Die R4 (amptelik Vektor R4) is 'n 5,56×45mm NAVO aanvalsgeweer wat in 1980 in diens van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) gestel is. Dit vervang die vorige 7,62×51mm FN FAL-aanvalgeweer, wat in Suid-Afrika vervaardig was onder 'n lisensie-ooreenkoms met Fabrique Nationale as die R1.
Vervaardiging Die R4 word vervaardig deur Denel Land Systems (DLS), voorheen "Lyttelton Ingenieurswerke". Die wapen is 'n gelisensieerde variant van die Israeliese Galil-aanvalsgeweerWoźniak, Ryszard. Encyklopedia najnowszej broni palnej - tom 4 R-Z. Bellona. 2002. pp9–10. met verskeie veranderinge; bv. die kolf en magasyn word nou albei van 'n hoësterkte polimeer gemaak. Die kolf is ook verleng om die wapen vir die gemiddelde Suid-Afrikaanse soldaat aan te pas. Ander gedetailleerde verskille sluit in die gebrek aan 'n drahandvatsel van die R4 en 'n aantal verbeterings aan die interne bedryfsmeganisme.
Gebruikers : Ná ondervinding tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, en saam met sy voorgangers, die R1/R2 (weergawes van FN FAL-gelisensieerde produkte) en die Portugeesvervaardigde G3 of R3, die AK-47 en ander AKM-59s (gebuit van die vyand) is goedkeuring deur die SANW verleen vir verdere vervaardiging van die wapen in Suid-Afrika.
Mynmaatskappye se sekuriteitsdienste gebruik, soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die semi-outomatiese weergawes LM4 en LM5.
: Burundiese rebelle
: 15 900 R4/R5s is gelewer aan die Kongolese sekuriteitsmagte in 1996 en 1997. : Eswatini Polisie : Gebruik deur die Gewapende Magte van Haïti en die Haïtiese Nasionale Polisie
: Malawiese Polisiediens.
: Gebruik tydens die Burgeroorlog in die Ivoorkus. : Gebruik tydens die Kroatiese Vryheidsoorlog. : Ingevoer vir gebruik deur die Rwandan National Army sedert 1992.Media Briefing: Bullets from Greece, China, Russia and United States found in rebel hands in Democratic Republic of Congo : Wapens van Kroasië gebuit in 1991 en sederdien gebruik deur hul Spesiale Magte. : Privaat gebruik deur die Transmission Company van BFST.
Verwysings
Kategorie:Wapentuig