Die poedoe is ’n genus takbokke van Suid-Amerika met twee spesies. Hulle is die kleinste van al die takbokke.

Beskrywing duimnael|links|190px|’n Suidelike poedoe-ram. Die naam Pudu is in 1850 gekies as die naam van die genus. Dit kom van die Suid-Chileense inheemse woord "pudú". Daar is twee spesies: die noordelike poedoe (Pudu mephistophiles) van Colombia, Ecuador en Peru en die suidelike poedoe (Pudu puda) van Suid-Chili en Suidwes-Argentinië.Grubb, P. (16 November 2005). Wilson, D. E.; Reeder, D. M, reds. Mammal Species of the World (3rd ed.). Johns Hopkins University Press. . OCLC 62265494

Hulle is die heel kleinste takbokke. Hul hoogte wissel tussen 32 en 44 cm en hulle is tot 85 cm lank. Albei word (in 2015 nog) as "kwesbaar" geklassifiseer deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN).

Habitat Die poedoe kom voor in die gematigde reënwoude van Suid-Amerika waar die digte bosse en bamboes beskerming bied teen roofdiere. Die klimaat van die poedoe se verspreidingsgebied bestaan uit twee seisoene: ’n klam, matige winter en ’n droë somer. Die reënval in dié streke van Argentinië en Chili wissel tussen 2 en 4 m per jaar.

Poedoes word bedreig deur die vernietiging van hul reënwoudhabitat. Die gebiede word ontboom vir menslike ontwikkeling, beesboerdery, landbou en eksotiese boomplantasies. Hulle word ook op paaie doodgery en onwettig uitgevoer. Verder word hulle met spesiaal opgeleide jaghonde gejag.

Die onlangs ingevoerde edelherte ding met die poedoe mee om kos. Mak honde val ook poedoes aan en dra parasiete aan hulle oor. Poedoes is baie vatbaar vir siektes soos verskeie soorte wurms.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Hertagtiges