Nigerië (Engels: Nigeria, [naɪˈdʒɪəriə], ; Hausa: Nijeriya; Igbo: Naijiria; Joroeba: Nàìjíríà), amptelik die Federale Republiek Nigerië (Engels: Federal Republic of Nigeria; Hausa: Jamhuriyar Taraiyar Najeriya; Igbo: Ọ̀hàńjíkọ̀ Ọ̀hànézè Naìjíríyà; Joroeba: Orílẹ̀-èdè Olómìniira Àpapọ̀ Nàìjíríà), is 'n federale presidensiële grondwetlike republiek geleë in Wes-Afrika, aangrensend aan Benin in die weste, Tsjad en Kameroen in die ooste, en Niger in die noorde. Sy kus is in die suide aan die Golf van Guinee in die Atlantiese Oseaan geleë. Die land bestaan uit 36 deelstate en die federale hoofkwartier is in die streek van die hoofstad, Abuja. Nigerië is amptelik 'n sekulêre land.
duimnael|links|Kaart van Nigerië duimnael|links|Topografiese kaart van Nigerië duimnael|links|Verspreiding van tale in Nigerië in 1979 duimnael|links|Kaart van Nigerië, met deelstaatsgrense, stede en dorpe Die hedendaagse Nigerië het 'n geskiedenis van talle koninkryke en stamstate wat deur die millennia gekom en gegaan het. Die moderne land se oorsprong kom uit die Britse koloniale bewind van die 19de eeu, en die samesmelting van die Noord- en Suid-Nigeriese protektorate in 1914. Die Britte het administratiewe en wetlike strukture gevestig en die gebied onregstreeks deur kapteinskappe beheer. Nigerië het in 1960 'n formele onafhanklike federasie geword, en was daarna, vanaf 1967 tot 1970, in 'n burgeroorlog gedompel. Sedertdien het die regerings gereeld tussen demokraties verkose regerings en militêre diktature gewissel, totdat dit in 1999 'n stabiele demokrasie gekry het. Die presidensiële verkiesing in 2011 word as die redelikste vry en regverdige verkiesing tot dusver beskou.
Daar word dikwels na Nigerië as die "Reus van Afrika" verwys, oor sy groot bevolking en ekonomie. Nigeria: Giant of Africa, by Peter Holmes 1987 Met 'n bevolking van sowat 205 miljoen is Nigerië die digsbevolkte land in Afrika en die sewende digsbevolkte land in die wêreld – volgens die lys van lande volgens bevolking. Nigerië het ook die jongste bevolking in die wêreld. Die land word ook as 'n multinasionale land gereken, met sy meer as 500 etniese groepe, waarvan die drie grootste, die Hausa, Igbo en die Joroeba is. Die etniese groepe praat 500 verskillende tale, en word met 'n wye verskeidenheid van kulture vereenselwig. Die amptelike taal is Engels, terwyl Hausa, Igbo en Joroeba as nasionale tale erken word en in die parlement gebruik mag word. Nigerië word rofweg verdeel in die helfte wat Christene is, wat merendeels in die suide van die land bly, en Moslems in die noordelike streke. 'n Minderheid van die bevolking bedryf inheemse gelowe, soos die Igbo- en die Joroeba-boorlinge.
Nigerië is sedert 2015 die wêreld se 20ste grootste ekonomie. Dit het Suid-Afrika in 2014 verbygesteek om Afrika se grootste ekonomie te word. Nigerië word deur die Wêreldbank as 'n ontluikende mark beskou; Dit is geïdentifiseer as 'n streeksmag op die Afrikakontinent, 'n middelmag in internasionale aangeleenthede, Andrew F. Cooper, Agata Antkiewicz and Timothy M. Shaw, 'Lessons from/for BRICSAM about South-North Relations at the Start of the 21st Century: Economic Size Trumps All Else?' Meltem Myftyler and Myberra Yyksel, 'Turkey: A Middle Power in the New Order', in Niche Diplomacy: Middle Powers After the Cold War, edited by Andrew F. Cooper (London: Macmillan, 1997). Mace G, Belanger L (1999) The Americas in Transition: The Contours of Regionalism (bl. 153) Solomon S (1997) South African Foreign Policy and Middle Power Leadership , ISS en is ook geïdentifiseer as 'n ontluikende wêreldmag. Dit word ook gelys as een van die "Volgende Elf" ekonomiese magte wat op die punt staan om een van die magtigste in die wêreld te word. Nigerië is 'n lidland van die Afrika-unie, Britse Statebond, Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state, OPUL, Organisasie van Islamitiese Samewerking en die Verenigde Nasies.
Die noordooste van die land is sedert 2002 deur sektariese geweld van Boko Haram, 'n Islamitiese beweging, geteister wat daarop aandring dat die sekulêre stelsel afgeskaf en met sjaria-gebruike vervang word. President Goodluck Jonathan het in Mei 2014 gesê dat Boko Haram minstens 12 000 mense doodgemaak en sowat 8 000 vermink het. Terselfdertyd het die buurstate van Benin, Tsjad, Kameroen en Niger met Nigerië saamgespan in die stryd, nadat 276 skoolmeisies deur die groep ontvoer is en die aanvalle na al die aangrensende lande uitgebrei het.
Naas Hollywood (Verenigde State) en Bollywood (Indië) het Nigerië (Nollywood) die grootste filmbedryf ter wêreld. Bekende akteurs sluit in Genevieve Nnaji, Kate Henshaw-Nuttal en Richard Mofe Damijo. Things Fall Apart deur Chinua Achebe Afrika se gewildste en mees verkoopte literêre stuk ooit, vertaal in meer as 40 tale regoor Afrika en die wêreld.
Etimologie Die naam Nigerië is afgelei van die Nigerrivier wat deur die land vloei. Die naam is blykbaar in die laat 19de eeu verewig deur die Britse joernalis, Flora Shaw, wat later met Baron Frederick Lugard, 'n Britse koloniale administrateur, getroud is. Die woord Niger kom vermoedelik van die Toearegse woord egerew n-igerewen, af wat voor die 19de eeu deur die inwoners langs die middel-dele van die Nigerrivier by Timboektoe gebly het.
Geskiedenis Vroeë tye (500 v.C.–1500) duimnael|links|upright|Nok-beeldhouwerk uit terracotta Die Nok-beskawing van Noord-Nigerië het tussen 500 v.C. en 200 n.C. gefloreer en lewensgrootte terracotta-beeldhouwerk gemaak wat, as die eerste kunswerke in die Sub-Sahara-streek, aangeteken is. Nicole Rupp, Peter Breunig & Stefanie Kahlheber, "Exploring the Nok Enigma", Antiquity 82.316, Junie 2008. B. E. B. Fagg, "The Nok Culture in Prehistory", Journal of the Historical Society of Nigeria 1.4, Desember 1959.
Die Koninkryk Nri van die Igbo-volk is in die 10de eeu gekonsolideer en het voortgegaan om te heers totdat hulle hul soewereiniteit in 1911 aan die Britte moes afstaan. Die stad Nri word beskou as die oorsprong van die Igbo-kultuur.
Die Joroeba-koninkryk Ife en Ojo in Suidwes-Nigerië het respektiewelik in die twaalfde en 14de eeu prominensie gekry. Die oudste tekens van mense se vestiging by Ife se huidige gebied was in die 9de eeu, en die kultuur het terracotta en bronsbeelde ingesluit.
Middeleeue (1500–1800) duimnael|links|Benin-stad gedurende die 17de eeu met die Oba van Benin en sy gevolg. Hierdie illustrasie kom uit die Europese boek, Description of Africa, wat in 1668 in Amsterdam gepubliseer is.Description de l'Afrique. duimnael|'n Koninklike Bini-masker, een van Nigerië se bekendste artefakte uit die 16de eeu Met die territoriale hoogtepunt in die laat 17de- en vroeë 18de eeu het die Oyo-koninkryk sy invloed van Wes-Nigerië na die hedendaagse Togo uitgebrei. Die Edo-koninkryk van Benin is in die suidweste van Nigerië gesetel. Benin se mag het vanaf die 15de eeu tot in die 19de eeu geduur. Die oorheersing het gestrek tot by die stad Eko ('n Edo-naam wat later deur die Portugese Ryk na Lagos verander is, en het selfs verder gestrek.
Talle bewoners van die hedendaagse Nigerië het deur die eeue heen met handelaars van Noord-Afrika handel gedryf. Stede in die gebied het streeksentrums in 'n breër netwerk van handelsroetes oor 'n gebied van Wes-, tot Sentraal- en Noord-Afrika geword. Die Spaanse en Portugese was in die 16de eeu die eerste Europeërs wat beduidende regstreekse handel met die hedendaagse Nigerië in die hawe, wat hulle Lagos gedoop het, en in Calabar, begin het.
Brits-Nigerië (1800–1960) duimnael|links|"Up-River Chiefs, Calabar", 19de eeu duimnael|'n Posseël met Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk in 1953 Europese lande soos die Verenigde Koninkryk, Nederland, Portugal en nie-staatsinstellings soos private maatskappye, sowel as verskeie Afrikalande en nie-regerings-entiteite het met die slawehandel begin. In sy stryd om later die slawehandel stop te sit, bombardeer die Verenigde Koninkryk in 1851 Lagos tydens die Lagos Koningskap-magstryd om die pro-slawehandel Oba Kosoko tot 'n val te bring, en help om Oba Akitoye aan bewind te bring. Brittanje annekseer Lagos in Augustus 1861 as 'n kolonie van die Britse Ryk en Britse sendelinge brei hul werksaamhede uit na die binneland.
Na die Tweede Wêreldoorlog het die eise vir onafhanklikheid die Britse regering genoop om vir Nigerië selfregering te bied, wat gegrond was op verteenwoordiging, wat al hoe meer in die rigting van 'n federale stelsel beweeg het. Nigerië het in 1960 onafhanklik geword.
Burgeroorlog (1967–1970) duimnael|Biafra, toe dit in Junie 1967 sy onafhanklikheid van die res van Nigerië verklaar het Die onewewigtigheid en korrupsie met die verkiesings- en politieke prosesse het in 1966 tot verskeie staatsgrepe gelei. Die eerste staatsgreep was in Januarie 1966 onder leiding van Igbo-soldate. Die eerste minister, Ababakar Tafawa Balewa, die premiers van die noordelike streek, Ahmadu Bello, en premier Ladoke Akintola van die westelike streek, is deur die opstandelinge vermoor. Die samesweerders het egter gesukkel om 'n sentrale regering saam te stel.
'n Teenstaatsgreep, hoofsaaklik onder aanvoering van militêre offisiere uit die noorde, het gesorg dat lt.kol. Yakubu Gowon, staatshoof word. Spanning het opgebou tussen die suide en die noorde. Igbos in die noordelike stede is onderdruk, en baie van hulle het na die oostelike streek gevlug.
In Mei 1967 verklaar die oostelike streek hul onafhanklikheid onder aanvoering van lt.kol. Emeku Ojukwa en noem dit Biafra. Die Nigeriese burgeroorlog begin amptelik toe die Nigeriese regeringskant (hoofsaaklik gerugsteun deur soldate van die noorde en weste) Biafra op 6 Julie 1967 by Garkem aanval. Die oorlog duur vir dertig maande en Biafra word vir 'n lang tydperk onder beleg geplaas en afgesny van enige handel of voorrade. Die oorlog eindig in Januarie 1970. "Background Paper on Nigeria and Biafra, Declassified Documents reference System. Die geraamde dodetal in die voormalige oostelike streek tydens die burgeroorlog was tussen 1 tot 3 miljoen mense wat in gevegte, siektes en hongersnood dood is.
Lande soos Frankryk, Egipte, die Sowjetunie, die Verenigde Koninkryk, Israel en ander was almal baie diep, agter die skerms, by die oorlog betrokke. Brittanje en die Sowjetunie was die militêre steun vir die Nigeriese regering, terwyl Frankryk en ander lande die Biafrane gesteun het. Nigerië het Egiptiese vlieëniers in sy lugmag gebruik. Shadows : Airlift and Airwar in Biafra and Nigeria 1967–1970, by Michael I. Draper
Militêre juntas (1970–1999) duimnael|links|upright|Olusegun Obasanjo was 'n militêre president wat die land van 1976 tot 1979 regeer het duimnael|Bida Emirate durbar feestelikhede, 2001 duimnael|Vroue in Noord-Nigerië duimnael|links|upright|Bola Tinubu, die huidige president sedert Mei 2023 duimnael|Kinders by 'n skool in Ile-Ife, Nigerië Gedurende die 1970's se olie-opbloei het Nigerië lid van OPUL geword, maar ondanks die miljoene wat die land skatryk gemaak het, het die militêre regering weinig gedoen om die lewenstandaarde van die bevolking op te hef, of die land se infrastruktuur te verbeter. Afgesien van die olie-industrie is daar niks ander strukture van die ekonomie vir stabiliteit ontwikkel nie. Dit was 'n ernstige bedreiging vir federalisme in die land. Watts, Michael (1987) State, Oil and Agriculture in Nigeria, Institute of International Studies, University of California, .