toekom. Sy dinastie het Mesopotamië sowat een en ’n half eeu lank beheer.Van de Mieroop 2006: 63
Sargon kom as 'n legendariese figuur voor in die Nieu-Assiriese letterkunde van die 8ste tot 7de eeu v.C. Tablette met fragmente van 'n Sargon-geboortelegende is ook in die Biblioteek van Assurbanipal ontdek.
Naam thumb|links|upright=1.1|"Koning Sargon" ( Šar-ru-gi lugal) op die oorwinningstele van Sargon.
Die Akkadiese naam word gewoonlik geskryf as Šarru-ukīn of Šarru-kēn. Die wigskrifspelling is onderskeidelik LUGAL-ú-kin, šar-ru-gen6, šar-ru-ki-in of šar-ru-um-ki-in.
Op tablette uit die Ou Babilonië wat oor legendes van Sargon handel, word sy naam geskryf as (Šar-ru-um-ki-in). In Laat Assiriese verwysings word die naam gewoonlik LUGAL-GI.NA of LUGAL-GIN gespel, nes dié van die Nieu-Assiriese koning Sargon II.Eckart Frahm, "Observations on the Name and Age of Sargon II and on Some Patterns of Assyrian Royal Onomastics" , NABU 2005.2, 46–50. Die spelling "Sargon" kom van die enkele verwysing na die naam in die Ou Testament, in Jesaja 20:1.
Die eerste element van die naam is šarru, die Akkadiese woord vir "koning". Die tweede element is afgelei van die werkwoord kīnum "om te vestig, bevestig".Strong's Concordance H3559 "to be erect (i.e. stand perpendicular); hence (causatively) to set up, in a great variety of applications, whether literal (establish, fix, prepare, apply), or figurative (appoint, render sure, proper or prosperous)" 'n Moontlike vertolking van die naam Šarru-ukīn is "die koning het (stabiliteit) gevestig" of "hy [die god] het die koning bevestig". Daar word gedebatteer of dit 'n aangenome troonnaam of 'n geboortenaam is.Lewis 1984: 277–292Sallaberger & Westenholz 1999: 34
Chronologie thumb|260px|'n Kaart van die omvang van die Akkadiese Ryk gedurende die bewind van Sargon se kleinseun, Naram-Sin.
Primêre bronne wat na Sargon verwys, is skaars. Die belangrikste verwysings na hom min of meer uit sy tyd is die verskillende weergawes van die Sumeriese koningslys. Hier word Sargon genoem as die seun van 'n tuinier en as die voormalige skinker van Ur-Zababa van Kisj. Hy het die koningskap van Uruk by Lugal-zage-si afgeneem en teruggekeer na sy eie stad, Akkad. Die Weidnerkroniek sê Sargon het direk ná Ur-Zababa regeer en noem Lugal-zage-si glad nie.Drews, Robert. “Sargon, Cyrus and Mesopotamian Folk History.” Journal of Near Eastern Studies, vol. 33, no. 4, 1974, pp. 387–93 Verskillende weergawes van die koningslys gee die lengte van sy bewind aan as óf 40 óf 54-56 jaar. Electronic Text Corpus of the Sumerian Language Talle fragmente met verwysings na Sargon is ook bekend.
In moderne tye sal sy bewind aangedui word as omstreeks 2334-2279 v.C. Sy opvolgers tot met die Goetese oorwinning van Sumer is ook bekend as die Sargondinastie en hulle bewind as die Sargontydperk van Mesopotamiese geskiedenis.Mari A. Gough, "Historical Perception in the Sargonic Literary Tradition: the Implications of Copied Texts" , Rosetta 1 (2006), 1–9. Douglas R. Frayne, "The Sargonic and Gutian Periods (2334–2113)", University of Toronto Press, 1993.
Volgens Foster (1982) is Sargon se bewindstydperk van 55 jaar 'n verkeerde vertolking van die oorspronklike 37 jaar. 'n Ouer weergawe van die koningslys gee sy bewind aan as 40 jaar.Rebecca Hasselbach, Sargonic Akkadian: A Historical and Comparative Study of the Syllabic Texts (2005), p. 5 (fn 28).
Thorkild Jacobsen dui aan die betekenis van die woord "tuinier" as Sargon se pa is onseker.Jacobsen 1939: 111 Ur-Zababa en Lugal-zage-si word albei as konings gelys, maar word geskei deur verskeie heersers van Kisj, wat dalk net goewerneurs of vasalheersers onder die Akkadiese Ryk was.
Die bewering dat Sargon die oorspronklike stigter van Akkad was, word ook in twyfel getrek nadat 'n inskripsie ontdek is waarin die plek en datum verwys na die bewind van Enshakushanna, wat feitlik vir seker voor Sargon regeer het.Van de Mieroop 1999: 74–75 In die Weidnerkroniek (ABC 19:51) word beweer Sargon het "Babilon voor Akkad gebou".Grayson 1975: 19:51Chronicle of Early Kings at Livius.org. Translation adapted from Grayson 1975 and Glassner 2004 Ook volgens die Kroniek van Vroeë Konings (ABC 20:18-19) het Sargon Babilon gebou en toe Akkad.Grayson 1975: 20:18–19 Van de Mieroop stel voor albei kronieke verwys na die veel latere koning Sargon II van die Nieu-Assiriese Ryk.Stephanie Dalley, Babylon as a Name for Other Cities Including Nineveh, in Proceedings of the 51st Rencontre Assyriologique Internationale, Oriental Institute SAOC 62, pp. 25–33, 2005
Geskiedenis
Taal en teks op rekords Dit lyk of Sargon die gebruik van Akkadies in inskripsies aangemoedig het. Hy noem homself dikwels "koning van Akkad" eerste, nadat hy blykbaar die stad Akkad gestig het. Dit lyk of hy in die een of ander stadium beheer van Kisj oorgeneem het en later 'n groot deel van Mesopotamië, want hy verwys na homself as "Koning van Akkad, meester van Inanna, koning van Kisj, gesalfde van Anoe, koning van die land Mesopotamië, goewerneur (ensi) van Enlil".Paul-Alain Beaulieu, The Pantheon of Uruk During the Neo-Babylonian Period, Brill (2003), p. 106.
Tydens Sargon se bewind is Oos-Semities gestandaardiseer en aangepas vir gebruik saam met die vorm van wigskrif wat voorheen in Sumeries gebruik is om te vorm wat nou as Akkadies bekend is.
'n Styl van kalligrafie is ontwikkel waarin teks op kleitablette en silinderseëls tussen mitologiese en rituele tonele gerangskik is.Britannica
Jaarname Terwyl verskeie afskrifte van die Sumeriese koningslys en latere Babiloniese kronieke bestaan waarvolgens Sargon 'n bewindstydperk van tussen 34 en 56 jaar het, is gedateerde dokumente vir net vier verskillende jaarname van sy bewind ontdek.
Die name van dié vier jaar beskryf sy veldtogte teen Elam, Mari, Simurrum en Uru'a.
Nippurinskripsie thumb|200px|Gevangenes wat deur 'n soldaat begelei word, op 'n oorwinningstele van Sargon, omstreeks 2300 v.C. Waarskynlik van die einde van Sargon se bewind. Die haarstyl van die gevangenes (krullerig bo en kort aan die kante) is tipies van Sumeriërs. (Louvre)
Onder die belangrikste bronne vir Sargon se bewind is 'n tablet van die Ou Babiloniese tydperk wat in die 1890's by Nippur ontdek is deur 'n ekspedisie van die Universiteit van Pennsilvanië. Die tablet is 'n afskrif van die inskripsies op die voetstuk van die standbeeld wat Sargon in die tempel van Enlil laat oprig het.Samuel Noah Kramer, The Sumerians: Their History, Culture, and Character, University of Chicago Press (1963), 59f
Oorwinning van Sumer In die inskripsie beskyf Sargon hom as Sargon, koning van Akkad, meester van Inanna, koning van Kisj, gesalfde van Anoe, koning van die land Mesopotamië, ensi van Enlil". Dit vier die oorwinning van Uruk en die onderwerping van Lugal-zage-si, wat Sargon "in 'n halsband na die poort van Enlil" gebring het.Mario Liverani, The Ancient Near East: History, Routledge (2013), p. 143. Kramer 1963 p. 324. Kuhrt, Amélie, The Ancient Near East: c. 3000–330 B.C., Routledge 1996 , p. 49
Sargon het Ur en E-Ninmar daarna verower en die gebied tussen Lagasj en die see "verwoes", waarna hy Umma verower en verwoes het.
Sargon het die inwoners van die gebiede wat hy verower het, toegelaat om hulle plaaslike leiers en tradisies te behou. Hulle moes egter gehoorsaam aan hom wees en heffings betaal in ruil vir hulle veiligheid. Die mense was lojaal aan Sargon vanweë sy beleide, wat tot die handhawing van vrede gelei het. Hy het Akkadies as die ampstaal van die regering aangewys en vaste mates en gewigte ingestel.
Verowering van Bo-Mesopotamië en Elam Nadat hy hom onderwerp het aan die god Dagon van die Levant het Sargon gebiede van Bo-Mesopotamië en die Levant ingeneem, tot by die "Seder- en die Silwerberg", waarna hy van die "boonste see" (Middellandse See) tot die "onderste see" (Persiese Golf) regeer het.A.H.Sayce, review of G. Contenau, Les Tablettes de Kerkouk (1926), Antiquity 1.4 (December 1927), 503ff
Sargon beweer ook in sy inskripsie hy is "Sargon, koning van die wêreld, veroweraar van Elam en Parahshum", die twee belangriste state oos van Sumer. Hy noem ook verskeie heersers van die ooste wat hy oorwin het, soos Luh-uh-ish-an, seun van Hishibrasini, koning van Elam, generaal van Parahshum".
Sargon het oor altesaam 34 stede geseëvier. Skepe van oral het in sy hoofstad, Akkad, voor anker gelê. Hy het 'n leër van 5 400 man gehad wat "daagliks voor hom brood geëet het".
Sargon-epos thumb|links|240px|'n Silinderseël van die skriba Kalki. Dit wys prins Ubil-Eshtar, moontlik Sargon se broer, saam met amptenare en 'n skriba regs wat 'n tablet vashou. Die inskripsie lui: "Ūbil-Aštar, broer van die koning: KAL-KI die skriba is sy dienskneg."
'n Groep van vier Babiloniese tekste, wat die "Sargon-epos" of Res Gestae Sargonis genoem word, beskryf Sargon as 'n militêre bevelvoerder wat die raad van baie van sy ondergeskiktes vra voordat hy op veldtogte gaan.
Die verhaal van "Sargon, die oorwinnende held" speel af in Sargon se hof, in 'n krisissituasie. Sargon spreek sy vegters toe en prys die deug van heroïsme, en 'n howeling hou 'n toespraak oor die glorie wat die kampioen van 'n leër kry. Dit gaan oor 'n veldtog van Sargon na die verre land Uta-raspashtim en sluit 'n vertelling in oor die "son wat donker word" en die verowering van die land "Simurrum". Daarna praat Sargon en lys hy sy oorwinnings.Joan Goodnick Westenholz, Legends of the Kings of Akkade: The Texts Eisenbrauns, 1997, p. 59.
thumb|160px|'n Akkadiese amptenaar met 'n byl in Sargon se gevolg. Die verhaal "Koning van Gevegte" gaan oor Sargon se veldtog teen die Anatoliese stad Purushanda om sy handelaars te beskerm. Weergawes van die verhaal in beide Hetities en Akkadies is ontdek. Van die Hetitiese weergawe het ses fragmente bewaar gebly en die Akkadiese weergawe is bekend uit verskeie manuskripte wat by Amarna, Assur en Ninevé ontdek is.Joan Goodnick Westenholz, Legends of the Kings of Akkade: The Texts Eisenbrauns, 1997, p. 102. Die verhaal is tydrekenkundig onjuis en beeld Sargon in 'n 19de-eeuse milieu uit. Dieselfde teks noem dat Sargon die See van die Weste (Middellandse See) oorgesteek en in "Kuppara" geëindig het, wat sommige skrywers vertolk as die Akkadiese woord vir Keftiu of Kaftor (die inwoners word Kaftorane genoem in Genesis 10:14), 'n antieke plek wat gewoonlik met Kreta of Siprus verbind word.Wainright, G.A. "Asiatic Keftiu." American Journal of Archaeology. Vol. 56, No. 4 (October 1952), pp. 196–212; Strange, John. "Caphtor/Keftiu: A New Investigation." Journal of the American Oriental Society, Vol. 102, No. 2 (April–June 1982), pp. 395–396; Vandersleyen, Claude. "Keftiu: A Cautionary Note." Oxford Journal of Archaeology. Vol. 22 Issue 2 p. 209 (2003).