regs|360px Germanwings 9525 (4U9525/GWI18G) was 'n geskeduleerde internasionale passasiersvlug vanaf Barcelona–El Prat-lughawe in Spanje op pad na Düsseldorf in Duitsland, wat deur Germanwings, 'n laekosteredery besit deur Lufthansa, onderneem is. Op 24 Maart 2015 het die vliegtuig, 'n Airbus A320-200, 100 kilometer (62 myl) noordwes van Nice, in die Franse Alpe, neergestort nadat 'n konstante daling begin het een minuut na die laaste roetinekontak met lugverkeerbeheer en kort ná die vliegtuig sy kruishoogte bereik het. Al 144 passasiers en ses bemanningslede is in die ongeluk dood.
Bemanning en oorsaak Die bevelvoerder, die 34-jarige Kaptein Patrick Sondenheimer, was 'n ervare vlieënier met 10 jaar en 6 000 vlugure agter sy naam. Die onderkaptein was die 27-jarige Eerste offisier Andreas Lubitz. Die ongeluk is doelbewus veroorsaak deur die medevlieënier, Andreas Lubitz, wat voorheen behandel is vir selfmoordneigings en deur sy dokter as "ongeskik vir werk" verklaar is. Lubitz het hierdie inligting weerhou van sy werkgewer en vir diens aangemeld. Tydens die vlug het hy die kaptein uit die kajuit gesluit voor hy 'n skerp daling van die vliegtuig geïnisieer het totdat dit eindelik teen 'n berg vasgevlieg het.
+ Insittendes volgens nasionaliteit Nasionaliteit Aantal 72 51 3 3 3 3 2 en verskeie minderhede 17 Totaal 150
Verwysings
Kategorie:Vliegongelukke