duimnael|’n 19de-eeuse voorstelling van Charon wat na die onderwêreld vaar (Alexander Litovchenko).

Charon of Kharon was die bootsman van Hades in die Griekse mitologie. Hy het met die siele van afgestorwenes oor die riviere Styx en Acheron, die skeiding tussen die onderwêreld en die land van die lewendes, gevaar.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ’n Muntstuk om Charon mee te betaal, is dikwels in die mond van ’n dooie mens geplaas.R. Pfeiffer. Callimachus (Oxford UP, 1949), vol.2, p. 262; nou fragment 99 deur A.S.D. Hollis, Callimachus: Hecale (Clarendon Press, Oxford 1990), pp. 284f. Engels: aanlyn Volgens sommige skrywers moes mense wat nie die fooi kon betaal nie en dié wie se lyke nie begrawe is nie, 100 jaar lank op die oewers van die riviere ronddwaal. Sommige helde soos Herakles, Orpheus, Dionysos en Odussee sou na die onderwêreld en terug reis, ook op die boot van Charon.

Genealogie en naam duimnael|160px|links|Charon soos uitgebeeld deur Michelangelo in sy fresko Die Laaste Oordeel in die Sixtynse kapel.

Charon was die seun van Nyx en Erebus, wat broer en suster was. Hy is ook die broer van Thanatos en Hypnos.

Die naam Charon word dikwels verduidelik as ’n eienaam wat afgelei is van χάρων (charon), ’n poëtiese vorm van χαρωπός (charopós, “vurige blik”), wat verwys na wilde, intense of blougrys oë. Die woord kan ’n eufemisme vir die dood wees.Liddell en Scott, A Greek-English Lexicon (Oxford: Clarendon Press 1843, 1985 printing), inskrywing χαροπός en χάρων, pp. 1980–1981; Brill’s New Pauly (Leiden and Boston, 2003), vol. 3 Dit kan ook verwys na die woede of driftigheid van Charon soos hy dikwels uitgebeeld word, maar die herkoms van die naam is nie seker nie. Die antieke historikus Diodorus Siculus het gedink die bootsman en sy naam kom dalk uit Antieke Egipte.Christiane Sourvinou-Inwood, "Reading" Greek Death (Oxford University Press, 1996), p. 359 online and p. 390 online.

Voorkoms Charon word dikwels in antieke Griekse kuns uitgebeeld. Potte en vase uit die 5de en 4de eeu v.C. is dikwels versier met tonele van dooies wat op Charon se boot klim. In die vroegste van dié vase word hy wild voorgestel, in rooibruin klere, met sy roeispaan in sy regterhand en sy linkerhand uitgestrek na die dooies. Op ander vase is hy meer verfynd.

Die Romeinse digter Vergilius beskryf Charon in die 1ste eeu v.C. as ’n ongure god, sy baard ongekam en vuil, sy oë soos hol vuuroonde, met ’n olierige gordel en ’n vuil gewaad.Virgil, Aeneid 6.298–301

Ander Latynse skrywers beskryf hom ook as ’n ou man in vuil klere en met ’n wilde baard, ’n vurige bootsman wat sy tuig met ’n lang paal beheer. Toe die bootsman vir Herakles wou keer, het die Griekse held hom met sy eie paal oorweldig.Ronnie H. Terpening, Charon and the Crossing: Ancient, Medieval, and Renaissance Transformations of a Myth. Lewisburg: Bucknell University Press, 1985, en Londen en Toronto: Associated University Presses, 1985), pp. 97-98.

Sterrekunde Charon, die grootste maan van die dwergplaneet Pluto, is na die bootsman van die dooies genoem.

Verwysings

Smith, William; Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology, Londen (1873). "Charon"

Eksterne skakels The Theoi Project, "Kharon"

Kategorie:Griekse legendariese wesens