Jean-Paul Sartre (21 Junie 1905 – 15 April 1980) was een van die belangrikste Franse filosowe en saam met Simone de Beauvoir een van die hooffigure van die Franse eksistensialisme. As 'n linkse intellektuele skryf hy 'n reeks dramas, essays en romans. L'être et le néant is sy vernaamste filosofiese werk. Sy belangrikste dramas is Les Mouches, Huis Clos, Crime passionel, La Putain respectueuse en Les Séquestrés d'Altona. In 1964 word die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken, alhoewel Sartre weier om dit in ontvangs te neem.
Literêre bydrae duimnael|Die Graf van Sartre en Beauvoir. duimnael|Omslag van L'existentialisme est un humanisme. Sy eerste roman La nausée (Die mislikheid, 1938), wat talle outobiografiese elemente bevat, en die verhaalbundel Le mur (Die muur, 1939) verseker dat Sartre 'n belangrike plek in die literatuurgeskiedenis inneem. Met die Amerikaanse literêre styl van die montage, waarvan John dos Passos se Manhattan Transfer een van die bekendste voorbeelde is, as sy voorbeeld lei Sartre saam met Albert Camus, André Malraux, Antoine de Saint-Exupéry en Blaise Cendrars 'n nuwe fase van die Franse letterkunde in, wat onder die invloed van die Amerikaanse realisme staan.
Met Les mots (Die woorde), 'n verhaal oor sy kinderdae, lewer Sartre 'n buitengewone bydrae tot die outobiografiese genre.
Die toneelstukke van Sartre geniet minder aandag; dit gee veral uitdrukking aan Sartre se politieke oortuigings.
Bibliografie Werke Romans en novelles 1938 - La Nausée (Die Walging) 1939 - Le Mur (Die muur), 'n bundel met vyf kort romans: Le Mur La Chambre Érostrate Intimité L'Enfance du chef 1945 - Les chemins de la liberté vol 1 (Die weg na vryheid) 1945 - Les chemins de la liberté vol 2 1949 - Les chemins de la liberté vol 3
Toneelstukke 1940 - Baronia 1943 - Les Mouches (Die vlieë) 1945 - Huis clos (Met geslote deure) 1946 - La Putain respectueuse (Die eerbiedige lichtekooi) 1946 - Morts sans sépulture 1948 - Les Mains sales (Vuil hande) 1951 - Le Diable et le Bon Dieu (Die duiwel en God) 1954 - Kean 1955 - Nekrassov 1959 - Les Séquestrés d'Altona 1965 - Les Troyennes Scenario's 1947 - Les jeux sont faits (Die teerling is geworpe) 1962 - L'Engrenage (Tussen die ratte)
Filosofie 1936 - L'Imagination (Beeld en verbeelding) 1937 - La Transcendance de l'Ego (Die ek is 'n ding) 1938 - Esquisse d'une théorie des émotions (Magie en emosie) 1940 - L'Imaginaire (Die imaginaire; fenomenologiese psigologie van die verbeelding) 1943 - L'être et le néant: Essai d'ontologie phenomenologique (Die wees en die nietigheid; proewe van 'n fenomenologiese ontologie Rotterdam 2003: ) 1945 - L'existentialisme est un humanisme (Oor die eksistensialisme) 1947-1976 - Situations (I - X); (Rewolusie en literatuur : 'n keuse uit Situations 1938-1976, Amsterdam, 1977) 1947 - Conscience et connaissance de soi 1947 - Réflexions sur la question Juive (Portret van 'n antisemiet) 1960 - Critique de la raison dialectique 1983 - Cahiers pour une morale (postuum) 1985 - Critique de la raison dialectique II : L'intelligibilité de l'histoire (postuum) 1989 - Vérité et existence (postuum)
Literêre kritieke 1947 - Baudelaire 1952 - Saint Genet comédien et martyr (Die heilige Genet; martelaar en komediant) 1971-1973 - L'Idiot de la famille Outobiografies 1964 - Les Mots (Die woorde) 1983-1995 - Carnets de la drôle de guerre 1983 - Lettres au Castor et à quelques autres, tome I et II
Verwysings
Bronne Annie Cohen-Solal, Sartre, 1905 - 1980 (Parys 1985) Frans de Haan, Jean-Paul Sartre, De Beauvoir, vrijheid en terreur, Uitg. Aspekt, 2006, Lévy, Bernard-Henri, De eeuw van Sartre - Een filosofische zoektocht'', 2004, Francis Jeanson, "Jean-Paul Sartre", Beszige Bij, A'dam, 1968 (Nl vertaling)
Eksterne skakels
Kategorie:Franse aktiviste Kategorie:Franse dramaturge Kategorie:Franse essayiste Kategorie:Franse filosowe Kategorie:Franse skrywers Kategorie:Filosowe in die 20ste eeu Kategorie:Ateïste Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners Kategorie:Geboortes in 1905 Kategorie:Sterftes in 1980