Die Enzo en Dino Ferrari-renbaan (Italiaans: Autodromo Enzo e Dino Ferrari) is 'n 4.909 km lange motorrenbaan naby die dorp Imola in Italië. Dit lê 40 km (25 myl) oos van Bologna en 80 km (50 myl) oos van die Ferrarifabriek in Maranello. Die baan is genoem na Ferrari se stigter Enzo en sy seun Dino wat in die 1950s oorlede is. Voor Enzo Ferrari se dood in 1988 was die baan die "Autodromo Dino Ferrari" genoem.
Die baan het die San Marino Grand Prix reeds 26 keer van 1980 tot 2006 gehuisves en beskik oor 'n FIA Graad 1-lisensie.
Vir vele jare is twee Grands Prix jaarliks in Italië aangebied, dus is die ren by Imola na die nabygeleë staat genoem. (Die Italiaanse Grand Prix word in Monza gehou). Wanneer die Formule Eensirkus Imola besoek, word dit as die "tuisbaan" van Ferrari beskou en massas tifosi (Ferrari-ondersteuners) kom om die plaaslike span te ondersteun.
duimnael|senter|450px|Huidige uitleg van die Enzo en Dino Ferrari-renbaan.
Kategorie:Emilia-Romagna Grand Prix Kategorie:Italiaanse Grand Prix Kategorie:San Marino Grand Prix Kategorie:Renbane in Italië