Alet Rademeyer is 'n Suid-Afrikaanse joernalis. Rademeyer het van 1991 tot 2014 vir Beeld gewerk, waar sy 'n senior verslaggewer was. Sy werk tans by AfriForum.
Biografie Rademeyer het in 1986 van die Parys Hoërskool gematrikuleer. In 1990 behaal sy haar Baccalaureusgraad in Kommunikasie en Media Studies (Honn) aan die Noordwes-Universiteit.linkedin-profiel, besoek op 15 Julie 2015
Die jaar daarna sluit sy by Media24 aan, waar sy van Januarie 1991 tot April 2014 (vir 23 jaar en 4 maande) by Beeld gewerk het. Sy was eers 'n algemene nuusverslaggewer, maar word in 1995 tot Vroueredakteur bevorder. In 2002 word sy die indringende verslaggewer oor onderwyssake en in 2005 Beeld se onderwysspesialis.Suid-Afrika se Wiskunde-krisis: Innoverende oplossing nou nodig , Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jaargang 28 No. 4: Desember 2009 (besoek op 15 Julie 2015)
In Mei 2014 sluit sy as redakteur by AfriForum aan.
Pryse Rademeyer het verskeie toekennings ontvang, onder andere: Beeld se Joernalis van die Jaar-prys (2004) Die Fedsas-prys vir die bevordering van gehalte-onderwys in Suid-Afrika deur joernalistiek (2005) Media24 se Ondersoekende Joernalis van die Jaar (2005) Die FAK se HB Thom-prys vir ondersoekende joernalistiek oor Afrikaanse onderwys (2005)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste