Dingir (gewoonlik getranslitereer as DIĜIR, uitspraak ) is ’n wigskrifteken wat gewoonlik ’n godheid aandui, hoewel dit ook ander, verwante betekenisse kan hê. As ’n bepaler word dit nie uitgespreek nie, en dit word gewoonlik getranslitereer as ’n boskrif-"D", soos in DInanna. Generies kan dingir vertaal word as "god" of "godin".
In die Sumeriese wigskrif staan die teken DIĜIR 20px op sy eie vir die Sumeriese woord an ("lug" of "hemel"), maar dit kan ook ’n ideogram wees vir An ("god"), die oppergod van die Sumeriese panteon. Die meervoud is onder meer DIĜIR-DIĜIR 20px20px.
In die Assiriese wigskrif kan AN of DIĜIR 25px óf 'n ideogram vir "godheid" (ilum) wees óf die lettergrepe an of il óf die voorvoegsel ìl- (om 'n god of godin aan te dui).
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Wigskrif Kategorie:Mesopotamiese mitologie