Johan le Roux (28 Oktober 1952 – 28 Januarie 1970) was 'n matriekleerling aan die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton. Hy is bekend vir sy heldedade gedurende die Henley on Klip-skoolbusramp. Hy was ook 'n knap Voortrekker en sou 'n Presidente-erkenning ontvang.https://voetjies.wordpress.com/2007/12/06/wat-is-in-n-naam/

Henley on Klip-busramp In die namiddag van die 28 Januarie 1970 het 'n skoolbus vol kinders op die spoorlyn tussen Vereeniging en Johannesburg gaan staan. 'n Trein het die bus getref waartydens 23 kinders dood en 'n verdere 16 beseer is. Le Roux het minstens twee kinders se lewens gered deur hulle by die busvenster uit te stoot voordat die trein die bus getref het. Hy het self in die ongeluk omgekom.

Nalatenskap Die Johan le Roux-straat in Meyerton wat verby Hoërskool Dr. Malan loop is na hom genoem.

Die Woltemadedekorasie vir Dapperheid (Silwer) is in 1973 aan Johan le Roux vir dapperheid toegeken.

duimnael|Lint vir die Woltemadedekorasie vir Dapperheid

Sien ook Henley-on-Klip (rolprent) Henley on Klip Westdenedam-ramp van 1985

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Sterftes in 1970 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse kinderhelde