Skeerpoort is 'n klein nedersetting in Noordwes, Suid-Afrika. Die naam sou te danke wees aan Hendrik Potgieter se kommando wat een Sondag hier afgesaal het, of dié van Casper Kruger wat seep en skeermesse gekoop het om hul voor te berei vir 'n besoek aan Pretoria. Reeds vanaf die laat-19de eeu het die omgewing uit 'n florerende boerderygemeenskap bestaan.
Ligging en omgewing Dit is 24 km suid van Brits en 7 km suidwes van die Hartbeespoortdam geleë in oostelike Noordwesprovinsie. Enkele huise, besighede en 'n kerkgebou staan hier langs die R560-roete. Die Skeerpoortrivier loop deur die nedersetting, en sluit aan by die Magaliesrivier wat dan die Hartbeespoortdam binnevloei.
Ekonomie en aktiwiteite Die nedersetting word omring deur die Moot se uitgebreide boorde, besproeiingslanderye en ander boerderybedrywighede. In die nabye omgewing is kampeerplekke, fietsryroetes langs die boomryke Magaliesrivier en warmlugballonvaarte word aangebied. Die Van Gaalen Kaasmakerij kan deur die publiek besoek word, en hul produksieproses kan besigtig word.Van Gaalen cheese factory, SAVenues Die Ou Pastorie wat om en by 1884/5 opgerig is het aanvanklik gedien as 'n pastorie, maar was later in gebruik as 'n polisiestasie en privaatwoning, en is tans 'n restaurant en gastehuis.
Galery
Sien ook
Skeerpoortrivier
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Noordwes