Yoshihito (嘉仁; 31 Augustus 1879 – 25 Desember 1926) was van 1912 tot 1926 die 123ste Keiser van Japan volgens Japan se tradisionele opvolgingsorde. Soos in Japan gebruiklik is hy tydens sy bewind nie by sy geboortenaam Yoshihito genoem nie, maar "keiserlike majesteit" (天皇陛下, tennō heika) of "Sy huidige majesteit" (今上陛下, kinjō heika). Sy postume naam is Keiser Taishō (大正天皇, Taishō-tennō), sy regeringstyd staan darem as Taishō-tydperk (大正時代, Taishō jidai, "groot geregtigheid") bekend. Hy is in Tokio gebore as die derde seun van sy vader, keiser Mutsuhito. Hy is opgevolg deur sy seun Hirohito. Hy is as kroonprins ingehuldig op 3 November 1889 en trou met prinses Sadako op 10 Mei 1900. Hy neem die troon by sy vader oor op 30 Julie 1912 en neem die naam Taishō aan. Tydens sy bewind het die Japannese Keiserryk saam met die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State teen veral die Duitse Keiserryk tydens die Eerste Wêreldoorlog geveg. Hy tree egter af in 1921 weens swak gesondheid. Sy seun Hirohito is hierna bevestig as regentprins. Yoshihito het nooit werklik belang gestel in regeringsake nie. Tog het Japan onder sy beheer sy groei voortgesit as een van die sterk lande. Hy is op 25 Desember 1926 in sy winterpaleis oorlede.

Verwysings

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 23, Bladsy 708.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1879 Kategorie:Japannese keisers Kategorie:Mense in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Sterftes in 1926