Die Rugbykampioenskapsreeks in 2015 was die vierde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 17 Julie tot 8 Augustus 2015 gespeel; vroeër en korter as in 2014, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nieu-Seeland het die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.

Formaat Die formaat vir die 2015-toernooi het na dié van die vorige jare teruggekeer omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Elke span het ’n totaal van drie wedstryde gespeel, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.

Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 3 3 0 0 85 48 +37 1 132 3 2 0 1 85 65 +20 1 93 3 1 0 2 64 98 −34 1 54 3 0 0 3 65 88 −23 2 2

Wedstryddatums DatumWeek 117–18 JulieWeek 225 JulieWeek 38 Augustus

Week 1

Week 2

Week 3

Rugbykampioenskapreekskampioen 2015

Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Handré Pollard 30 2 Dan Carter 23 3 Nicolás Sánchez 17 4 Adam Ashley-Cooper 15 Juan Imhoff Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Adam Ashley-Cooper 3 Juan Imhoff 3 Agustín Creevy 2 Willie le Roux Jesse Kriel Tevita Kuridrani Richie McCaw Nehe Milner-Skudder

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels 2015-Rugbykampioenskapreeks op ESPNscrum

Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2015