'n Meervoud is die vorm van 'n selfstandige naamwoord wat dui op meer as een entiteit. In Afrikaans word dit meestal gevorm deur 'n agtervoegsel of 'n verbuiging van die enkelvoudvorm van die selfstandige naamwoord.

In Afrikaans is die lidwoord wat meervoude voorafgaan die. Die lidwoord 'n word nooit voor meervoude gebruik nie. In vele ander tale beïnvloed meervoudigheid ander woorde in die sin, maar in Afrikaans bly die meeste ander woorde onveranderd met die gebruik van enkelvoud teenoor meervoud.

Voorbeelde in Afrikaans duimnael|regs|180px|In aanpassing by "oplaag" ontstaan woorde soos "bylaag" en "toelaag", wat groot verwarring omtrent die korrekte meervoudsvorm meebring. Hier volg enkele voorbeelde van meervoude in Afrikaans: hoofweg, hoofweë vlag, vlae hemp, hemde voog, voogde slagding, slaggoed sakeman, sakemanne

Uitgang op -f Wanneer 'n woord op 'n -f eindig, val die -f soms weg, dan sit ons 'n -we in plek van die -f, byvoorbeeld: geloof, gelowe stof, stowwe hof, howe

Afkappingsteken Sekere woorde kry 'n afkappingsteken (of apostroof) ( ' ) voor die s (gewoonlik wanneer die enkelvoud geëindig het op 'n e, i, o, u of beklemtoonde a). karba's (klem is op die "a") oumas, paddas, malvas (klem is nie op die "a" nie) relê's sari's (Indiese uitrusting) foto's; disko's (eintlik "diskoteke") risiko's balju's senu's leeus (Leeus eindig nie met 'n "u" nie, maar 'n "eeu")

Geen enkelvoud Daar is sekere woorde wat net in die meervoud gebruik word, byvoorbeeld: fiemies semels masels pampoentjies (kindersiekte)

Geen meervoud duimnael|277x277px|Water het geen meervoudsvorm nie. duimnael|279x279px|Goud het geen meervoudsvorm nie. Sekere enkelvoude het geen ooreenstemmende meervoudsvorm nie. In sulke gevalle kan die lidwoord 'n ook nie gebruik word nie, byvoorbeeld: goud water

Kyk ook Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels Afrikaanse Woordelys en Spelreëls Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling Wikipedia:Algemene spelfoute Speltoetser Spelling Woordeboek

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Morfologie (taalkunde) Kategorie:Taalkunde