duimnael|regs|Verskillende metings. Hierdie artikel gaan oor die meet van hoeveelhede. Vir die artikel oor die tee, sien gerus Mate (tee).
Mate of meting is die toewysing van 'n getal aan 'n kenmerk van 'n voorwerp of gebeurtenis, wat vergelyk kan word met ander voorwerpe of gebeure. Meetinstrumente word baie keer gebruik, en mates word uitgedruk as 'n hoeveelheid in 'n sekere eenheid. Die SI-eenhede word veral baie gebruik.
Die wetenskap van meting word in die vak metrologie bestudeer.
Meting is die handeling of proses van te meet. In die wiskunde kan tyd, lengte, omtrek, oppervlak en volume gemeet word. Kapasiteit is die hoeveelheid wat ’n voorwerp kan bevat, of hoeveel spasie in die voorwerp is, terwyl volume die hoeveelheid ruimte is wat ’n voorwerp in beslag neem.
Metings kan op verskeie metingskale verrig word.
Eenhede vir kapasiteite By meting word groothede in eenhede uitgedruk, byvoorbeeld:
Milliliter (mℓ) – hoeveelheid koeldrank in ’n blikkie. Liter () – hoeveelheid water in jou bad. Kiloliter (kℓ) – hoeveelheid water in die swembad.
duimnael
Dit is baie belangrik in die wetenskap. Sien gerus die SI-stelsel
Meetinstrumente Meetinstrumente kan baie eenvouding wees en word reeds eeue in die kombuis toegepas, soos:
Meetlepels – Meet klein hoeveelhede mℓ, bv. medisyne. Meetkoppies – Meet mℓ kleiner as ’n liter, bv. melk afmeet vir ’n nagereg. Maatbeker – Meet van mℓ tot liters, bv. water afmeet om koeldrank aan te maak.
Maar in die wetenskap en die tegniek is dit baie verder ontwikkel. Sien gerus die meettegniek
Omskakeling van eenhede +Herlei van kiloliter na liter X1000
Bv. 625 kl x 1000 = 625 000 l
3,478 kl x 1000 = 3 478 l
0,06 kl x 1000 = 60 lHerlei van liter na kiloliter ÷1000
Bv. 4 300 l ÷ 1000 = 4,3 kl
360 l ÷ 1000 = 0,36 kl
25 l ÷ 1000 = 0,025 klHerlei van liter na milliliter X1000
Bv. 15 l x 1000 = 15 000 ml
3,478 kl x 1000 = 3 478 ml
0,56 kl x 1000 = 560 mlHerlei van milliliter na liter ÷1000
Bv. 625 000 ml ÷ 1000 = 625 l
34 894 ml ÷1000 = 34,894 l
7 900 485 ml ÷ 1000 = 7 900,485 l
Sien ook Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde Internasionale Buro vir Mate en Gewigte
Verwysings
Bronne Almal verstaan Wiskunde Graad 5 Leerderboek. 2012. Northlands: Macmillan South Africa Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers
Eksterne skakels
Kategorie:Eenhede